Gaan na inhoud

Wikipedia:Bladsyverwydering

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hoe om 'n bladsy vir verwydering te nomineer

[wysig bron]
  1. Plaas die sjabloon {{Verwyderingskandidaat}} bo-aan die genomineerde bladsy.
  2. Vir die nominering van sjablone: om die afbeelding van sjablone nie te affekteer nie, plaas die kennisgewing tussen noinclude-hakies, soos dit: <noinclude>{{verwyderingskandidaat}}</noinclude>.
  3. Noem in u wysigingsopsomming dat die bladsy vir verwydering genomineer is.
  4. Voeg die bladsy hier by
  5. Voeg die rede vir die nominasie by.

Die proses van nominasie is nie 'n geval van "die meerderheid wen" nie. Dit is teoreties gesproke moontlik dat die meerderheid gebruikers stem om 'n artikel te behou, terwyl dit moontlik 'n voorbeeld van oorspronklike navorsing is. In so 'n geval geniet die beleid voorkeur bo die gebruikers.

Daar word egter altyd gepoog om konsensus te bereik deur die probleme van die betrokke artikel of beeld te bespreek. Dit is ook belangrik om te noem indien 'n artikel of beeld nie 'n spesifieke beleid in ag neem nie. Sodoende kan persone wat teen die nominasie gekant is die gemelde probleme hersien en poog om dit op te klaar, indien moontlik. Persone wat teen nominasies gekant is of die nominasies ondersteun, moet ook hulle teenkantings/ondersteunings met duidelik bewoorde redes voorsien.

Gebruikers is welkom om die volgende sjablone te gebruik:

Sperdatum:
xx xxxx 20xx

En administrateurs by uitvoering:

Betwisting van 'n verwydering

[wysig bron]

Indien u nie saamstem met die verwydering van 'n artikel nie kan u die saak hier bespreek. Maak egter seker dat u vertroud is met die redes waarom die artikel verwyder is en dat u die teendeel kan bewys. Dit is raadsaam om dan ook 'n skakel te plaas van die oorspronklik debat by Wikipedia:Bladsyverwydering/Verwyder, sodat ander gebruikers die oorspronklike redes vir nominasie en enige gesprek daaromtrent kan hersien.

Spoedige verwydering

[wysig bron]

Artikels kwalifiseer vir spoedige verwyder onder enige van die volgende redes:

  • Spoedige verwyderings
    • Artikel oor 'n regte persoon, organisasie, webblad of musikale opname wat nie aandui waarom die onderwerp van ensiklopediese belang is nie
    • Besprekingsbladsy van 'n bladsy wat nie bestaan nie
    • Bemarking
    • Nonsens
    • Duplikaat (bestaan reeds)
    • Geen inhoud
    • Geen konteks
    • Inhoud in 'n ander taal
    • Swak Afrikaans (reeds 2 weke+ nie vertaal of verbeter nie)
    • Kopieregskending
    • Knip-en-plak van ander Wikipedia
    • Rekenaarvertaalde inhoud
    • Skepping van reeds geskrapte materiaal
    • Toetswysiging
    • Vandalisme
    • Spam

'n Artikel wat vir spoedige verwydering kwalifiseer, hoef nie hier vir verwydering genomineer te word nie. Plaas eenvoudig {{Skrap|rede}} bo-aan 'n betrokke artikel om dit vir spoedige verwydering te lys. 'n Gebruiker met skrapregte sal dit nagaan en indien hierdie gebruiker bepaal dat die artikel nie vir spoedige verwydering kwalifiseer nie, sal hy/sy die {{skrap}}-sjabloon van die bladsy verwyder en jou waarskynlik vra om dit hier vir verwydering te nomineer, sou jy steeds voel dat die artikel verwyder moet word. Jy kan ook in kennis gestel word van veranderinge tot enige bladsy deur dit by jou dophoulys te voeg: klik op die vyfpuntige ster tussen die knoppies "Wys geskiedenis" en "Meer" bo-aan die betrokke bladsy.

Sien ook

[wysig bron]

Administrateurs moet daarop let dat 'n bespreking oor die verwydering dalk ook op die betrokke artikel se besprekingsblad geplaas is.

Inhoudsopgawe

[wysig bron]

Verwyderingsnominasies

[wysig bron]

Stortingsterrein vir Brasiliaanse gemors

[wysig bron]

Al die bronne is in 'n ander taal en feite kan nie geverifieer word nie. Ensiklopediese waarde is betwyfelbaar, bestaan nie in Engels nie en het duidelik sterk bemarking eienskappe. Voorgestel in Geselshoekie op 24 Januarie 2024. Dit lyk of ‎LG7854 besig was... Thermofan (kontak) 11:46, 16 Februarie 2024 (UTC)[antwoord]

Die artikel moet liefs verdeel word in landhoof (reeds begin by kaap) en baai. – Pynappel (kontak) 14:36, 19 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Myns insiens moet hierdie artikel herskryf word en die naam "Kuskenmerke". Die nuwe artikel sal op hoërskoolkinders gemik wees en sal kenmerke soos koppe, baaie, skiereilande ens definieer en sal die huidige artikel skiereiland insluit. Martinvl (kontak) 17:37, 19 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Ek dink iemand het die ding probeer red, maar dit bly sinnelose twak deur iemand wat nie Afrikaans magtig is nie. ~ Burgert (kontak) 13:58, 1 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Het dit verander volgens inleiding van die Engelse artikel. Sobaka (kontak) 14:20, 1 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Geen inligting hieroor op ander Wikis of self die internet nie. Die gebruiker wat dit geskep het is ook nou wêreldwyd geblokkeer. Sobaka (kontak) 10:21, 6 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Skrap! Groete! Oesjaar (kontak) 10:23, 6 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Lyk soos kruis Wikipedia-spam. Die artikel dui ook nie aan dat die onderwerp noemenswaardig is nie. Die onderwerp het 15 artikels op Wikipedia, maar 11 daarvan (af, ce, eo, kaa, mn, mwl, myv, nov, sah, tg, tt) is saadjie bygevoeg deur dieselfde IP-redakteur op 23-24 Desember 2020‎ . Die geskiedenis van die Wikidata-item d:Q4293297 toon dat nog 23 artikels sedert 25 Desember 2020 uitgevee is. via Google translate TSventon (kontak) 15:16, 26 September 2024 (UTC)[antwoord]

  • Hou - Sien die artikel is toe geskrap sonder enige ondersoek maar dan net vir die rekord. Het 'n bietjie op Oekainiese webwerwe na artikels gekyk waar sy genoem word. Dit lyk my is wel 'n bekende sanger in Oekraïne. Mila Nitic het deelgeneem het aan die program "Chance", in 2009 waar sy Oekraïne verteenwoordig by die internasionale kompetisie "New Wave" in Jurmala. In 2011 het sy deelgeneem aan die nasionale keuring vir Eurovision en die televisietalentprogram “Voice of the Country”. Sy is ook deel van die TV-kanaal "Oekraïne" se musiekkenners wat die vaardighede van ‘n televisie talentkompetisie sal evalueer. Die vraag is dus as jy nie buite Oekraïne bekend is nie is jy nie noemenswaardig nie? Sy het ‘n redelike uitgebreide Oekraïniese artikel. As mens met Afrikaanse kunstenaars sou vergelyk, het iemand soos Katinka Heyns ‘n Igbo artikel.
  • Oesjaar dankie vir jou hulp.
  • Sobaka Ek het die artikel genomineer omdat dit spam was met een sin van inhoud en geen verwysings nie. Sien die artikel in Esperanto eo:Mila Nitich, wat soortgelyk is. Of sy buite die Oekraïne bekend is, is nie 'n rede om die artikel te skrap nie. As jy of 'n ander redakteur 'n artikel oor Nitic wil skryf of vertaal, sal dit nie spam wees nie. via Google translate TSventon (kontak) 09:47, 5 Oktober 2024 (UTC)[antwoord]
  • TSventon Dankie vir die verduideliking, ek neem kennis. Ek was egter van plan om die artikel te werk sodat dit aan die minimum vereistes voldoen, maar is toe geskrap voor ek daarby kon uitkom. Gelukkig is dit nou nie juis 'n item van groot belang vir die Afrikaanse Wikipedia nie, so ek laat dit maar daar. Groete. Sobaka (kontak) 10:09, 5 Oktober 2024 (UTC)[antwoord]