Alan Shepard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Alan Shepard
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Alan Shepard in die Mercury-ruimtepak in 1961

Geboortenaam Alan Bartlett Shepard Jr.
Gebore (1923-11-18)18 November 1923
Derry, New Hampshire
Oorlede 21 Julie 1998 (op 74)
Pebble Beach, Kalifornië
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Ouers Alan B. Shepard Sr.
Pauline Renza Shepard (née Emerson)
Beroep Ruimtevaarder
Ander poste, ampte Vlootvlieënier, toetsvlieënier
Bekend vir Eerste Amerikaner in die ruimte

Alan Bartlett Shepard Jr. (18 November 1923 – 21 Julie 1998) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder, vloot- en toetsvlieënier en sakeman. Hy het afgetree as 'n adjunkadmiraal. Hy het aan die United States Naval Academy te Annapolis gegradueer en in die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen. Hy het 'n vlootvlieënier geword in 1946 en toetsvlieënier in 1950.

Hy was een van die Mercury-sewe, sewe ruimtemanne wat aanvanklik aangewys is deur NASA in 1959 vir die Mercury-program. Op 5 Mei 1961 voltooi hy die eerste bemande Mercury-ruimtevlug, MR-3, in 'n ruimtetuig wat hy Freedom 7 genoem het. Sodoende word hy die tweede persoon ná Joeri Gagarin en die eerste Amerikaner in die ruimte. Hy was ook later die bevelvoerder van Apollo 14, en word slegs die vyfde mens om op die maan te loop in Februarie 1971.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]