Vlag van die Verenigde State

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van die Verenigde State van Amerika
Vlag van die Verenigde State van Amerika
Bynaam The Stars and Stripes
Red, White and Blue
Old Glory[1],
The Star-Spangled Banner
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 10:19
Goedgekeur 14 Julie 1777 (oorspronklike 13-ster weergawe)
4 Julie 1960 (huidige weergawe)
Ontwerp Dertien horisontale rooi en wit bane met ’n blou reghoek met 50 sterre in die skildhoek.
Wisselvormvlag van die Verenigde State van Amerika
Gebruik Oorlogsvlag Oorlogsvlag
Verhouding 1:2

Die nasionale vlag van die Verenigde State is op 4 Julie 1960 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon dertien horisontale bane in rooi en wit afwisselend met ’n blou reghoek in die skildhoek waarop daar 50 vyfpuntige wit sterre is.

Simboliek[wysig]

’n Wapperende Amerikaanse vlag in New York Stad

Een van die mees gebruikte Amerikaanse simbole is die Amerikaanse vlag. Vir baie inwoners van die Verenigde State verteenwoordig die vlag alle vryhede en regte wat in die Grondwet van die Verenigde State (die sg. handves van Regte ((en) Bill of Rights) vervat word en bied dit ook veral individuele vryhede soos uiteengesit in die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring.

Oor die simboliek van die ontwerp het die Amerikaanse Kongres in 1977 ’n boek die lig laat sien met die volgende omskrywing daarin: "Die ster is ’n simbool van die hemelse en Goddelike doel waarop die mens hom sedert onherinnerbare tye gerig het; die streep is simbolies vir die ligstrale van die son."[2] George Washington het blykbaar gesê: "Ons het die sterre uit die hemel gekry, die rooi van ons moederland, geskei deur wit bane sodat ons kan sien dat ons van haar afgeskei het, en die wit bane sal in die toekoms ingaan en Vryheid verteenwoordig."

Vir baie mense staan die rooi en wit respektiewelik vir die bloed van diegene wat hul lewens neergelê het vir die ideaal en gawe van vryheid.

Ou en beskadigde vlae word verbrand in ’n eenvoudige seremonie. Die vlae word tydens betogings teen die Verenigde State ook dikwels met opset verbrand. Sommige groepe in die VSA stel dan ook voor om die verbranding van die vlag weens politieke redes strafbaar te maak

Die vyftig sterre op die vlag verteenwoordig die 50 Amerikaanse deelstate en die dertien bane verteenwoordig die oorspronklike dertien kolonies wat teen die Britse Monargie gerebeleer het en sodoende die eerste dertien state van die Unie geword het.[3]

Eed van getrouheid[wysig]

Deur die Eed van Getrouheid word ’n ewige trou aan die vlag gesweer. Hiermee saam is die vlag ’n simbool van nasionalisme, patriotisme en militarisme. Sedert die laaste aanpassing op 14 Junie 1954 lui die teks soos volg:

I pledge allegiance to the Flag of the United States of America, and to the Republic for which it stands: one Nation under God, indivisible, with Liberty and Justice for all.
(Ek sweer trou aan die Vlag van die Verenigde State van Amerika, en aan die Republiek wat dit verteenwoordig: één Nasie onder God, ondeelbaar, met Vryheid en Regtverdigheid vir iedereen.)

—Francis Bellamy, [4]

Ontwerp[wysig]

Opvou van die Amerikaanse vlag

Die basiese ontwerp van die huidige vlag word gespesifiseer deur die Vierde Titel van die Kode van die Verenigde State; daar word ook bepaal hoe nuwe sterre vir nuwe state verteenwoordig moet word.[5] Die uiteensetting gee die volgende waardes:

  • Wydte van die vlag: A = 1.0
  • Lengte van die vlag: B = 1.9[6]
  • Wydte van die blou reghoek: C = 0.5385 (A × 7/13, gelyk aan sewe bane)
  • Lengte van die blou reghoek: D = 0.76 (B × 2/5, twee vyfdes van die lengte van die vlag)
  • E = F = 0.0538 (C/10, Een tiende van die wydte van die blou reghoek)
  • G = H = 0.0633 (D/12, Een twaalfde van die lengte van die blou reghoek)
  • Deursnee van ster: K = 0.0616
  • Wydte van ’n baan: L = 0.0769 (A/13, Een dertiende van die wydte van die vlag)

Hierdie spesifikasies word vervat in ’n Uitvoerende Bevel wat tegnies die enigste vlae wat vir die federale regering van die Verenigde State gemaak word reguleer.

