Spaanse verowering van die Asteekse Ryk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spaanse verowering van die Asteekse Ryk
Deel van Spaanse verowering van die Amerikas
Codex Mendoza folio 67r bottom.jpg
Asteekse vegter uit die Codex Mendoza
Datum Februarie 1519 - 13 Augustus 1521
Ligging Meksiko
Resultaat Spaanse oorwinning
Vernietiging van Tenochtitlan en die Asteekse Driebond
Stigting van Meksikostad en Nieu-Spanje
Gebieds-
veranderinge
Meksiko word deel van die Spaanse Ryk
Strydende partye
Flag of Cross of Burgundy.svg Spanje
Flag of Tlaxcala.svg Tlaxcala
Huexotzingo
Zempoala
Acolhuacan (ná 1520)
Asteekse Driebond
Aanvoerders
Flag of Cross of Burgundy.svg Hernán Cortés
Flag of Cross of Burgundy.svg Pedro de Alvarado
Flag of Cross of Burgundy.svg Gonzalo de Sandoval
Moctezuma II (†)
Cuitlahuac (†)
Cuauhtémoc
Sterkte
530 Spanjaarde
80 000 inheemse bondgenote
onbekend
Ongevalle en verliese
Enkele honderde Spanjaarde
tienduisende inheemse bondgenote
+100 000 gesneuweldes

Die Spaanse verowering van die Asteekse Ryk / Meksiko was 'n baie belangrike onderdeel van die Spaanse kolonialisering van die Amerikas. Die koms van die Spanjaarde het die einde vir die Asteekse Ryk beteken. Die veldtogte teen die Asteekse Driebond is deur die Conquistador Hernán Cortés gelei.

Asteekse voorbodens vir die Spaanse verowering[wysig]

Die roete van Hernán Cortés.

Baie verslae van die veroweringe van die Asteekse Ryk deur die Spanjaarde is hoofsaaklik deur die Spanjaarde self geskryf. Die belangrikste en primêrste bronne is die briewe van Hernán Cortés en Karel V, en Bernal Diaz se geskreve werk, True History of the Conquest of Mexico. Die primêre bronne van die bewoners, beïnvloed deur die verowering, word selde bekyk. Inheemse verslae is op die vroegste in 1528 vasgelê. Geskrewe in Nahuatl beskryf die inheemse bewoners van die Asteekse Ryk die sewe voortekens wat daar was voorafgaande die koms van die Spanjaarde in die Golf van Meksiko. Die sewe voortekens was:[1]

  1. 'n vreemde verskynsel aan die oostelike hemel,
  2. vuur wat die tempel van Huitzilopochtli verwoes het,
  3. 'n bliksemstraal wat die riettempel van Xiuhtecuhtli verwoes het,
  4. die verskyning van wegskietende vuur oor die oseaan,
  5. die "kook" en later oorstroming van 'n meer by Tenochtitlan,
  6. 'n wenende vrou in die holst van die nag,
  7. die vang van 'n onbekende wese met 'n visnet.

Die hueyi tlahtoani Moctezuma II (soms as Montezuma gespel) sou waarseggers geraadpleeg het om die oorsaak van hierdie voortekens te bepaal; maar die kon tot die koms van die Spanjaarde nie die presiese verklarings gee nie.

Verowering van Meso-Amerika[wysig]

Hernán Cortés en Moctezuma II op 8 November 1519 in Tenochtitlan.
La Noche Triste, die Asteke verslaan die Spanjarde op 30 Junie 1520 in Tenochtitlan.

Die verowering van Tenochtitlan word meestal as verwysing gebruik om die begin van die verowering van Meso-Amerika aan te gee. Die proses was egter veel ingewikkelder en het langer as die drie jaar geduur wat Hernán Cortés nodig gehad het om Tenochtitlan te verower.

Selfs na die Val van Tenochtitlan was die meeste Meso-Amerikaanse kulture nog ongeskonde. Die Tlaxcalteke het hul deel van die verdrag verwag, die Purepecha en Mixteke was bly oor die nederlaag van hul lewenslange vyand, en ander kulture was waarskynlik net so bly oor hierdie nederlaag.

Daar was byna sestig jaar van oorlog voordat die Spaanse veroweraars Meso-Amerika verower het. Die vernaamste weerstand was die periode wat ook as die Chichimeken-oorlog bekend staan. Die Spaanse verowering van Yucatan het byna 170 jaar geduur. Die hele proses kon langer geduur het, het daat nie drie epidemies uitgebreek nie wat 'n swaar tol van die oorspronklike bewoners van Amerika geëis het. Deur hierdie epidemies het byna 75% van die bevolking gesterf en gevolglik het dit die ineenstorting van baie Meso-Amerikaanse kulture veroorsaak. Sommige glo dat siektes uit die Ou Wêreld, soos pokke, die dood van 90 tot 95 persent van die bevolking van die oorspronklike bewoners van die Nuwe Wêreld veroorsaak het.[2]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Leon-Portilla, Miguel (ed.). The Broken Spears: The Aztec Account of the Conquest of Mexico. Boston: Beacon Press, 1966. bl. 4-6.
  2. (en) The Story Of... Smallpox – and other Deadly Eurasian Germs


Vlag van Meksiko Geskiedenis van Meksiko Wapen van Meksiko
Meso-Amerika OlmekeMixtekeToltekeTeotihuacáneZapotekeMayaTlaxcaltekeAsteke
Kolonisasie Spaanse verowering van die Asteekse Ryk (1519–1521) • Spaanse verowering van Yucatan (1527–1697) • Nieu-Spanje (1535–1821) • Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821)
1821–1864 Eerste Meksikaanse Keiserryk (1821–1823) • Texaanse Onafhanklikheidsoorlog (1835–1836) • Koekoorlog (1838) • Meksikaans-Amerikaanse Oorlog (1846–1848) • Kastenoorlog (1847–1901) • Hervormingsoorlog (1857–1861) • Franse intervensie in Meksiko (1861–1867)
1864–1929 Tweede Meksikaanse Keiserryk (1864–1867) • Meksikaanse Rewolusie (1910–1920) • Cristero-oorlog (1926–1929)
Moderne geskiedenis Chiapas-konflik (1994) • Dwelm-oorlog in Meksiko (2006–hede)