Frankfort

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Frankfort
(Namahadi ingereken)
Nywerheidpersele in Frankfort
Nywerheidpersele in Frankfort
Ligging van Frankfort op 'n kaart (Vrystaat)
Frankfort
Frankfort
 Frankfort se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°17′S 28°31′O Koördinate: 27°17′S 28°31′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Fezile Dabi
Munisipaliteit Mafube
Stigting 1878[1]
Oppervlak[2]
 - Dorp 20,9 km²  (8,1 vk m)
Hoogte 1 530 m (5 020 vt)
Bevolking (2011)[2]
 - Dorp 26 144
 - Digtheid 1 251/km² (3 240,1/myl2)
Ras (2011)[2]
 • Swart 91.0%
 • Kleurling 0.5%
 • Indiër/Asiër 0.2%
 • Blank 8.2%
 • Ander 0.2%
Taal (2011)[2]
 • Sotho 61.8%
 • Zoeloe 22.3%
 • Afrikaans 9.0%
 • Xhosa 1.9%
 • Ander 5.0%
Poskode (straat) 9830
Poskode (posbus) 9830
Skakelkode(s) 058

Frankfort in die Oos-Vrystaat lê aan die oewers van die Wilgerivier, wat 'n deel vorm van die Lesotho-Hoogland-waterprojek en water van Lesotho deur die As-, Liebenbergsvlei- en Wilgeriviere na die Vaaldam laat loop. Die Liebenbergsvleirivier vloei hier in die Wilgerivier in.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die teenswoordige NG kerk Frankfort, waarvan pres. M.T. Steyn die hoeksteen op 25 Maart 1911 gelê het. Die argitek was William Henry Ford.

Die dorp en NG gemeente is gestig op die plaas Roodepoort, 4 000 morge teen £1 000 van A. Allenberg gekoop. Die naam sou Cassel wees, maar ene Albert von Gordon, landmeter, afkomstig uit Frankfurt, Duitsland, het gratis opmeting aangebied mits die naam na sy geboorteplek Frankfurt ("Frankedrif") sou wees. 'n Grasdakkerkie met misvloer moes voorlopig as plek van aanbidding dien. Die dorp is in 1873 geproklameer en het in 1896 munisipale status ontvang. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het genl. Christiaan de Wet verskeie kere met die Britse magte slaags geraak in die omgewing.

Distrik[wysig | wysig bron]

Die distrik is 3 380 km2 groot en lê in die hart van die mieliedriehoek. Daar is 'n botterfabriek op die dorp. Voor die NG Kerk is 'n ou klok wat bewaar gebly het toe die Britte die oorspronklike kerk afgebrand het.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)”. pp. xlv-lii
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Som van die hoofplekke Namahadi en Frankfort tydens die 2011-sensus.