Europese kabeljou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gadidae
Atlantiese kabeljou, Gadus morhua
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Paracanthopterygii
Orde: Gadiformes
Familie: Gadidae
Genera
Sien teks vir genera en spesies.
Europese kabeljou by die wateroppervlak

Europese kabeljou (Engels: Cod, Frans: Morue) is die gewone naam vir die genus Gadus van die visse, wat behoort aan die familie Gadidae, en ook gebruik word vir 'n aantal ander visse soos Kabeljou. Kabeljou is 'n gewilde kossoort met 'n matige geur, lae vet inhoud en digte wit vlees wat maklik verwerk word en goeie raklewe het. Kabelkjoulewers word verwerk om lewertraan, 'n belangrike bron van Vitamien A, Vitamien D en omega-3 vetsure, te produseer.[1][2]

In die Verenigde Koninkryk is Atlantiese kabeljou een van die algemeenste soorte vis, saam met skelvis en skol wat in vis en tjips gebruik word. Dit is ook gewild in Portugal waar dit as deel van die nasionale kookkuns gesien word.

Spesies in die genus Gadus[wysig]

Atlantiese kabeljou, Gadus morhua in Atlanterhavsparken, Ålesund, Noorweë
Pasifiese kabeljou, Gadus macrocephalus

In die verlede is 'n groot aantal spesies in die genus Gadus geklassifiseer. Meeste daarvan word egter nou in ander genera geklassifiseer of word gesien as vorms van een van drie spesies. Moderne taksonomie erken dan slegs drie spesies in die genus:

Atlantiese kabeljou is gewoonlik grys-groen, maar kan ook en rooi-bruin wees afhangende van die vis se habitat. Die vis se gemiddelde massa is 4,5—11,3 kg, maar voorbeelde van tot 90 kg is al waargeneem. Kabeljou eet weekdiere, krappe, garnale en ander skaaldiere, stervisse, wurms, pylinkvis, en kleiner visse. Sommige migreer in die winter suid om te broei. 'n Groot wyfievis lê tussen twee en elf miljoen eiers in die middel van die see — waarvan slegs 'n klein hoeveelheid oorleef.[3]

Pasifiese kabeljou, wat ook as “Ware Kabeljou” bekendstaan, word noord van Oregon langs die hele weskus van Kanada in die Stille Oseaan aangetref. Dit is soortgelyk aan Atlantiese kabeljou en is bruin tot grys op die rug, ligter op die sye met 'n grys tot wit buiken het die tipiese kenvoeldraad van ander kabeljoue. Die Pasifiese kabeljou is tipies 60 cm lank en weeg tussen 2,5 en 3,6 kg.[4]

Die derde vis wat as 'n soort kabeljou beskou word is Groenlandkabeljou wat voorkom van Port Barrow, Alaska tot by Wes-Groenland; suid langs die Kanadese kus tot by die Miramichi, Golf van Sint. Laurens en Kaap Breton Eiland met 'n afgesonderde bevolking in die Wit See. Groenlandkabeljou leef gewoonlik naby die kus in water minder as 200 m diep en word selde in die diep see ver van die kus aangetref. Visse van 5 tot 6 jaar bereik lengtes van omtrent 50 cm. Groenlandkabeljou word selde ouer as 9 jaar oud en word nie sommer langer as 60 cm nie.[5]

Al hierdie spesie het 'n oorvloed van gewone en kommersiële name wat in in Engels meestal die woord "cod" bevat. Verskillende gewone name is in verskillende plekke of op verskillende tye vir dieselfde spesies gebruik.

Verwante spesies wat kabeljou genoem word[wysig]

Wetenskaplike naam Gewone naam in Engels Gewone naam in Nederlands Gewone naam in Afrikaans
Arctogadus glacialis Arctic cod
Arctogadus borisovi East Siberian cod
Eleginus gracilis Saffron cod Oostelijke nawaga
Boreogadus saida Polar cod Arctische kabeljauw
Lotella rhacina Rock cod
Trisopterus minutus Poor cod Dwergbolk
Melanonus gracilis Pelagic cod
Lepidion microcephalus Small-headed cod of Long-finned cod
Guttigadus globosus Tadpole cod Vorskwabben
Euclichthys polynemus Eucla cod Kabeljauw van Eucla Kabeljou van Eucla

Kabeljou of skelvis, of in Engels die woord Cod, vorm deel van die gewone naam van baie ander vissoorte wat nie meer in die genus Gadus geklassifiseer word nie. Baie van die spesies is lede van die familie Gadidae, en verskeie is vroeër in die genus Gadus geklassifiseer; ander is lede van drie verwante families wat die woord kabeljou bevat: die diepseeskelvisse, Moridae (ongeveer 100 spesies); die wurmpaling, Muraenolepididae (4 spesies); en die kabeljou van Eucla, Euclichthyidae (1 spesie). Die familie Ranicipitidae (Nederlands: vorskwabben, Engels: tadpole cod ) is in Gadidae opgeneem.

