Rotorua Internasionale Stadion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rotorua Internasionale Stadion
Die Hangi-put
Ligging Rotorua, Nieu-Seeland
Koördinate 38°9′21″S 176°13′27″O
Gebou 1911
Eienaar
Oppervlak Gras
Tuisveld van
Bay of Plenty Rugby Union
Rotorua United
Kapasiteit
Rugby: 34 000
Konserte: 30 000

Die Rotorua Internasionale Stadion is 'n veeldoelige stadion in Rotorua, Nieu-Seeland. Die stadion is teenaan Devon Street West in die voorstad Westbrook geleë.

Die stadion het 'n kapasiteit van 34 000 toeskouers.[1] Dit is oorspronklik in 1911 gebou, en is sedertdien verskeie kere opgegradeer. Die stadion het 'n bedekte paviljoen wat tot 4000 mense sitplek kan bied, asook 'n konkreet sitarea aan die westelike kant van die veld.

Die stadion word hoofsaaklik vir rugbywedstryde ingespan en is een van die twee tuisvelde van die Bay of Plenty-span (rugbyunie). Verskeie wedstryde word ook gedurende die Rugbywêreldbeker 2011 hier gespeel.

Sagtebalbane is aan die noordekant van die stadion geleë.

Verwysings[wysig]

  1. Rotorua International Stadium”. eventvenues.co.nz. URL besoek op 2008-08-24.

Eksterne skakels[wysig]