Wikipedia:Beeld van die week
Argief
| ||
---|---|---|
2007 | 2008 | 2009 |
2010 | 2011 | 2012 |
2013 | 2014 | 2015 |
2016 | 2017 | 2018 |
2019 | 2020 | 2021 |
2022 | 2023 | 2024 |
Hoe word 'n argief aangelê? |
Die meeste van die beelde wat op die Afrikaanse Wikipedia gebruik word is afkomstig van die Wikimedia Commons, 'n versameling vrye beelde en ander medialêers wat deur alle Wikimedia-projekte gebruik kan word, maar wat ook deur enige ander persoon of instansie gebruik kan word.
Die Wikimedia Commons besit tans meer as tien miljoen lêers, waarvan sommige uitgewys word as spogbeelde. Enige persoon kan 'n rekening by die Wikimedia Commons skep en beelde nomineer vir featured-status of op ander gebruikers se nominasies reageer (Commons:Commons:Featured picture candidates). Die kriteria waarvolgens die Commons se spogbeelde gekies word strek van die tegniese tot die estetiese. Gebruikers wat reeds by 'n ander Wikimedia-projek geregistreer is, soos die Afrikaanse Wikipedia, word ook outomaties by die Wikimedia Commons geregistreer.
Afrikaanse Wikipediane kan ook beelde of ander medialêers by die Commons bydra (sommige doen reeds) en daar kan direk uit enige artikel hier na 'n beeld op die Commons skakel.
Die beelde wat hier verskyn het dus almal reeds spogstatus (featured status) behaal.
Stap vir stap-begeleiding
[wysig bron]- Snuffel deur die bestaande spogbeelde van die Wikimedia Commons of nomineer 'n beeld vir spogstatus (dis ook moontlik om ander se nominasies te ondersteun).
- Indien die beeld teks in ander tale as Afrikaans bevat, vertaal dit asseblief voor dit op die voorblad geplaas word.
- Soek 'n artikel wat die onderwerp van die beeld deel, berghaan vir 'n prentjie van 'n berghaan, of amfibie vir 'n prentjie van 'n padda.
- Voeg die beeld by die volgende beskikbare sjabloon (deur op die rooi skakel te kliek), met 'n kort beskrywing, insluitende skakels na relevante artikels. Volg die formaat van die vorige sjablone!
- Onthou om erkenning aan die outeur te gee, selfs al word dit nie deur hom/haar vereis nie.
Hierdie is die argief van al die beelde wat tydens 2024 as spogbeelde op die voorblad gepryk het.
2024
[wysig bron]Week 1 Oorlogsplakkaat vir die Verenigde Nasies, geskep in 1943 deur die Amerikaanse Kantoor van Oorlogsinformasie.
Week 2 'n Winteroggend in die Karpate- Nasionale Park, Iwano-Frankifsk-oblast, Oekraïne.
Week 3 'n Panoramiese uitsig van die Uluguru-bergreeks in Tanzanië.
Week 4 'n Volkswagen Beetle uit 1957 voor die Unesco-wêrelderfenisgebied Porta Nigra in Trier, Duitsland.
Week 5 'n Gorrelskurwepadda (Amietophrynus gutturalis) swem in die Sibayameer, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Week 6 'n Teetuin in die noordoostelike Indiese deelstaat Sikkim. Dié land is die tweede grootste teeprodusent in die wêreld.
Week 7 'n Jong vrou verf 'n trap wit, Portugal.
Week 8 Vincent van Gogh (1853–1890) se nagskildery Sterrenag oor die Rhône (1888), deesdae in die Paryse Musée d'Orsay.
Week 9 Kasakse joerte in Oesbekistan.
Week 10 Die Laat-Hellenistiese marmerbeeldhouwerk Laokoön en sy seuns, Vatikaanse Museum.
Week 11 Canary Wharf soos gesien vanaf Limehouse, Londen, snags.
Week 12 Detail van 'n loodglasvenster in Saint Patrick Church (Junction City, Ohio) wat Sint Patrick uitbeeld met 'n klawerblaar.
Week 13 Sononder in Fernando de Noronha, Pernambuco, Brasilië.
