Krieketwêreldbeker 2007-eindwedstryd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spankapteine met die trofee.
Heldeverwelkoming vir Australië na hul sege.
Mello, die geleentheid se gelukbringer.

Die Krieketwêreldbekereindstryd van 2007 is 'n krieketwedstryd wat in 2007 deur Australië en Sri Lanka in die Wes-Indiese Eilande gespeel is, en deur Australië met 53 lopies gewen is. Australië se eindtelling was 281/4, en Sri Lanka s'n was 215/8.

Teen die einde van die wedstryd het grootskaalse chaos geheers: dit het te lank aangehou en is aanvanklik verkort na 38 boulbeurte per span, en later tot 36 boulbeurte vir Sri Lanka. Swak lig het veroorsaak dat spel gestaak is met Sri Lanka se instemming, ten spyte van die feit dat hulle nog drie paaltjies en 18 balle oorgehad het.

Kritiek is gelewer op die skeidsregters se besluit om spel te staak as gevolg van swak lig. Amptelike kennisgewings en die puntebord het almal aangedui dat Australië reeds gewen het, en die Australiese span het gevolglik reeds hul oorwinning gevier. Die skeidsregters het egter volgehou dat die spel gewoon gestaak is, en nie voltooi is nie. Hulle het aangevoer dat daar nog drie boulbeurte gespeel moes word. Gevolglik het Sri Lanka in slegte lig nog drie boulbeurte gekolf.

Die skeidsregters en die IKR het om verskoning gevra vir die onnodige situasie. In Junie het die IKR besluit om die betrokke skeidsregters van deelname aan die 2007 Twintig20 Wêreldkampioenskap te skors. Hierdie skeidsregters is Steve Bucknor en Aleem Dar, reserweskeidsregters Rudi Koertzen en Billy Bowden, en die wedstrydskeidsregter Jeff Crowe.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: