Londense Tower

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Londense Tower*
Unesco-wêrelderfenisgebied

Tower of london from swissre.jpg
Die Londense Tower gesien vanaf die Swiss Re-gebou
Ligging van Londense Tower op 'n kaart (Groter Londen)
Londense Tower
Londense Tower
Koördinate: 51°30′29″N 0°04′33″W
Lande Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Tipe Kultureel
Kriteria ii, iv
Verwysings 488
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1988  (12de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Haar Majesteit se Koninklike Paleis en Fort, beter bekend as die Londense Tower, is 'n historiese monument in Sentraal-Londen, Engeland, aan die noordelike oewer van die Teemsrivier. Die Londense Tower is in 1988 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Die Tower se hooffunksie was ’n fort, koninklike paleis en tronk (veral vir koninklikes soos die broers Eduard V van Engeland en Richard van Shrewsbury, 1ste Hertog van York en koningin Elizabeth I, asook ander mense met hoë status). Dit was ’n plek van marteling en teregstellings, ’n arsenaal, skatkamer, dieretuin, die koninklike munt, ’n sterrewag en, sedert 1303, die tuiste van die kroonjuwele.

Ligging[wysig]

Die Tower staan aan die oostelike grens van die stad Londen se finansiële distrik, aan die Teemsrivier en naby Tower Bridge.

In die middel van die Londense Tower staan die Normandiese Wit Toring, wat in 1078 deur Willem die Veroweraar in die suidoostelike hoek van die stadsmure laat bou is.[1] Dit was om die Normandiërs teen die mense van die stad Londen te beskerm asook om die stad Londen teen invallers te beskerm. Die Wit Toring is 27 m hoog en die mure wissel tussen 4,5 m dik by die basis tot amper 3,3 m aan die bokant. In die 1190's het koning Richard die Leeuhart die Wit Toring laat toebou met ’n versterkte muur wat met ’n grag omring was.[2] Hendrik III het die buitekant laat witkalk, vandaar die naam.

Gevangenes[wysig]

Koninklike gevangenes van die Tower sluit in:

Ander bekendes:

  • Guy Fawkes, bekend vir sy rol in die Buskruitverraad, is na die Tower gebring om ondervra te word.
  • Rudolf Hess, onderleier van die Duitse Nazi-party, in Mei 1941.

Verwysings[wysig]

  1. Adrian Tinniswood, A History of British Architecture: Buildings of the Middle Ages (p.2), 2001-01-01, bbc.co.uk webtuiste: BBC-Arch.
  2. Peter Hammond (1987) The Tower of London: 5-6
  • Bennett, Edward Turner, The Tower Menagerie: Comprising the Natural History of the Animals Contained in that Establishment; with Anecdotes of their Characters and History, Londen, Robert Jennings, 1829.
  • ’n DVD-stel van die Channel 4- dokumentêre reeks The Tower is in Junie 2005 uitgereik.

Eksterne skakels[wysig]

Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
 Bewoon  Bagshot ParkBalmoral-kasteelBirkhallBuckingham-paleisClarence HouseGatcombe ParkHighgrove HouseHillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleisLlwynywermodRoyal LodgeSandringham HouseThatched House LodgeWindsor-kasteel
 Histories  Paleis van BeaulieuBeaumont-paleisBrantridge ParkBridewell-paleisCarlton HouseCoombe AbbeyCoppinsCumberland LodgeDunfermline-paleisEdinburg-kasteelEltham-paleisFalkland-paleisFort BelvedereHampton Court-paleisKew-paleisKings LangleyLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van MeyNonsuch-paleisOatlands-paleisOsborne HousePaleis van PlacentiaQueen's HouseRibsden HoltRichmond-paleisRoyal PavilionSavoy-paleisStirling-kasteelSunninghill ParkLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van WhitehallWhite LodgeWoodstock-paleis