Konstruksietekening

Geskiedenis[wysig]

Die vlag is 26 keer verander sedert die unie van dertien state die vlag aangeneem het. Die huidige weergawe is sedert 4 Julie 2007 die Amerikaanse vlag wat die langste in gebruik is. Voorheen was dit die vlag met 48 sterre (dit was vir 47 jaar die vlag van die VSA).

Grand Union-vlag[wysig]

Ten tyde van die ondertekening van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring op 4 Julie 1776 het die VSA geen amptelike vlag gehad nie. Daar is verskeie kere na die Grand Union-vlag verwys as die Eerste Nasionale vlag; alhoewel dit nooit enige amptelike status gehad het nie, is dit gebruik tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog[7] deur George Washington en het dit ook die basis gevorm vir die ontwerp van die eerste amptelike Amerikaanse vlag. Die vlag herinner baie aan die vlag van die Brits Oos-Indiese Kompanjie van dieselfde era wat sedert 1707 gebruik is; sir Charles Fawcett het in 1937 gemeen dat die vlag van die Kompanjie as inspirasie vir die vlag van die VSA gedien het,[8] daarmee saam het Buckminster Fuller dit ook in sy boek Critical Path genoem. Die vlag van die Kompanjie kon egter enigiets tussen nege en dertien bane gehad het en dit mog nie buite die Indiese Oseaan gewapper word nie.[9] Beide vlae kon maklik vervaardig word deur horisontane bane by die Rooi Britse Vaandel te voeg.

’n Ander teorie meen dat die rooi en wit gestreepte—en later, starre-en-strepe—motief van die vlag gebaseer kon gewees het op die wapenskild van George Washington (’n wit skild met twee rooi bane onder drie rooi sterre).[10]

Historiese progressie van die vlag[wysig]

In die onderstaande tabel van die 28 variasies van die ontwerpe van die vlag van die Verenigde State is die sterpatrone vir die vlae slegs die gewone patrone wat dikwels met die Vloot van die Verenigde State verbind word. Die ontwerp van die skildhoek het, voor die proklamasie van die 48-ster vlag, geen amptelike rangskikking gehad nie. Die presiese kleure van die vlag is ook nie gestandaardiseer tot 1934 nie.[11]

Hoev.
Sterre
Hoev.
Strepe
Ontwerp(e) State Verteenwoordig
deur Nuwe Sterre
Datums in gebruik Durasie
0 13 Grand Union Flag.svg NVT 3 Desember 1775[12]  – 14 Junie 1777 1½ jaar
(18 maande)
13 13 US flag 13 stars.svg Bennington Flag.svg US flag 13 stars – Betsy Ross.svg Cowpens Flag.svg Delaware, Pennsylvania, New Jersey,
Georgia, Connecticut, Massachusetts,
Maryland, Suid-Carolina, New Hampshire,
Virginië, New York, Noord-Carolina,
Rhode Island
14 Junie 1777  – 1 Mei 1795 18 jaar
(215 maande)
15 15 US flag 15 stars.svg Vermont, Kentucky 1 Mei 1795  – 3 Julie 1818 23 jaar
(278 maande)
20 13 US flag 20 stars.svg US 20 Star GreatStar Flag.svg Indiana, Louisiana, Mississippi,
Ohio, Tennessee
4 Julie 1818  – 3 Julie 1819 1 jaar
(12 maande)
21 13 US flag 21 stars.svg Illinois 4 Julie 1819  – 3 Julie 1820 1 jaar
(12 maande)
23 13 US flag 23 stars.svg Alabama, Maine 4 Julie 1820  – 3 Julie 1822 2 jaar
(24 maande)
24 13 US flag 24 stars.svg Missouri 4 Julie 1822  – 3 Julie 1836
1831 ontstaan die term "Old Glory"
14 jaar
(168 maande)
25 13 US flag 25 stars.svg Arkansas 4 Julie 1836  – 3 Julie 1837 1 jaar
(12 maande)
26 13 US flag 26 stars.svg US 26 Star GreatStar Flag.svg Michigan 4 Julie 1837  – 3 Julie 1845 8 jaar
(96 maande)
27 13 US flag 27 stars.svg Florida 4 Julie 1845  – 3 Julie 1846 1 jaar
(12 maande)
28 13 US flag 28 stars.svg Texas 4 Julie 1846  – 3 Julie 1847 1 jaar
(12 maande)
29 13 US flag 29 stars.svg US 29 Star Diamond Pattern Flag.svg Iowa 4 Julie 1847  – 3 Julie 1848 1 jaar
(12 maande)
30 13 US flag 30 stars.svg Wisconsin 4 Julie 1848  – 3 Julie 1851 3 jaar
(36 maande)
31 13 US flag 31 stars.svg California 4 Julie 1851  – 3 Julie 1858 7 jaar
(84 maande)
32 13 US flag 32 stars.svg Minnesota 4 Julie 1858  – 3 Julie 1859 1 jaar
(12 maande)
33 13 US flag 33 stars.svg US 33 Star Fort Sumter Flag.svg US 33 Star GreatStar Flag.svg US 33 Star Flag 2.png Oregon 4 Julie 1859  – 3 Julie 1861 2 jaar
(24 maande)
34 13 US flag 34 stars.svg Kansas 4 Julie 1861  – 3 Julie 1863 2 jaar
(24 maande)
35 13 US flag 35 stars.svg Wes-Virginië 4 Julie 1863  – 3 Julie 1865 2 jaar
(24 maande)
36 13 US flag 36 stars.svg US 36 Star Wagon Wheel Flag.svg Nevada 4 Julie 1865  – 3 Julie 1867 2 jaar
(24 maande)
37 13 US flag 37 stars.svg US 37 Star Medallion Centennial Flag.svg Nebraska 4 Julie 1867 – 3 Julie 1877 10 jaar
(120 maande)
38 13 US flag 38 stars.svg US 38 Star Flag concentric circles.svg Colorado 4 Julie 1877  – 3 Julie 1890 13 jaar
(156 maande)
43 13 US flag 43 stars.svg Idaho, Montana, Noord-Dakota,
Suid-Dakota, Washington
4 Julie 1890  – 3 Julie 1891 1 jaar
(12 maande)
44 13 US flag 44 stars.svg Wyoming 4 Julie 1891  – 3 Julie 1896 5 jaar
(60 maande)
45 13 US flag 45 stars.svg Utah 4 Julie 1896  – 3 Julie 1908 12 jaar
(144 maande)
46 13 US flag 46 stars.svg Oklahoma 4 Julie 1908  – 3 Julie 1912 4 jaar
(48 maande)
48 13 US flag 48 stars.svg Arizona, Nieu-Mexiko 4 Julie 1912  – 3 Julie 1959 47 jaar
(564 maande)
49 13 US flag 49 stars.svg Alaska 4 Julie 1959  – 3 Julie 1960 1 jaar
(12 maande)
50 13 Flag of the United States.svg Hawaii 4 Julie 1960  – huidig 50
(600 maande)

Toekoms van die vlag[wysig]

Die Heraldiese Instituut van die Weermag van die Verenigde State het ontwerpe van vlae met soveel as 56 sterre voorberei (met ’n soortgelyke rangskikking) vir ingeval nuwe state toegevoeg word. Daar is politieke bewegings wat die insluiting van Puerto Rico (deur die Nuwe Progressiewe Party van Puerto Rico) en die Distrik van Colombia asook ander areas voorstaan.

