Hampton Court-paleis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die groot poorthuis van Hampton Court-paleis.
Die fonteinhof.

Hampton Court-paleis (Engels: Hampton Court Palace) is ’n koninklike woning in die Londense borough Richmond upon Thames, in die historiese county Middlesex. Dit word sedert die 18de eeu nie deur die Britse koningsgesin bewoon nie. Dit is oorspronklik omstreeks 1514 vir kardinaal Thomas Wolsey, ’n begunstigde van koning Hendrik VIII, laat bou. In 1529 het Wolsey in onguns geraak by die koning; die paleis het die monarg se eiendom geword en hy het dit laat vergroot.

In die volgende eeu het koning Willem III groot aanbouings en uitbreidings aangebring om die Paleis van Versailles te ewenaar.[1] Die werk is in 1694 beëindig, en die paleis het twee kontrasterende boustyle behou: die Tudor-styl en barok. Desondanks word eenheid geskep deur die gebruik van pienk stene en ’n simmetrie van lae vleuels.[2]

Dit is een van twee paleise van Hendrik VIII wat geboue gebly het. Die ander een is Sint James-paleis. Hampton Court is oop vir die publiek. ’n Onafhanklike welsynorganisasie versorg die paleis – hulle kry geld van die regering en die koningin.[3] Benewens die paleis self, is besienswaardighede die bekende Hampton Court-doolhof, ’n historiese tennisbaan en ’n groot wingerd. Daar word ook ’n jaarlikse fees en blommeskou gehou.

Onlangse geskiedenis[wysig | wysig bron]

Sedert die bewind van koning George II het geen monarg hier gewoon nie. Koning George III het ná sy troonbestyging nooit ’n voet in die paleis gesit nie omdat hy dit verbind het met ’n vernederende voorval toe sy oupa hom hier geslaan het ná ’n onskuldige opmerking.[4]

In 1796 is die groot saal gerestoureer en in 1838, tydens die bewind van koningin Victoria, is restourasiewerk voltooi en die paleis vir die publiek oopgestel. Ná ’n brand in 1986 is die paleis weer gerestoureer; die werk is in 1990 voltooi.

500ste herdenking[wysig | wysig bron]

Hampton Court het in 2015 sy 500ste herdenking gevier.[5][6] Die viering sluit daaglikse gedramatiseerde historiese tonele in.[7]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Dynes, Wayne (1968). Palaces of Europe. Londen, bl. 90: Hamlyn. OCLC 37658. 
  2. Dynes, Wayne (1968). Palaces of Europe. Londen, bl. 86: Hamlyn. OCLC 37658. 
  3. "Historic Royal Palaces > Home > About us > Who we are". Hrp.org.uk. Verkry op 12 Julie 2011. 
  4. Williams, Neville (1971). Royal Homes. Lutterworth Press, bl. 54. ISBN 0-7188-0803-7
  5. Historic Royal Palaces. "Hampton Court Palace celebrates its 500th anniversary in 2015". hrp.org.uk. Verkry op 11 Februarie 2015. 
  6. Historic Royal Palaces. "Historic Royal Palaces". hrp.org.uk. Verkry op 11 Februarie 2015. 
  7. "Hampton Court Palace – Henry Claims the Palace". pastpleasures.co.uk. Verkry op 11 Februarie 2015. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
Koördinate: 51°24′12″N 0°20′15″W / 51.40333°N 0.33750°W / 51.40333; -0.33750
 Bewoon  Bagshot ParkBalmoral-kasteelBirkhallBuckingham-paleisClarence HouseGatcombe ParkHighgrove HouseHillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleisLlwynywermodRoyal LodgeSandringham HouseThatched House LodgeWindsor-kasteel
 Histories  Paleis van BeaulieuBeaumont-paleisBrantridge ParkBridewell-paleisCarlton HouseCoombe AbbeyCoppinsCumberland LodgeDunfermline-paleisEdinburg-kasteelEltham-paleisFalkland-paleisFort BelvedereHampton Court-paleisKew-paleisLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van MeyOsborne HousePaleis van PlacentiaQueen's HouseRoyal PavilionSavoy-paleisStirling-kasteelLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van Whitehall