Alpheios

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
’n Gravure deur Bernard Picart van ’n toneel uit Ovidius se Metamorfoses waarin Alpheios probeer om die nimf Arethusa te vang.

Alpheios, ook bekend as Alpheus (Grieks: Ἀλφειός), was in die Griekse mitologie ’n rivier en riviergod.[1] Soos die meeste riviergode was hy die seun van Okeanos en Tetis.[2][3]

Alpheios was ’n kranige jagter en het verlief geraak op die nimf Arethusa, maar sy het na ’n eiland gevlug en haarself in ’n put verander. Daarna het Alpheios homself in ’n rivier verander wat onder die see deur gevloei het tot waar sy water met die put Arethusa saamgevloei het[4]

Die Romeinse skrywer Ovidius het die verhaal affens anders vertel: Arethusa, ’n pragtige nimf, is eenkeer onkant betrap deur die god terwyl sy in die rivier Alpheios gebad het en hy het haar probeer vang. Die godin Artemis het haar jammer gekry en in ’n put verander.[5][6][7][8]

Alpheios is ook die rivier waarvan Herakles die vloei verander het tydens die vyfde van sy twaalf take om die Augiasstal in ’n enkele dag skoon te maak, ’n taak wat as onmoontlik beskou is.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. Schmitz, Leonhard (1867). "Alpheias". Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology 1. Ed. William Smith. Boston: Little, Brown and Company. 133–134. 
  2. Hesiodus, Theogonie 338
  3. Pindar, Nemean Odes i. 1
  4. Pausanias, Description of Greece v. 7. § 2
  5. Ovidius, Metamorfoses v. 572, &c.
  6. Virgilius, Aeneis iii. 694
  7. Statius, Silvae i. 2, 203
  8. Lucian, Dialogi Marini 3
Gode, helde en ander wesens in die Griekse mitologie
Oergode  AitherChaosChronosErebosGaiaHemeraNyxPontosTartarosUranos
Titane  Eerste geslag:  HyperionIapetosKoiosKriosKronosMnemosyneOkeanosPhoibeRheaTethysTheiaThemis Tweede geslag:  AsteriaAtlasEosEpimetheusHeliosLetoMenoitiosPrometheusSelene
Olimpiese gode  AfroditeApolloAtenaAresArtemisDemeterDionysosHephaistosHeraHermesPoseidonZeus • (Hestia)
Ander gode  AdonisAlpheiosAsklepiosErosHadesHebeHeraklesPanPersephone
Halfgode & helde  AchillesAntiopeDaidalosGanymedesIkarosJasonOedipusPeleusPenelopePerseusSisyphosTantalosTheseus
Ander wesens  AmasonesChtoniese godeEriniërsGiganteGorgoneGrasieëHonderdhandigesMinotourusMusesNimfeSatersSentoureSiklopeSkikgodinne