Heilbron
Heilbron | |
---|---|
Ou spoorwegstasie in Heilbron | |
Koördinate: 27°17′1″S 27°58′15″O / 27.28361°S 27.97083°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Fezile Dabi |
Munisipaliteit | Ngwathe |
Stigting | 1939 |
Oppervlak | |
• Totaal | 11,91 km2 (4,60 vk. myl) |
Hoogte | 1 540 m (5 050 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 486 |
• Digtheid | 461/km2 (1 190/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 27.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.9% |
• Bruin mense | 1.1% |
• Swart mense | 69.3% |
• Ander | 1.0% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 59.6% |
• Afrikaans | 29.1% |
• Zoeloe | 5.5% |
• Engels | 2.0% |
• Ander | 3.9% |
Poskode (strate) | 9650 |
Poskode (posbusse) | 9650 |
Skakelkode | 058 |
Webwerf | http://www.heilbron.info/ |
Heilbron is 'n dorp in die Noordoos-Vrystaat, in Suid-Afrika.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In 1872 is die plaas Rietfontein aangekoop waarop 'n nuwe dorp uitgelê is. Erwe is in dieselfde jaar verkoop. Die dorp het sy naam van die sterk warmwaterbron daar naby verkry. Munisipale status is in 1890 toegeken. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was Heilbron die hoofstad van die Vrystaat toe President MT Steyn sy hoofkwartier daar gehad het. Toe die Britte die dorpie daarna beset het, het die regering na 'n koppie tussen Heilbron en Frankfort verskuif. Die koppie staan vandag nog bekend as Presidentkoppie.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 3 580 km² groot. Gemengde boerdery word beoefen – mielies, koring, sorghum, sonneblomsaad, vee en suiwelprodukte. Vegkop, waar die Slag van Vegkop plaasgevind het, lê 25 km suid van die dorp.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Heilbron". Sensus 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Heilbron.