Kraaifontein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kraaifontein
Ligging van Kraaifontein op 'n kaart (Wes-Kaap)
Kraaifontein
Kraaifontein
Koördinate: 33°52′0″S 18°41′0″O / 33.86667°S 18.68333°O / -33.86667; 18.68333Koördinate: 33°52′0″S 18°41′0″O / 33.86667°S 18.68333°O / -33.86667; 18.68333
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Kaapstad
Oppervlak
 - Voorstad 30,82 km²  (11,9 vk m)
Bevolking (2011)
 - Voorstad 154 615
 - Digtheid 5 000/km² (12 949,9/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 7570
Skakelkode(s) 021

Kraaifontein is 'n dorp in die provinsie Wes-Kaap van Suid-Afrika.

Apostoliese kerk in Kraaifontein

As gevolg van Kaapstad se noord-oostelike uitbreiding is die dorp nou in die Kaapstad-metropool opgeneem en word as 'n voorstad beskou.

Kraaifontein het 2 hoërskole (Eben Dönges en Monument Park) en drie laerskole (Laerskool Aristea, Laerskool Fanie Theron en Laerskool Simonsberg).

Plaaslike bestuur[wysig | wysig bron]

Kraaifontein se status het met verloop van tyd verander :

  • 1957-1996 : sy eie munisipaliteit
  • 1996-2000 : deel van die Oostenberg-munisipaliteit
  • 2000-op hede : deel van die Kaapstad metropool.

Wapen[wysig | wysig bron]

Die munisipale raad het in 1963 'n wapen aangeneem : In silwer, 'n rooi keper, in die skildhoof vergesel van twee heraldiese fonteine en in die skildvoet van 'n druiwetros met blare van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n witborskraai, en die wapenspreuk "Non auro sed virtute". Schalk Pienaar het die wapen ontwerp.

Die wapen is in 1964 by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer; in 1967 formeel deur die provinsiale administrateur verleen, en in 1969 by die Buro vir Heraldiek geregistreer.[1] [2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Kaap de Goeie Hoop Offisiële Koerant 3245 (26 Junie 1964) en 3391 (3 Maart 1967).
  2. National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.