Arena Manawatu
Arena Manawatu | ||
Die Arena Manawatu se hoofpaviljoen
| ||
Bynaam | FMG-Stadion | |
---|---|---|
Ligging | Palmerston North, Nieu-Seeland | |
Koördinate | 40°21′24″S 175°36′4″O / 40.35667°S 175.60111°O | |
Eienaar | Palmerston North Stadsraad | |
Kapasiteit | 18 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Renovasie | Maart 2005 | |
Huurders | ||
Hurricanes (Superrugbyspan) Manawatu se Rugbyunie Robertson Holden International Speedway Wellington Phoenix |
Die Arena Manawatu is 'n 180 000 vierkante meter publieke kompleks net wes van Palmerston North se stadskern in Nieu-Seeland. Die kompleks het drie binnenshuise stadions, met skuifbare en gelaagde sitplekke. Fasiliteite in die buitelug sluit 'n sokkerveld en renbaan in.
Hulle beweer dat hul ongeveer 8000 besprekings per jaar hanteer, vir 36 verskillende sportsoorte voorsiening maak, bykomend tot die jaarlikse of ander ongereelde gebeurtenisse soos die "A & P Show", godsdienstige konvensies en feeste wat hier plaasvind.
'n Aantal internasionale wedstryde is al hier aangebied, onder andere Netbal tussen Nieu-Seeland en Engeland, Superrugbywedstryde en die Hyundai A-liga wedstryd (sokker). Verskeie wedstryde is gedurende die Rugbywêreldbeker 1987 en die Rugbywêreldbeker 2011 hier gespeel.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Rugbywêreldbeker 1987
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 1987.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
29 Mei 1987 | Tonga | 16–29 | Wallis | Groep B | 19 000 |
Rugbywêreldbeker 2011
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2011.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
28 September 2011 | 19:30 | Georgië | 25–9 | Roemenië | Groep B | 13 228 |
2 Oktober 2011 | 13:00 | Argentinië | 25–7 | Georgië | Groep B | 13 754 |
Rugbyliga-toetswedstryde
[wysig | wysig bron]Toets# | Datum | Uitslag | Toeskouers | Notas |
---|---|---|---|---|
1 | 24 Junie 1990 | Groot-Brittanje versl. Nieu-Seeland 11–10 | 8 073 | Gespeel as deel van die 1990 Groot-Brittanje se Leeus-toer |
2 | 12 Julie 1992 | Nieu-Seeland versl. Groot-Brittanje 15–14 | 11 548 | Gespeel as deel van die 1992 Groot-Brittanje se Leeus-toer deur Australasië |
3 | 25 Junie 1993 | Australië versl. Nieu-Seeland 16–8 | 19 500 | Gespeel as deel van die 1993 Trans-Tasmansee Toetsreeks |
4 | 16 Junie 1995 | Nieu-Seeland gelykop met Frankryk 16–16 | 10 846 | Gespeel as deel van die 1991 Franse rugby league-toer deur Nieu-Seeland |
5 | 11 Oktober 1996 | Nieu-Seeland versl. Papoea-Nieu-Guinee 64–0 | 2 000 | Gespeel as deel van die 1996 Nieu-Seeland teen Papoea-Nieu-Guinee-reeks |
6 | 25 Oktober 1996 | Nieu-Seeland versl. Groot-Brittanje 18–15 | 12 000 | Gespeel as deel van die 1996 Groot-Brittanje se Leeus-toer |
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) Amptelike webwerf