Luislange

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Luislange / Pythonidae
'n Indiese luislang (Python molurus)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
Klas: Reptilia
Orde: Squamata
Suborde: Serpentes
Infraorde: Alethinophidia
Familie: Pythonidae
Fitzinger, 1826
Sinonieme
  • Pythonoidea - Fitzinger, 1826
  • Pythonoidei - Eichwald, 1831
  • Holodonta - Müller, 1832
  • Pythonina - Bonaparte, 1840
  • Pythophes - Fitzinger, 1843
  • Pythoniens - A.M.C. Duméril & Bibron, 1844
  • Holodontes - A.M.C. Duméril & Bibron, 1844
  • Pythonides - A.M.C. Duméril & Bibron, 1844
  • Pythones - Cope, 1861
  • Pythonidae - Cope, 1864
  • Peropodes - Meyer, 1874
  • Chondropythonina - Boulenger, 1879
  • Pythoninae - Boulenger, 1890
  • Pythonini - Underwood & Stimson, 1990
  • Moreliini - Underwood & Stimson, 1990[1]

Luislange of luislangagtiges (Pythonidae) is 'n familie van slange wat onder die orde van skubreptiele ressorteer. Luislange is nie giftig nie en kom in Australië, Suidoos-Asië en Afrika voor.

Baie mense verwar boas (Boidae) en luislange met mekaar. Luislange is dan ook vir lank as 'n subfamilie van die boas beskou. Tans word luislange as 'n volwaardige familie onder die superfamilie Pythonoidea ingedeel. Die grootste verskil tussen die twee is dat boas lewend die lewe skenk, terwyl luislange eiers lê. Boas word ook nie so lank soos luislange nie.

Groter luislange kan prooi so groot as 'n huiskat of 'n volgroeide bok vang. In Afrika is daar selfs luislange wat gemsbokke vang. Voordat die prooi gevreet word, word dit dood gedruk, waarna dit heel ingesluk word. Ten spyte van hul grootte, is luislange selde vir mense gevaarlik.

Taksonomie[wysig | wysig bron]

Daar is ongeveer 40 verskillende spesies luislange, wat in nege genera onderverdeel word:

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. McDiarmid RW, Campbell JA, Touré T. 1999. Snake Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference, vol. 1. Herpetologists' League. 511 pp. ISBN 1-893777-00-6 (series). ISBN 1-893777-01-4 (volume).