Christiaan V van Denemarke
Christiaan V | |
---|---|
Koning van Denemarke en Noorweë | |
Tydperk | 9 Februarie 1670 - 25 Augustus 1699 |
Voorganger | Frederik III |
Opvolger | Frederik IV |
Huis | Oldenburg |
Vrou | Charlotte Amalie van Hesse-Kassel |
Vader | Frederik III |
Moeder | Sophie Amalie van Brunswyk-Lüneburg |
Gebore | 15 April 1646, Flensburg |
Oorlede | 25 Augustus 1699 (op 53), Kopenhagen |
Christiaan V (15 April 1646 - 25 Augustus 1699) was van 1670 tot met sy dood in 1699 koning van Denemarke en Noorweë.
Bewind
[wysig | wysig bron]Hy was gewild by die gewone volk en is die eerste koning wat as absolute monarg gekroon is nadat dié soort monargie deur sy pa ingestel is. Hy het die absolutisme uitgebrei deur sy pa se praktyk te versnel om Holstein-adellikes en Deense burgers in die staatsdiens aan te stel.
As koning wou hy sy mag as absolute monarg deur argitektuur wys, en hy het gedroom van ’n Deense Versailles-paleis. Sy leuse was Pietate et justitia ("Met eerbied en regverdigheid").
Christiaan V het die Danske Lov (die Deense Kode) in 1683 ingestel, die eerste regskode vir die hele Denemarke.[1] Dit is opgevolg deur die soortgelyke Norske Lov (die Noorse Kode) van 1687. Hy het ook die landsregister van 1688 ingestel, waarmee probeer is om die grondwaarde van die verenigde koninkryk uit te werk sodat belasting regverdiger kan wees.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Jespersen, Knud J.V. Denmark as a Modern Bureaucracy Geargiveer 11 Augustus 2006 op Wayback Machine. Gyldendal Leksikon.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Die Koninklike Stamboek Geargiveer 14 Maart 2015 op Wayback Machine op die webtuiste van die Deense Monargie
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Christiaan V van Denemarke.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia