Groot Marico

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Groot Marico
Ligging van Groot Marico op 'n kaart (Noordwes)
Groot Marico
Groot Marico
Koördinate: 25°35′43.37″S 26°24′49.01″O Koördinate: 25°35′43.37″S 26°24′49.01″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distriksmunisipaliteit Ngaka Modiri Molema
Plaaslike Munisipaliteit Ramotshere Moiloa
Oppervlak
 - Dorp 36,17 km²  (14 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 3 384
 - Digtheid 94/km² (243,5/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 2850
Skakelkode(s) Handsentrale
Webwerf: http://www.marico.co.za

Groot Marico is 'n dorp in die Noordwes, Suid-Afrika. Die dorp is eers in 1948 gestig deur AJM van Aardt en 'n paar vriende op die plaas Wonderfontein. Die Voortrekkers hulle reeds in 1845 in die omgewing begin vestig. In 1871 is Groot Marico as deel van Zeerust as 'n nuwe distrik verklaar deur die destydse Transvaalse republiek. Groot Marico het veral bekend geword vir die stories wat deur Herman Charles Bosman oor die dorp, sy omgewing en mense geskryf het. Die N4 nasionale pad gaan deur Groot Marico.

Slag van Kleinfontein[wysig]

Die Slag van Kleinfontein het op 24 Oktober 1901 tydens die Tweede Vryheidsoorlog tien kilometer wes van die dorp plaasgevind. Die Boere het die Britse opmars tydelik gestuit; die Britte het 400 man en 'n groot aantal waens verloor terwyl die Boere slegs 60 ongevalle gehad het. Daar is 'n gedenkteken opgerig wat die plek aandui waar die slag plaasgevind het.

Omgewing[wysig]

Daar is ook baie dolomietgrotte in die omgewing waarvan sommige fossieloorblyfsels van diere bevat. Daar is ook drie damme in die omgewing: Marico-Bosvelddam, Kromellenboogdam en die Klein-Maricodam.

Webskakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]