Gereformeerde kerk Upington
Gereformeerde Kerk Upington | ||
Sluit in | Aggeneys Groblershoop Kakamas Kanoneiland Keimoes Kenhardt | |
Klassis | Griekwaland-Wes | |
Huidige predikant(e) | M.P. (MP) Fourie (hulpdiens) | |
Belydende lidmate | 93 | |
Dooplidmate | 28 | |
Adres | Schröderstraat 145 Upington | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 17 Januarie 1959 | |
Afgestig van | Olifantshoek | |
Eerste predikant | W.J. van der Westhuizen (1960–'64) |
Die Gereformeerde kerk Upington is die sewende oudste van die 15 gemeentes in die GKSA se Klassis Griekwaland-Wes. Einde 2015, toe hier 70 belydende en 14 dooplidmate was, was dit ook die sewende kleinste gemeente in dié Klassis. In 2001 was die getalle onderskeidelik 152 en 45, ’n afname van meer as 57 persent binne 14 jaar.
Die suidwestelike wyk van die Gereformeerde kerk Olifantshoek het vroeg in die eeufeesjaar van die Gereformeerde Kerk en wel op 17 Januarie 1959 afgestig as die Gereformeerde kerk Upington. Heel gou het die nuwe gemeente planne begin maak om hul eie kerkgebou op te rig. R.B. Nyschen was die argitek sowel as die bouaannemer, en op 10 Junie 1961 is dié kerk in gebruik geneem. Destyds was dit amper die enigste gebou in ’n nuwe woonbuurt op Upington.
Omdat die gemeente in 1960 uit net 43 belydende en 32 dooplidmate bestaan het, is net die helfte van die gebou van banke voorsien wat ’n lidmaat, Abraham Viljoen, op sy plaas, 120 km van die dorp af, gemaak en dan na die dorp vervoer het. Die Kanselbybel was ’n geskenk van ds. M. Postma, leraar van die Gereformeerde kerk De Aar. ’n Lidmaat, Johannes Badenhorst, het die kanselstoel geskenk.
Die gemeentegrense beslaan ’n reusegebied en sluit onder meer ook die dorpe Aggeneys, Groblershoop, Kakamas, Kanoneiland, Keimoes, Kenhardt en Pofadder in.
Predikante
[wysig | wysig bron]- Van der Westhuizen, W.J., 1960 – 1964
- Du Plooy, J.S., 1964 – 1966
- Van der Walt, dr. Francois, 1966 – 1970
- Steyn, dr. Diederick Johannes Schutte, 1972 – 1977
- Saayman, Willem Jacobus Kruger, 1978 – 1981
- Erasmus, Johannes Jacobus, 1981 – 1991 (aanvaar sy emeritaat)
- Venter, Archibald, 1991 – 2000
- Venter, Jan Daniël Philippus, 2001 – 2003 (sedertdien nie 'n voltydse predikant nie)
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.