Kgalema Motlanthe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kgalema Motlanthe
Kgalema Motlanthe

Ampstermyn
25 September 2008 – 9 Mei 2009
Vise Baleka Mbete
Voorafgegaan deur Thabo Mbeki
Opgevolg deur Jacob Zuma

Ampstermyn
9 Mei 2009 – 26 Mei 2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Baleka Mbete
Opgevolg deur Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident van die African National Congress
Ampstermyn
18 Desember 2007 – 18 Desember 2012
Voorafgegaan deur Jacob Zuma
Opgevolg deur Cyril Ramaphosa

Generaal-sekretaris van die African National Congress
Ampstermyn
1997 – 2007
Voorafgegaan deur Cyril Ramaphosa
Opgevolg deur Gwede Mantashe

Persoonlike besonderhede
Geboorte 19 Julie 1949 (1949-07-19) (65 jaar oud)
Boksburg, Transvaal, Unie van Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Eggenoot/eggenote Mapula Motlanthe (1976–2010)
Gugu Mtshali (2014–hede)
Kind(ers) Kagiso
Kgomotso
Religie Anglikanisme

Petrus Kgalema Motlanthe (gebore 19 Julie 1949) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, voormalige President en Adjunkpresident van Suid-Afrika, voormalige vakbondleier, lid van die Parlement en Adjunkpresident van die regerende African National Congress (ANC). Op 23 September 2008, ná die bedanking van President Thabo Mbeki, het die ANC bevestig dat Motlanthe hul voorkeurkandidaat is om Mbeki as president te vervang tot met die 2009 verkiesing.[1] Op 25 September 2008 is hy volgens die Grondwet van Suid-Afrika deur die Parlement verkies tot President van Suid-Afrika en deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp.[2][3][4]

Vroeë lewe[wysig]

Motlanthe is op 19 Julie 1949 in Alexandra, Johannesburg gebore, die seun van 'n mynwerker[5] en die jongste van 13 kinders.[6] Hy het in Alexandra sowel as Meadowlands, Soweto groot geword.[2]

Politieke loopbaan[wysig]

In sy jeug is Motlanthe beïnvloed deur die denke van die swartbewussynsbeweging.[7]

In die 1970's, terwyl hy vir die Johannesburgse Stadsraad gewerk het, het hy by die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, aangesluit waar hy deel was van 'n eenheid wat nuwe lede moes werf. Die eenheid het later opdrag ontvang om op sabotasie te fokus. Motlanthe en Stan Nkosi was verantwoordelik vir implementering van dié funksie in Suid-Afrika. Die eenheid was ook verantwoordelik vir die smokkel van MK soldate in en uit die Republiek deur Swaziland.[8]

Op 14 April 1976 is Motlanthe en Nkosi in hegtenis geneem en vir elf maande in John Vorster Square in Johannesburg aangehou. In 1977 is hy skuldig bevind op drie aanklagte van terrorisme en tot tien jaar gevangenis straf gevonnis wat hy tussen 1977 en 1987 op Robbeneiland uitgedien het.[8][9]

Na sy vrylating in 1987 het Motlanthe vir die National Union of Mineworkers (NUM) gewerk waar hy in bevel van opvoeding was. Ná die ontbanning van die ANC in 1990 het Motlanthe Voorsitter van die ANC in die PWV streek geword. In 1992 is hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die NUM, en in 1997 is hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die ANC om Cyril Ramaphosa te vervang.[2][5]

Op die ANC se 52ste Nasionale Kongres in Polokwane in Desember 2007 is Motlanthe verkies tot Adjunk-President van die ANC. In Julie 2008 is hy aangestel as Minister in Die Presidensie van die Republiek van Suid-Afrika. Op 25 September 2008 is hy deur die Parlement verkies tot President van Suid-Afrika. Motlanthe het 269 stemme verwerf teenoor Joe Seremane van die Demokratiese Aliansie wat 50 stemme behaal het. 41 bedowe stembriewe is uitgebring.[10] Hy is dieselfde dag deur hoofregter Pius Langa ingesweer tot die amp.[2]

Hy is getroud en het twee dogters en 'n seun.[11]

Verwysings[wysig]

  1. "Motlanthe will be president - ANC", News24, 2008-09-23.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 south africa, The Good News, Halala President Kgalema Motlanthe!, besoek op 26 September 2008
  3. ANC chooses Mbeki replacement”. inthenews.co.uk: 2008-09-22.
  4. South Africa names new president”. abc.net.au: 2008-09-22.
  5. 5,0 5,1 Calland, Richard (2006). Anatomy of South Africa: Who holds the Power?. Zebra. ISBN 1868729036. 
  6. iafrica.com, Who is Kgalema Motlanthe?, Besoek op 26 September 2008
  7. Beeld, Motlanthe: die minder verdelende opsie vir leierskap, besoek op 26 September 2008
  8. 8,0 8,1 SouthAfrica.info, Kgalema Motlanthe elected President, besoek op 26 September 2008
  9. Buntman, Fran Lisa (2003). Robben Island and Prisoner Resistance to Apartheid. Cambridge University Press, 306. ISBN 0521007828. 
  10. [1], South Africa: Kgalema Motlanthe, Country's New President, besoek op 26 September 2008
  11. Forde, Fiona, "For now 'Mkhuluwa' is our man", The Star, 2008-07-23.

Eksterne skakels[wysig]

Voorafgegaan deur:
Thabo Mbeki
President van Suid-Afrika
2008 – 2009
Opgevolg deur:
Jacob Zuma
Voorafgegaan deur:
Baleka Mbete
Adjunkpresident van Suid-Afrika
2009 – 2014
Opgevolg deur:
Cyril Ramaphosa
Presidente van Suid-Afrika
 1961-1994  seremonieel: Charles Robberts Swart | Jozua François Naudé (waarnemend) | Jacobus Johannes Fouché | Nicolaas Johannes Diederichs | Marais Viljoen (waarnemend) | John Vorster | Marais Viljoen | uitvoerend: Pieter Willem Botha | Frederik Willem de Klerk
Flag of South Africa 1928-1994.svg
 1994–  Nelson Mandela | Thabo Mbeki | Kgalema Motlanthe | Jacob Zuma
Flag of South Africa.svg