Mitchells Plein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mitchells Plein‎
(Mitchell's Plain)
Skoolkinders in Mitchells Plein
Skoolkinders in Mitchells Plein
Ligging van Mitchells Plein‎ op 'n kaart (Kaapstad)
Mitchells Plein‎
Mitchells Plein‎
Koördinate: 34°03′02″S 18°37′05″O Koördinate: 34°03′02″S 18°37′05″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Kaapstad
Aangelê 1970's
Oppervlak
 - Voorstad 91,29 km²  (35,2 vk m)
Bevolking (2011)
 - Voorstad 310 485
 - Digtheid 7 100/km² (18 388,9/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode Busse: 7789
Strate: 7785
Skakelkode(s) 021

Mitchells Plein‎[1] is grotendeels 'n "Bruin" woongebied omtrent 32 km vanaf Kaapstad. Dit is een van Suid-Afrika se grootste woongebiede. Dit is in die Kaapse Vlakte aan die Valsbaai-kus tussen Muizenberg en Khayelitsha geleë.

Mitchells Plein‎ is in die 1970's as 'n township vir Bruin bewoners onder die destydse groepsgebiedewet aangelê. Hoewel Mitchells Plein‎ nie langer 'n uitsluitlik Bruin woongebied is nie, is die bevolking steeds oorwegend Bruines. Met 'n geskatte bevolking van 290 000 mense bestaan Mitchells Plein‎ uit verskeie sub-afdelings wat die diversiteit en klasseverskille tussen inwoners aandui.

Die gebied was aanvanklik bekend as basis van die United Democratic Front wat die ANC se anti-apartheidsbedrywighede help finansier het. Deesdae is dit meer bekend vir sy bendes en "tik"-verslawing (metamfetamien) onder die jeug. Ten spyte van die negatiewe faktore is een van Kaapstad se grootste winkelsentrums, die Liberty Promenade, hier geleë.

Demografie[wysig]

Volgens data van die 2011-sensus wat deur Statistiek Suid-Afrika saamgestel is het Mitchells Plein die volgende demografie:[2]

Groep Mans Persentasie Vroue Persentasie Totaal Persentasie
Bruin 137,360 43.17 144,085 46.43 281,829 90.77
Swart 12,692 4.48 14,021 4.95 22,723 7.32
Indier/Asiate 902 0.32 861 0.30 1,926 0.62
Wit 274 0.09 307 0.10 581 0.19
Totaal 151,033 48.64 159,453 51.36 310,485 100

Sub-afdelings[wysig]

Mitchells Plein is in verskeie sub-afdelings opgedeel. Die meer gegoede dele is in die weste en armer gemeenskappe in die oostelike helfte geleë.

  • Rocklands
  • Westridge
  • Portlands
  • Tafelsig
  • Eastridge
  • Beacon Valley
  • Lentegeur
  • Woodlands
  • Weltevreden Valley
  • Colorado Park
  • Strandfontein

Verwysings[wysig]

  1. Die amptelike spelling, wat oorspronklik aan die Nasionale Pleknamekomitee voorgelê is vir goedkeuring, was Mitchell's Plain.
  2. Sensus van 2011, Mitchells Plein - Kaapstad. “None”. Stad Kaapstad. URL besoek op 31 Augustus 2011.

Verwysings[wysig]

  1. Die amptelike spelling, wat oorspronklik aan die Nasionale Pleknamekomitee voorgelê is vir goedkeuring, was Mitchell's Plain.
  2. Sensus van 2011, Mitchells Plein - Kaapstad. “None”. Stad Kaapstad. URL besoek op 31 Augustus 2011.