Spesies in die orde Gadiformes wat baiekeer in Engels as Cod beskryf word sluit in die Nederlandse name en waar beskikbaar Afrikaans word ook aan gegee in die tabel na regs. In Engels het ander verwante visse gewone name wat van cod afgelei is soos codling, codlet of tomcod. (Codling word ook vir jong kabeljou gebruik.)

Onverwante spesies wat kabeljou genoem word[wysig]

In Suid-Afrika en Namibië verwys kabeljou gewoonlik na:

Ander spesies wat as kabeljou beskryf word sluit in aethaloperca rogaa (Rooibek-kabeljou Engels: Redmouth groper), en argyrosomus hololepidotus.[6][7] 'n Volledige lys "kabeljoue" word in die tabel na regs vertoon.[8]

Gewone naam in Afrikaans Wetenskaplike naam
Aarbei-klipkabeljou Cephalopholis spiloparaea
Balk-klipkabeljou Serranus novemcinctus
Bandiet-klipkabeljou Epinephelus octofasciatus
Bloustreep-klipkabeljou Cephalopholis formosa
Boggel-klipkabeljou Cromileptes altivelis
Bruinbalk-klipkabeljou Cephalopholis boenak
Bruinspikkel-klipkabeljou Epinephelus chlorostigma
Donkervin-klipkabeljou Cephalopholis urodeta
Eenkol-klipkabeljou Epinephelus melanostigma
Geelpensklipkabeljou Epinephelus marginatus
Geelstert-klipkabeljou Epinephelus flavocaeruleus
Gespikkelde-klipkabeljou Epinephelus magniscuttis
Gevlekte klipkabeljou Epinephelus fuscoguttatus
Gladde klipkabeljou Dermatolepis striolata
Goue klipkabeljou Cephalopholis aurantia
Grootkol-klipkabeljou Epinephelus macrospilos
Halfmaan-klipkabeljou Epinephelus rivulatus
Harlekyn-klipkabeljou Cephalopholis polleni
Heuningkoek-klipkabeljou Epinephelus merra
Kabeljou Johnius hololepidotus
Boerkabeljou Argyrosomus japonicus
Kabeljou Argyrosomus inodorus
Benguela kabeljou Argyrosomus coronus
Katgesigklipkabeljou Epinephelus andersoni
Kolstreep-klipkabeljou Epinephelus poecilonotus
Kontoer-klipkabeljou Epinephelus morrhua
Koraalklipkabeljou Cephalopholis miniata
Luiperd-klipkabeljou Cephalopholis leopardus
Luiperdkabeljou Plectropomus pessuliferus
Malabar-klipkabeljou Epinephelus malabaricus
Marmer-luiperdkabeljou Plectropomus punctatus
Maskering-klipkabeljou Epinephelus polyphekadion
Middelwater-klipkabeljou Epinephelus undulosus
Netvin-klipkabeljou Epinephelus miliaris
Oranjekol-klipkabeljou Epinephelus coioides
Pou-klipkabeljou Cephalopholis argus
Rooibalk-klipkabeljou Epinephelus fasciatus
Rooibek-kabeljou Aethaloperca rogaa
Rooipunt-klipkabeljou Epinephelus retouti
Rooirand-klipkabeljou Gracila albomarginata
Seskol-klipkabeljou Cephalopholis sexmaculata
Skeweband-klipkabeljou Epinephelus radiatus
Slank klipkabeljou Anyperodon leucogrammicus
Slym-klipkabeljou Epinephelus tauvina
Snorbaard klipkabeljou Epinephelus chabaudi
Stompstert kob Argyrosomus thorpei
Stompstert-klipkabeljou Epinephelus areolatus
Stompstert-luiperdkabeljou Plectropomus areolatus
Strepiekol-klipkabeljou Epinephelus longispinis
Swartsaal-luiperdkabeljou Plectropomus laevis
Tamatie-klipkabeljou Cephalopholis sonnerati
Tier-klipkabeljou Epinephelus posteli
Viersaal-klipkabeljou Epinephelus spilotoceps
Witkol-klipkabeljou Epinephelus coeruleopunctatus
Witrand-klipkabeljou Epinephelus albomarginatus
Witspikkel-klipkabeljou Epinephelus hexagonatus
Witstrepie-klipkabeljou Epinephelus ongus
Witvlek-klipkabeljou Epinephelus multinotatus
Noorweegse visser met kabeljou

.

Die Engelse woord cod word ook gebruik vir Maccullochella peelii peelii (Murray cod), Maccullochella ikei (Eastern freshwater cod), Maccullochella peelii mariensis (Mary River cod), Maccullochella macquariensis (Trout cod), Oxyeleotris lineolatus (Sleepy cod), Parapercis colias (Blue cod), Nototheniidae familie (cod icefish family), insluitend: Paranotothenia microlepidota (Black cod), Paranotothenia magellanica (Maori cod) en Dissostichus mawsoni (Antarctic cod).

Verder behoort byna alle spesies wat as coral cod, reef cod of rock cod beskryf word aan die orde Perciformes. Twee uitsonderings sluit in Australasiese red rock cod, wat aan die orde Scorpaeniformes behoort en die vis wat in Nieu-Seeland as rock cod of soft cod bekend staan, Lotella rhacina.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]