Phalaborwa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Phalaborwa
Phalaborwa.jpg
Ligging van Phalaborwa op 'n kaart (Limpopo)
Phalaborwa
Phalaborwa
 Phalaborwa se ligging in Limpopo
Koördinate: 23°56′S 31°7′O Koördinate: 23°56′S 31°7′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distrik Mopani
Munisipaliteit Ba-Phalaborwa
Stigting 1957
Regering
 - Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak[1]
 - Dorp 193,33 km²  (74,6 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 13 108
 - Digtheid 68/km² (176,1/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 39.8%
 • Kleurling 1.9%
 • Indiër/Asiër 1.5%
 • Blank 56.4%
 • Ander 0.4%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 51.0%
 • Tsonga 11.1%
 • Engels 15.1%
 • Noord-Sotho 10.8%
 • Ander 12.0%
Poskode (straat) 1389
Poskode (posbus) 1390
Skakelkode(s) 015
Webwerf: Phalaborwa trade and tourism

Phalaborwa is 'n dorp in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit lê digby die Krugerwildtuin aan die oostekant van die provinsie, ongeveer 150 km oos van Polokwane (Pietersburg), die hoofstad van die provinsie.

Vroeëre geskiedenis[wysig]

Die dorp is bo-op 'n groot vulkaniese pyp wat ongeveer 2 000 miljoen jaar gelede tydens 'n vulkaniese uitbarsting gevorm is. Die Mmakao-stam het hierdie pyp ontdek en dit ook vroeër ontgin. Hulle het later suidwaarts weggetrek, maar het toe weer teruggekeer en so het die plek die naam Phalaborwa gekry, want dit beteken "beter as suid". Die Mmakao-stam staan van toe af ook bekend as die Ba-Phalaborwa.

Mynbou[wysig]

Die eerste kommersiële myn, die Guide Kopermyn, is in 1904 in bedryf gestel maar vervoerprobleme het die myn tot stilstand gedwing. In 1938 is 'n vermikulietmyn begin maar die groot sprong is gemaak in 1951 toe Foskor (die Fosfaat-Ontwikkelingskorporasie) gestig is om fosfaat daar te ontgin vir die vervaardiging van kunsmis. Die plaas Laaste is gekoop as dorpsgebied vir die mynwerkers. Die dorp is in 1957 gestig, wat dit een van die jongste dorpe in Suid-Afrika maak.

Die myne van Phalaborwa ontgin minerale soos fosfaat, koper, vermikuliet en yster uit die erts wat in die vulkaniese pyp voorkom. Die oppervlakte van hierdie pyp beslaan 20 km². Daar is 'n reusagtige oopgroefmyn met 'n oppervlakte van 1.5 km by 2.5 km wat so diep is dat die hoogste kantoorgebou van Johannesburg nie bo sou uitsteek as dit onder in die oopgroefmyn gestaan het nie.

Ekotoerisme[wysig]

Toerisme en wildlewe speel 'n dominante rol in die lewe van dié dorp. Dit is die enigste dorp in Suid-Afrika wat grens aan die Kruger Nasionale Park en die Mosambiekse grens is net twee ure se ry weg. Phalaborwa lê op die oomblik soos 'n eilandtjie omring deur talle wildreservate en natuurbewaringsgebiede. Die Phalaborwahek van die Krugerwildtuin is slegs 2 km na die oostekant van die dorp, en vele ander privaatreservate is noord, wes en suid hiervan geleë. Verskeie vulstasies, groot supermarkte en restaurante in die dorp maak dit moontlik vir 'n koel lafenis vir die keel asook puik etes voordat die pad na die Krugerwildtuin aangepak word.

Die Hans Merensky Gholflandgoed is op die rand van die dorp uitgelê. Nabygeleë natuurskoon aantreklikhede is Blyderivier Canyon, die Drie rondawels, God's Window en Bourke Luck se kolkgate; die Tzaneen vrugteplase en Hoedspruit se wildplase kan binne 'n dagreis besoek word.

Omgewing[wysig]

Die dorp is bekend vir sy warm winters, slegs 5°C laer as die gemiddelde somertemperatuur van 31°C.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Phalaborwa”. Sensus 2011.