18 Mei
Voorkoms
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
18 Mei is die 138ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (139ste in skrikkeljare). Daar volg nog 227 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1291 – Die Moslems verower die kruisvaarderstad Akko.
- 1521 – Pous Leo X verbied Latynse dienste in Griekse kerke.
- 1642 – Stigting van Montréal (Notre-Dame de Ville-Marie de Montréal)
- 1652 – Rhode Island skep die eerste wet in Noord-Amerika wat slawerny onwettig maak.
- 1672 – Pous Clemens X verklaar Jacobus (James) Blanconibus van Mevania salig.
- 1699 – Pous Innocentius XII publiseer die brief Regi saeculorum oor die Jubeljaar 1700.
- 1712 – Pous Clemens XI stel 18 nuwe kardinale aan, waaronder Lodovico Pico della Mirandola, titulêr patriarg van Konstantinopel.
- 1721 – Pous Innocentius XIII word gekroon deur kardinaal Benedetto Pamphili.
- 1724 – Lorenzo Ganganelli (Later Pous Clemens XIV) word Franciskaan.
- 1743 – Pous Benedictus XIV publiseer Nimiam Licentiam oor die geldigheid van gemengde huwelike.
- 1765 – 'n Brand verwoes 'n kwart van die dorp Montreal, Quebec.
- 1803 – Napoleontiese Oorloë: Die Verenigde Koninkryk trek die Verdrag van Amiens terug en verklaar oorlog teen Frankryk.
- 1804 – Napoleon Bonaparte word verklaar as keiser van Frankryk deur die Franse Senaat.
- 1814 – Pous Pius VII publiseer Il trionfo oor die terugkeer na Rome.
- 1848 – Opening van die eerste Duitse Nasionale Vergadering (Nationalversammlung) in Frankfurt, Duitsland.
- 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die Slag van Vicksburg begin (eindig 4 Julie).
- 1869 – Oorgawe van die Ezo-republiek aan Japan.
- 1899 – Jan van Riebeeck se standbeeld word onthul in Heerengracht Straat, Kaapstad.
- 1900 – Die Verenigde Koninkryk verklaar 'n protektoraat oor Tonga.
- 1910 – Die aarde beweeg deur die stert van Halley se Komeet.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Slag van Monte Cassino – Duitsland ontruim Monte Cassino en Geallieerde magte neem die pos oor na ’n geveg wat 20 000 lewens geëis het.
- 1950 – Lord Bertrand Russell, wiskundige en filosoof, ontvang die Nobelprys vir Letterkunde.
- 1953 – Rogers Dry Lake, Kalifornië: Jacqueline Cochran word die eerste vrou wat die klankgrens breek (sy het in 'n North American F-86 Sabre teen ’n gemiddelde spoed van 652,337 myl per uur gevlieg).
- 1958 – 'n Lockheed F-104 Starfighter stel 'n wêreldspoedrekord van 1 404,19 myl per uur op.
- 1969 – Apollo-program: Die ruimteskip Apollo 10 word gelanseer.
- 1974 – Kernwapentoets: As deel van die projek Smiling Buddha laat Indië hulle eerste kernwapen suksesvol ontplof, en word die sesde nasie om dit te doen.
- 1980 – Mount Saint Helens se uitbarsting in die deelstaat Washington - 57 mense sterf.
- 1991 – Somaliland verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Somalië.
- 1995 – Alain Juppé word Eerste Minister van Frankryk.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1048 – Omar Khayyam, Persiese digter, wiskundige, sterrekundige († 1131).
- 1872 – Lord Bertrand Russell, wiskundige en filosoof († 1970).
- 1883 – Walter Gropius, argitek, stigter van Bauhaus († 1969).
- 1891 – Rudolf Carnap, Duitse filosoof († 1970).
- 1896 – Walter Fitzgerald 'n Engelse akteur († 1976).
- 1912 – Perry Como, Amerikaanse sanger († 2001).
- 1912 – Walter Sisulu, anti-apartheid aktivis († 2003).
- 1919 – Dame Margot Fonteyn, balletdanseres († 1991).
- 1920 – Pous Johannes Paulus II, die 264ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 2005).
- 1922 – Bill Macy, Amerikaanse akteur († 2019).
- 1928 – Pernell Roberts, Amerikaanse akteur († 2010).
- 1931 – Robert Morse, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1934 – Dwayne Hickman, Amerikaanse akteur en regisseur († 2022).
- 1937 – Christiane Jaccottet, Switserse klavesimbelspeelster († 1999).
- 1969 – Martika, Kubaans-Amerikaanse sanger.
- 1970 – Tina Fey, skrywer, komediant, aktrise.
- 1986 – Kevin Anderson, Suid-Afrikaanse tennisspeler.
- 1990 – Simoné Nortmann, Suid-Afrikaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 526 – Pous Johannes I (* 470), die 53ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1012 – Johannes III Crescentius.
- 1675 – Jacques Marquette, 'n Franse Jesuïetsendeling en ontdekkingsreisiger (* 1637).
- 1911 – Gustav Mahler, Tsjeggies-Oostenrykse komponis en dirigent (* 1860).
- 1964 – Harm Oost, 'n Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus (* 1877).
- 1988 – Daws Butler, Amerikaanse akteur (* 1916).
- 1990 – Jill Ireland, Britse aktrise (* 1936).
- 1995 – Elizabeth Montgomery, Amerikaanse aktrise (* 1933).
- 1995 – Alexander Godunov, Amerikaanse balletdanser, akteur (* 1949).
- 1995 – Elisha Cook Jr., Amerikaanse akteur (* 1903).
- 2013 – Vuyo Mbuli, SAUK-TV en radiopersoonlikheid (* 1967).
- 2016 – Samuel Pauw, Suid-Afrikaanse modernistiese en postmodernistiese argitek (* 1936).
- 2021 – Charles Grodin, Amerikaanse akteur (* 1935).
- 2023 – Jim Brown, 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, voetbalspeler en regisseur (* 1936).
Vakansiedae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Pous Johannes I in die Rooms-Katolieke Kerk.