Barbados

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Barbados
Vlag van Barbados Wapen van Barbados
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Pride and Industry
(Engels vir: "Trots en ywer")
Volkslied: In Plenty and in Time of Need
(Engels vir: "In rykdom en in tye van nood")

Koninklike volkslied: God Save the Queen
(Engels vir: "God beskerm die koningin")
Ligging van Barbados
Hoofstad Bridgetown

13°6′N 59°37′W / 13.100°N 59.617°W / 13.100; -59.617

Grootste stad Bridgetown
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Elizabeth II
Sandra Mason
Mia Mottley
Onafhanklikheid
30 November 1966
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
439 km2  (183ste)
169 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
277 821[1]
660 / km2 (15de)
1 709,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$5,212 miljard[2]
$18 508[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$4,853 miljard[2]
$17 234[2]

MOI (2015) Green Arrow Up Darker.svg 0,795[3] (54ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Dollar (BBD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .bb
Skakelkode +1-246

Barbados (Engels: [bɑːrˈbeɪdɒs] of [bɑːrˈbeɪdoʊs], ; Portugees en Spaans vir: "bebaard") is ’n eilandnasie ten ooste van die Karibiese See in die Atlantiese Oseaan en noordoos van Venezuela.[4] Dit is die mees oostelike eiland van die Karibiese Bowindse Eilande. Hierdie eilandnasie in Noord-Amerika het 'n oppervlakte van 439 km² en het 'n bevolking van 277 821 in 2010 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Bridgetown, waarvan die historiese middestad in 2011 as Unesco-wêrelderfenisgebied gelys is.

Nasa-Satellietbeeld van Barbados
Kaart van Barbados

As eerste Europeers het die Portugese Barbados op pad na Brasilië bereik en dit is deur die Portugese ontdekkingsreisiger Pedro a Campos Los Barbados ("die bebaarde") genoem. Dié eiland is aansluitend deur die Portugese en die Spaanse Ryk opgeëis, maar nooit deur hulle gekoloniseer nie. Op 14 Mei 1625 het die eerste Engelse skip met koloniste Barbados bereik én dié eiland is tydens die volgende Britse koloniale bewind veral deur Engelse, Iere en Skotte bevolk én by die Britse Ryk ingelyf. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Ná 339 jaar onder Britse heerskappy het Barbados op 30 November 1966 ten volle van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Dit is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Die naam van Barbados is soortgelyk aan dié van Barbuda, een van die twee hoofeilande van die Karibiese eilandnasie Antigua en Barbuda, wat deur die Spanjaarde Las Barbudas ("die bebaardes") genoem is.

Krieket is die gewildste sportsoort en word as nasionale sport beskou.[5] Sir Garfield Sobers en Malcolm Marshall is van dié eiland se beroemde spelers; die Wes-Indiese nasionale krieketspan sluit gewoonlik krieketspelers uit Barbados in. Saam met Antigua en Barbuda, Grenada, Guyana, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago het dié eilandnasie die Krieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deur Australië gewen is. Die internasionale popster Rihanna is ook ’n boorling van Barbados.[4]

Geografie[wysig | wysig bron]

Barbados lê in die ooste van St. Lucia en St. Vincent en die Grenadine en in die noorde van Trinidad en Tobago. Die eiland is redelik plat, met ’n sentrale hoogland.[4] Dit is omring deur koraalriwwe. Die land is vrugbaar en oorwegend gelyk, met 'n paar lae heuwels in die noorde.

Klimaat[wysig | wysig bron]

Die eiland het 'n gematigde tropiese klimaat. Sonniger en droër as sy bergagtige bure.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Suiker is die tradisionele omset-oes. Goed ontwikkelde toeristebedryf verskaf werk aan byna 40% van die werkkragte. Finansiële dienste en inligtingsverwerking is belangrike nuwe groeisektore.[6]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "GeoHive – Barbados population". GeoHive. Besoek op 26 September 2016. 
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Barbados". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 27 Mei 2018. 
  3. (en) "2016 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Besoek op 27 Mei 2018. 
  4. 4,0 4,1 4,2 HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  5. (en) "Barbados: Sports". Regering van Barbados. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2009. Besoek op 21 Julie 2008. The national sport of Barbados is cricket 
  6. (en) "Barbados". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 27 Mei 2018. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Noord-Amerika
Lande: Antigua en Barbuda | Bahamas | Barbados | Belize | Costa Rica | Dominica | Dominikaanse Republiek | El Salvador | Grenada | Guatemala | Haïti | Honduras | Jamaika | Kanada | Kuba | Meksiko | Nicaragua | Panama | St. Kitts en Nevis | St. Lucia | St. Vincent en die Grenadine | Trinidad en Tobago | Verenigde State van Amerika
Afhanklike gebiede: Koninkryk van Denemarke: Groenland | Frankryk: Clipperton - Guadeloupe - Martinique - Saint-Martin - Sint Bartolomeus‎ - Sint Pierre en Miquelon | Koninkryk van die Nederlande: Aruba - Curaçao - Sint Maarten | Nederland: Bonaire - Saba - Sint Eustatius | Verenigde Koninkryk: Anguilla - Bermuda - Britse Maagde-eilande - Kaaimanseilande - Montserrat - Turks- en Caicoseilande | Verenigde State: Amerikaanse Maagde-eilande - Navassa - Puerto Rico

Lande van: Afrika - Asië - Europa - Oseanië - Suid-Amerika