Westpacstadion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Westpacstadion
Wellingtonstadion
Die Koekblik, Die Stadion
Westpac Trust stadium viewed from Wadestown.jpg
Vorige naam(e) WestpacTrust Stadion
Ligging Wellington, Nieu-Seeland
Koördinate 41°16′23″S 174°47′9″O
Eerste sooi gespit 12 Maart 1998
Geopen 3 Januarie 2000
Eienaar Wellington Regional Stadium Trust
Operateur Wellington Regional Stadium Trust
Oppervlak Gras
Boukoste $130 miljoen NZD
Argitek Architecture Warren & Mahoney Ltd
Populous (toe Bligh Lobb Sports Architecture)
Projekbestuurder Beca Carter Hollings & Ferner Ltd
Projekbestuurder Beca Carter Hollings & Ferner Ltd
Hoofkontrakteurs Fletcher Construction Ltd
Tuisveld van Hurricanes (Superrugby) (2000 tot huidig)
Wellington Leeus (ITM-beker)
Wellington Firebirds (krieket)
Wellington Phoenix (sokker)
Universiteit van Otago[1]
Kapasiteit
36,000[2]
Dimensies
Lengte: (noord na suid) 235 m
Breedte: (oos na wes) 185 m

Die Westpacstadion (vroeër bekend as die WespacTrust Stadion) is 'n sportstadion in Wellington, Nieu-Seeland. Weens die stadion se vorm en silwerkleurige omhulsel staan die stadion in volksmond bekend as Die Koekblik.

Geriewe en benutting[wysig]

Die stadion is 'n veeldoelige stadion wat hoofsaaklik vir sportgebeurtenisse aangewend word. Dit is die tuiste van die Wellington Leeus-rugbyspan wat aan die ITM-beker deelneem. Dit is ook die primêre tuisveld van die Hurricanes wat aan die Super 15 deelneem. Verder is die stadion ook die gasheer vir die Wellingtonse toernooi in die jaarlikse IRR Sewes Wêreldreeks vir nasionale Rugby Sewesspanne. Die All Blacks speel ook gereeld van hulle internasionale wedstryde in die Westpacstadion.

Die Westpacstadion is ook die tuisveld van die Wellington Phoenix Voetbalklub met die ondersteuners van die Phoenix wat na die stadion as die Ring of Fire verwys. Die Nieu-Seelandse nasionale sokkerspan (die All Whites) speel ook dikwels hier in internasionale wedstryde waaronder die kwalifiserende wedstryd teen Bahrein vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 een was.

Die stadion is ook al gebruik vir "rugbyleague"wedstryde. Vertoonwedstryde tussen spanne van die Australiese Voetballiga is in 2000 en 2001 in die Westpacstadion gespeel.

Krieket word dikwels gedurende die somer in die stadion gespeel. Ander fasiliteite sluit in die Nieu-Seelandse Instituut vir Sport asook 'n kampus vir die Wellingtonse Krieketskool wat deur die Wellingtonse Krieketvereniging beheer word.

Gallery[wysig]

Panorama van die Westpacstadion

Verwysings[wysig]