Vlag van Panama

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Panama
Vlag van  Panama
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 3:5
Goedgekeur 20 Desember 1903 en 28 Maart 1941[1]
Ontwerp Die skildhoek is wit met ’n blou ster, daaronder is ’n blou reghoek, bo in die wapperkant is ’n rooi reghoek en daaronder ’n wit reghoek met ’n rooi ster.
Ontwerp deur María de la Ossa de Amador

Die nasionale vlag van Panama is op 28 Maart 1903 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vier kwadrante met die skildhoek in wit met ’n vyfpuntige blou ster daarin. Daaronder is ’n blou reghoek (so groot soos die skildhoek). Onder aan die wapperkant is ’n wit reghoek (so groot soos die skildhoek) met ’n vyfpuntige rooi ster en daarbo is ’n rooi reghoek (so groot soos die skildhoek).

Simboliek[wysig]

Die kleure van die Panamese vlag is waarskynlik gebaseer op die kleure van die belangrikste partye ten tyde van onafhanklikheidwording. Blou was die kleur van die konserwatiewes en rooi die kleur van die liberales.

’n Ander verklaring stel dit dat die blou vir suiwerheid en eerlikheid staan en die rooi vir die gesag van die wet. Die wit stel vrede voor. Die vlag toon ook ’n mate van ooreenkoms met die Amerikaanse vlag. Dit is omdat Amerika hulp aan Panama verleen het in die stryd om onafhanklikheid.

Ander vlae[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

  • (en) Panama by Flags of the World.

Verwysings[wysig]

  1. (en) Flags of the World (2006): Panama, URL besoek op 8 Junie 2010.
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Vlae van Panama (kategorie)