Wildesering
Wildesering | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. africana
|
Binomiale naam | |
Burkea africana Hook., (1843)
| |
Sinonieme | |
|
Die wildesering of rooisering (Burkea africana) is 'n boom wat van die noorde van Suid-Afrika tot in midde-Afrika voorkom. Die middelgrootte, bladwisselende boom behoort aan 'n subfamilie van die peulplante, naamlik die Caesalpinioideae. Die genus is vernoem na Joseph Burke, 'n 19de-eeuse botanis en plantversamelaar.
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Dit is wydverspreid in tropiese Afrika, en is inheems aan Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, DRK, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek van die Kongo, Senegal, Sentraal Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Dit het tipies 'n spreidende en redelik plat blarekroon. Die blare is dubbelveervormig saamgesteld, silwerig-behaard maar later haarloos. Die blomme is roomwit, geurig, en in hangende raseme van tot 30 cm lank.
Hout en bas
[wysig | wysig bron]Die kernhout lewer duursame, insekbestande hout met 'n redelik fyn, golwende grein wat wissel van donkerbruin na rooierig bruin. Dit word gebruik vir blokkiesvloere en fyn kabinet- en meubelskrynwerk. Die bas is toksies, ryk aan alkaloïede en tanniene, en is al vir leerlooiery aangewend. Verpoeierde bas word gebruik om visse in waterpoele te verlam.
Voedselplant
[wysig | wysig bron]Die loof is voedsel vir die larwes van twee soorte pouoogmotte (familie Saturniidae), naamlik Rohaniella pygmaea en Imbrasia forda.
Kyk ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir wildesering.
- IUBN Rooilys veilige spesies
- Bome van Afrika
- Flora van Angola
- Flora van Benin
- Flora van Botswana
- Flora van Burkina Faso
- Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo
- Flora van Ghana
- Flora van Guinee
- Flora van Ivoorkus
- Flora van Kameroen
- Flora van Malawi
- Flora van Mali
- Flora van Mosambiek
- Flora van Namibië
- Flora van Niger
- Flora van Nigerië
- Flora van die Republiek die Kongo
- Flora van Senegal
- Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek
- Flora van Soedan
- Flora van Suid-Afrika
- Flora van Tanzanië
- Flora van Togo
- Flora van Tsjad
- Flora van Uganda
- Flora van Zambië
- Flora van Zimbabwe