Ilya Kaler
Ilya Kaler | |
---|---|
Gebore | 2 Junie 1963 |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Violis |
Ilya Kaler (gebore op 2 Junie 1963) is 'n Russies-gebore violis. Hy is gebore in en opgevoed in Moskou, en is die enigste persoon om Goue medaljes te gewen het by al drie van die mees luisterryke internasionale kompetisie te wete die Internasionale Tsjaikofski Kompetisie (Moskou, 1986); die Sibelius Kompetisie (Helsinki, 1985); en die Paganini Kompetisie (Genua, 1981).[1]
Opvoeding
[wysig | wysig bron]Hy is gebore in 'n gesin van orkestrale musikante, en het vanaf 'n vroeë ouderdom musikale talent getoon. By die Sentrale Musiekskool vir Baie Begaafde Kinders van die Moskou Konservatoria het hy onder Zinaida Gilels gestudeer. Hy het by die Konservatoria met sy studies voortgegaan saam met Leonid Kogan en Viktor Tretiakov, waar hy beide meesters- en doktorale grade verdien het en gegradueer het met die Goue Medalje Toekenning.
Hy het ook privaat gestudeer saam met Abram Shtern[2] in Kijif en Los Angeles.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Van 1996 tot 2001 was hy die konsertmeester van die Rochester Filharmoniese Orkes.[3]
Hy het ook as solis opgetree saam met onderskeidelik die volgende musikale instansies: Leningrad Filharmoniese Orkes, Moskou Filharmoniese Orkes, Dresden Filharmoniese Orkes, Montreal Simfonieorkes, Deense Radio Simfonieorkes , Berlyn Radio Simfonieorkes, Moskou Kamerorkes , Zürich Kamerorkes , Boston Filharmoniese Orkes,[4] Detroit Simfonieorkes, Baltimore Simfonieorkes, die Lansing en Seattle Simfonieorkeste en laastens by die Kennedy Sentrum in Washington D.C. in die Verenigde State.
Hy het ook toere onderneem in Duitsland, Ierland, Israel, Italië, Singapoer, Korea, Taiwan, Engeland, Venezuela en Japan.
Hy het in Japan saam met die Nuwe Japannese Filharmoniese Orkes, die Japannese-eeu Simfonieorkes en die Hiroshima Simfonieorkes gespeel. Hy is ook 'n aktiewe kamermusiekspeler en het reeds tydens talle somers opgetree by die Newport Musiekfees in Newport, Rhode Island. Sy solo resitasies het hom ook regoor die wêreld geneem, onder meer het hy opgetree in Europa, Skandinawië, Oos-Asië, en die voormalige Sowjetunie.
Kaler was 'n voormalige Professor van Vioolstudies by die Eastman Musiekskool in Rochester, New York, die Indiana Universiteit Musiekskool in Bloomington, Indiana, en die DePaul Universiteit Musiekskool in Chicago, Illinois.
Hy is tans Professor van Vioolstudies by die Cleveland Instituut van Musiek.[5] Hy was op die beoordelingspaneel van verskeie vioolkompetisies rondom die wêreld insluitende die Internasionale Tsjaikofski Kompetisie.[6]
Sedert 2007 het Kaler in beide in die konsertsaal en in die opname ateljee opgetree saam met die tjellis Amit Peled en pianis Alon Goldstein as die Tempest Trio.[7][8]
Opnames
[wysig | wysig bron]Kaler het reeds al verskeie opnames gemaak.[9]
Die opnames wat die afgelope tien jaar vrygestel is sluit werke deur Eugène Ysaÿe, Bach, Brahms, Schumann, Sjostakowitsj, Glazoenof, Szymanowski, Antonín Dvořák, Paganini, Tsjaikofski en Messiaen in.
Sy solo CD, Ilya Kaler, violin was in 1995 genomineer vir die NAIRD Indie-toekenning in die solo klassieke kategorie.[10]
Plate
[wysig | wysig bron]- 1987 Ilya Kaler: Sergei Prokofiëf Sonata No. 2, Pjotr Tsjaikofski Meditasie, Dmitri Sjostakowitsj Five Prelude, Niccolò Paganini I Palpiti (LP). Melodiya
- 1990 Ilya Kaler: Tomaso Antonio Vitali, Johannes Brahms, Niccolò Paganini, Benedetto Marcello, Henryk Wieniawski (LP). Melodiya
- 1991 Ilya Kaler: Johannes Brahms Sonata No. 3, Sergei Prokofiëf Five Melodieë, Eugène Ysaÿe Sonata No. 6 (LP). Melodiya
- 1993 Paganini Vioolconcertos No. 1, Op. 6 & No. 2, Op. 7. Naxos
- 1993 Paganini 24 Caprices, Op. 1. Naxos
- 1994 Robert Schumann Vioolsonates Nos. 1 & 2; Intermezzo van FAE Sonata. Naxos
- 1994 Alexander Glazoenof Vioolkonsert; Antonín Dvořák Vioolconcerto, Romanse Op. 11. Naxos
- 1995 Ilya Kaler, viool, resitasie van werke deur Vytautas Barkauskas, Paul Hindemith, Jean Martinon, Sergei Prokofiëf, en Eugène Ysaÿe. Ongaku
- 1995 Johannes Brahms Dubbelconcerto, Op. 102; Robert Schumann Tjelloconcerto, Op. 129. Naxos
- 1997 Dmitri Sjostakowitsj Vioolconcertos Nos. 1 & 2. Naxos
- 1997 Alexander Glazoenof Die Seisoene, Vioolconcerto Naxos
- 2002 Brahms Vioolsonatas. Naxos
- 2004 Eugène Ysaÿe Solo Vioolsonates. Naxos
- 2004 Olivier Messiaen: Kwartet vir die Einde van Tyd, Tema en Variasies. Ongaku[11]
- 2007 Karol Szymanofski Vioolconcertos Nos. 1 & 2. Naxos
- 2007 Pjotr Tsjaikofski Vioolconcerto, Serenade melancolique, Souvenir d'un lieu cher, Valse-Scherzo. Naxos
- 2008 Johann Sebastian Bach Sonatas en Partitas vir soloviool, BWV 1001-1006. Naxos
- 2008 Johannes Brahms, Robert Schumann Vioolconcertos. Naxos
- 2011 Mieczysław Karlowicz Vioolkonsert, Serenade, Op. 2. Naxos
- 2012 Jean Sibelius Vioolkonsert; Antonín Dvořák Vioolconcerto. Naxos
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Ilya Kaler op AllMusic
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Falodun, Yemi (3 Augustus 2012). "Kaler lets violin speak for itself". The Chautauquan Daily (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2019. Besoek op 24 Januarie 2017.
- ↑ Meyer, Constance (1 November 2008). "Not even Professor Auer knew it all". latimes.com (in Engels). Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2019. Besoek op 24 Januarie 2017.
- ↑ name = "Medici">XV International Tchaikovsky Competition: Jury members: Ilya Kaler. Medici.tv
- ↑ Guerrieri, Mattew (28 Februarie 2011). "Fleeting glory at Jordan Hall". Living Arts. Boston Globe. p. G.12.
- ↑ name="CIM">Cleveland Institute of Music.Faculty biography: Ilya Kaler. Retrieved 7 July 2018.
- ↑ name="Medici"
- ↑ Budmen, Lawrence (14 Desember 2009). "Tempest Trio creates electrifying storm at Four Arts in Palm Beach". South Florida Classical Review. Retrieved 21 Januarie 2017.
- ↑ Reinhart, Brian (14 Julie 2014). "Review: Dvorák Piano Trios Naxos 8.573279" MusicWeb International, Retrieved 21 Januarie 2017.
- ↑ Hulme, Derek C. (2010). Dmitri Shostakovich Catalogue: The First Hundred Years and Beyond (4th uitg.). Lanham, Toronto, Plymouth, UK: The Scarecrow Press, Inc. p. 123.
USSR: Melodiya C10 24625 006. Tsyganov's Suite No. 3. Ilya KALER (violin) and Anna Balakerskaya (piano).
- ↑ "NAIRD's '95 Indie Award Nominees" (in Engels). Billboard. 11 Mei 1996. p. 50. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2017. Besoek op 6 November 2010.
- ↑ OCLC 68186730