Ander vlae[wysig]

Regeringsvlae[wysig]

Soortgelyke vlae[wysig]

  • Die vlag van Bikini-atol is simbolies van die eilandbewoners se oortuiging dat die VSA baie verskuldig is aan die mense van Bikini omdat die Amerikaanse regering in 1954 ’n termokernbom as deel van die Castle Bravo toets laat ontplof het.
  • Die vlag van Liberië herinner baie aan die vlag van die VSA (dit dui daarop dat Liberië ’n slawekolonie van die VSA was). Die Liberiese vlag het elf soortgelyke rooi en wit bane wat die elf ondertekenaars van die onafhanklikheid voorstel. Daar is ook ’n blou vierkant in die skildhoek met een groot ster, wat die unie voorstel.
  • Die vlag van Maleisië herinner ook baie aan die vlag VSA met rooi en wit bane (14 in totaal) en ’n blou skildhoek waarin die star en sekelmaan vertoon word. Dit kan egter so wees weens die groot invloed van die Britse Oos-Indiese Kompanjie eerder as die vlag van die Verenigde State. Die vlag van die Federasie van Maleisië (wat ’n voorloper is van die hedendaagse Maleisië) lyk ook naastenby dieselfde.
  • Die vlag van Togo lyk soos die Liberiese vlag met 5 bane (die kleure is egter die Pan-Afrika kleure).
  • Die Oggendstervlag van die voormalige Nederlands Nieu-Guinee is doelbewus soortgelyk aan die vlag van die Verenigde State.
  • Die baie kortstondige eerste vlag van die Republiek van die Verenigde State van Brasilië lyk soos die vlag van die VSA, maar gebruik Brasilië se tradisionele kleure van groen, geel en blou in plaas van die rooi, wit en blou van die vlag van die VSA. Dit is ontwerp om die 1776 en die Amerikaners van daardie tyd te eer.
  • Die vlag van El Salvador wat tussen 1865 en 1912 gebruik is herinner ook aan die vlag van die VSA waar die bane blou en wit is met ’n rooi skildhoek wat ’n wit ster bevat.


Verwysings[wysig]

  1. Term uitgedink deur kaptein William Driver, 'n negentiende eeuse skeepsmeester.
  2. (en) Wat beteken die kleure van die vlag?, USFlag.org: ’n Webblad wat gewy is tot die Vlag van die Verenigde State van Amerika. URL besoek op 14 Junie 2005.
  3. Die state word gesamentlik verteenwoordig; daar is geen besondere betekenis aan die elke afsonderlike ster of baan nie.
  4. (en) Title 4, Chapter 1, Section 4, US Code
  5. (en) §1
  6. Let op dat die vlagverhouding (B/A in die diagram) nie absoluut vasgestel is nie. Alhoewel die diagram in Uitvoerende Bevel 10834 ’n verhouding van 1.9 gee, word ’n lys van vlae vroeër in die bevel gegee vir van goedgekeurde groottes vir agentskappe. In hierdie lys is elf vlae waarvan agt min of meer voldoen aan die gegewe verhouding maar die res redelik baie verskil
  7. (en) Grand Union Flag
  8. (en) Die gestreepte vlag van die Oos-Indiese Kompanjie en die verbinding met die Amerikaanse "Stars and Stripes" by Flags of the World
  9. (en) Oos-Indiese Kompanjie (Verenigde Koninkryk)
  10. ’n dokumentêr van die BBC in 2002 waarin die dorpe Selby en Selby Abbey verskyn noem dat die wapenskild wat vertoon is as inspirasie vir die vlag van die VSA gedien het.
  11. (Vir alternatiewe weergawes van die vlag van die Verenigde State, sien die Sterre van die V.S. vlag-bladsy by Flags of the World.)
  12. (en) Leepson, Marc. (2005). Flag: An American Biography. New York: St. Martin’s Press.

Bronne[wysig]

  • (en) David D. Crouthers. Flags of American History. Hammond, 1978.
  • (en) William Rea Furlong, Byron McCandless, and Harold D. Langley. So Proudly We Hail: The History of the United States Flag. Smithsonian Institution Press, 1981.
  • (en) Boleslaw Mastai and Marie-Louise D’Otrange Mastai. The Stars and the Stripes: The American Flag as Art and as History from the Birth of the Republic to the Present. Knopf, 1973.
  • (en) Arnaldo Testi. Capture the Flag: The Stars and Stripes in American History (New York University Press; 2010) 192 pages. A European perspective on the symbolism and political, social, and cultural significance of the flag.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.