Parys, Vrystaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Parys
Ligging van Parys op 'n kaart (Vrystaat)
Parys
Parys
Koördinate: 26°54′0″S 27°27′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distriksmunisipaliteit Fezile Dabi
Plaaslike Munisipaliteit Ngwathe
Bevolking
 - Stad 43 791
Tydsone SAST (UTC+2)
Vernoem na Die Franse hoofstad, Parys

Parys is 'n dorp aan die oewer van die Vaalrivier, in die Vrystaat-provinsie van die Republiek van Suid-Afrika, sowat 120 kilometer suid van Johannesburg, met sowat 44 000 inwoners. Die meerderheid van die bevolking praat Sotho, en 'n minderheid, hoofsaaklik in die dorpsentrum, praat Afrikaans.

Geskiedenis[wysig]

In 1873 het die Kroonstadse NG kerk besluit om 'n nuwe gemeente noord van die Renosterrivier te stig. Daar is op die plaas Klipspruit besluit. Die plaas het 'n baie mooi uitsig oor die Vaalrivier gehad. In 1880 is die inwoners se eerste petisie dat Parys 'n dorp moet word, van die hand gewys. Proklamasie het wel in 1882 gevolg. Munisipale status is in 1887 verwerf.
Die naam is 'n Afrikaanse vertaling van die Franse hoofstad "Paris". Die naam is deur 'n Duitse opmeter gekies, wat tydens die Frans-Pruisiese Oorlog aan die beleg van Parys deelgeneem het. Blykbaar het die plek se ligging aan die oewer van die Vaalrivier hom herinner aan Parys en die Seine.

Parys is 'n gewilde bestemming vir binnelandse toerisme, en veral baie mense uit Gauteng doen naweke daar aan. Die dorp het uitstekende watersportgeriewe en 'n buitengewone geografiese ligging in die episentrum van die wêreld se grootste meteorietkrater, die Vredefortkoepel, wat sowat 2 000 miljoen jaar gelede ontstaan het.

Vandag is Parys 'n deel van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit met sowat 120 000 inwoners (2001).

Crater Cruise Bergfietswedren[wysig]

Die Crater Cruise is 'n jaarlikse bergfiets wedren wat in Parys begin en eindig. Gewoonlik reël die gemeenskap ander sport byeenkomste saam met die byeenkoms bv. 21 km hardloop wedren.

Distrik[wysig]

Die distrik is 929 km2 groot. Terwyl tabak en mielies van die belangrikste bedrywighede in die distrik is, is gewasse soos sonneblomsaad, sorghum, grondbone en sagte vrugte ook belangrik. Daar is verskeie vervaardigingsbedrywighede op Parys.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Eksterne skakels[wysig]