Week 14
'n Volwasse sprinkaan in die genus Romalea, hier afgeneem in Suidsentraal-Amerika.
Foto-erkenning: Ryan Wood.
Week 15 Die Rotskoepel op die Tempelberg in Jerusalem.
Week 16 Die neogotiese stadsaal in Kołobrzeg, Pole, ontwerp deur die argitek Karl Friedrich Schinkel (1781–1841), snags.
Week 17 'n Kleinringnekstrandkiewiet (Charadrius dubius) op soek na kos in Roermond, Nederland.
Week 18 Die weskant van die Taj Mahal in Agra, Indië, teen sononder.
Week 19 Die Noordkaap in Noorweë is die noordelikste punt op die Europese vasteland.
Week 20 'n Portret van die Amerikaanse aktrise Katharine Hepburn (1907–2003) in 1941.
Week 21 Die binneruimte van die Katedraal van Brasília, ontwerp deur Oscar Niemeyer.
Week 22 'n Panoramiese uitsig oor Bergen van berg Fløyen, Noorweë.
Week 23 Die kerk van St. Johannes in Ohrid, Noord-Masedonië.
Week 24 CargoNet 185 met die 44819 Narvik–Oslo kruis die Vindelälven tussen Vindeln en Tvärålund, Swede.
Week 25 Die suidelike rand en 'n deel van die noordelike rand, soos gesien vanaf Mather Point by die Grand Canyon teen sononder.
Week 26 Die Vasco da Gama-brug in die Portugese hoofstad Lissabon.
Week 27 Branderplankryers ry op 'n seegolf naby Paea op die eiland Tahiti (Frans-Polinesië).
Week 28 'n Jong luiperd (Panthera pardus) rus op 'n boom in die Serengeti- Nasionale Park, Tanzanië.
Week 29 Kota Kinabalu, Sabah, Maleisië: die stadmoskee in Likas (weskant) gedurende die blou uur.
Week 30 Die Darlinghawe, Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië, snags.
Week 31 Pont Royal en die Musée d'Orsay in die Franse hoofstad Parys.
Week 32 Die Brasiliaanse gimnas Daniele Hypólito op die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro.
Week 33 Die Eiffeltoring en die Pont Alexandre III in Parys, Frankryk, snags.
Week 34 Die wilde leeu (Panthera leo) Snyggve, seun van C-Boy, tuur na die horison in die Serengeti Nasionale Park, Tanzanië.
Week 35 Die Pidhora-klooster in die Terebowlia-rajion, Ternopil-oblast, Oekraïne.
Week 36 Die Neuschwanstein-kasteel in Duitsland (2013). Sy historiserende argitektuur het uit die romantiese ideale van sy ontstaanstyd voortgespruit.
Week 37 Nagaansig van die Kapellbrug in Luzern, Switserland.
Week 38 Basreliëf van Achaemenidiese krygers op die suidelike trappe van die paleis van Darius die Grote in Persepolis, nou Iran.
Week 39 'n Boompadda (Osteopilus septentrionalis) op die Kaaimanseilande.
Week 40 'n Realistiese uitbeelding van die aarde, geneem uit die saamgestelde 2016-wêreldkaart wat nagligte van Asië en die Midde-Ooste wys.
Week 41 'n Groot wolk oor 'n Meksikaanse landskap.
Week 42
Wikipedia:Voorbladbeeld week 42 2024
besigtig
Week 43
Wikipedia:Voorbladbeeld week 43 2024
besigtig
Week 44
Wikipedia:Voorbladbeeld week 44 2024
besigtig
Week 45
Wikipedia:Voorbladbeeld week 45 2024
besigtig
Week 46
Wikipedia:Voorbladbeeld week 46 2024
besigtig
Week 47
Wikipedia:Voorbladbeeld week 47 2024
besigtig
Week 48
Wikipedia:Voorbladbeeld week 48 2024
besigtig
Week 49
Wikipedia:Voorbladbeeld week 49 2024
besigtig
Week 50
Wikipedia:Voorbladbeeld week 50 2024
besigtig
Week 51
Wikipedia:Voorbladbeeld week 51 2024
besigtig