Europese Sokkerkampioenskap 2012
UEFA Euro 2012 | |
---|---|
Logo van die Sokkerkampioenskap | |
Toernooi-inligting | |
Gasheerlande | Pole Oekraïne |
Datums | 8 Junie – 1 Julie |
Spanne | 16 (van 1 konfederasie) |
Stadions | 8 (in 8 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Spanje (3 titels) |
Tweede plek | Italië |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 31 |
Doele | 76 (2.45 per wedstryd) |
Bywoning | 1 440 896 (46 481 per wedstryd) |
Meeste punte | Mario Mandžukić Mario Gómez Mario Balotelli Cristiano Ronaldo Alan Dzagoef Fernando Torres (3 doele) |
Beste speler | Andrés Iniesta |
← 2008 2016 → |
Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 (UEFA Europa-beker; amptelik UEFA EURO 2012, Pools: Mistrzostwa Europy w Piłce Nożnej 2012, Oekraïens: Чемпіонат Європи з футболу 2012) het van 8 Junie tot 1 Julie 2012 in Pole en Oekraïne plaasgevind. Dis was die 14de aanbieding van die UEFA Europa-beker-toernooi en die eerste keer wat Pole en Oekraïne die geleentheid gekry het om as gashere op te tree, en die derde keer dat dit deur twee lande gesamentlik aangebied is.
16 spanne vanuit verskeie Europese lande het aan die toernooi deelgeneem. Die verdedigende kampioen Spanje het die trofee gewen nadat hulle Italië op 1 Julie in die Olimpiese Stadion in Kijif met 4–0 geklop sodoende hulle derde Europese titel ingepalm het. Omdat Spanje weens sy wêreldbekertitel by die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 reeds vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 gekwalifiseer was, het die naaswenner Italië in plaas daarvan gekwalifiseer.[1] Die twee gashere Pole en Oekraïne is reeds in die groepfase uitgeskakel, soos die gashere van die Europese Sokkerkampioenskap 2008, Oostenryk en Switserland.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Vir die Europese Sokkerkampioenskap 2012 het sewe lande hulleself as kandidate beskikbaar gestel: Griekeland, Italië en Turkye het afsonderlik meegeding, Kroasië en Hongarye asook Pole en Oekraïne het elkeen gemeenskaplike aansoeke ingedien.[2]
Die stemming was in twee fases opgedeel, die eerste rondte op 8 November 2005 en die tweede rondte op 18 April 2007 in Cardiff. In die eerste rondte is die aansoeke van Griekeland en Turkye uitgeskakel en die getal kandidate tot drie verklein.[3] In die tweede rondte is eers die gemeenskaplike kandidatuur van Kroasië en Hongarye uitgeskakel en aansluitend dié van Italië. Uiteindelik is Pole en Oekraïne op 18 April 2007 in Cardiff deur die UEFA gekies as die gashere vir die Europese Sokkerkampioenskap 2012.[4]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Europese Sokkerkampioenskap 2012 | ||
---|---|---|
Land | Rondte 1 | Rondte 2 |
Pole en Oekraïne | 7 | 8 |
Italië | 11 | 4 |
Kroasië en Hongarye | 9 | 0 |
Turkye | 6 | – |
Griekeland | 2 | – |
Kwalifisering
[wysig | wysig bron]Die twee gashere Oekraïne en Pole het regstreeks vir die Europese Sokkerkampioenskap 2012 gekwalifiseer. Tydens die kwalifisering het 51 spanne om die oorblywende 15 plekke meegeding.
Kwalifiserende spanne
[wysig | wysig bron]Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Denemarke | 8ste | 1 | 2004 | Kampioen (1992) |
Duitsland | 11de | 11 | 2008 | Kampioen (1972, 1980, 1996) |
Engeland | 8ste | 1 | 2004 | Derde plek (1968) |
Frankryk | 8ste | 6 | 2008 | Kampioen (1984, 2000) |
Griekeland | 4de | 3 | 2008 | Kampioen (2004) |
Ierland | 2de | 1 | 1988 | Groepfase (1988) |
Italië | 8ste | 5 | 2008 | Kampioen (1968) |
Kroasië | 4de | 3 | 2012 | Kwarteindrondte (1996, 2008) |
Nederland | 9de | 7 | 2008 | Kampioen (1988) |
Pole | 2de | 1 | 2008 | Groepfase (2008) |
Portugal | 6de | 5 | 2008 | Naaswenner (2004) |
Rusland | 10de | 3 | 2008 | Kampioen (1960) |
Swede | 5de | 4 | 2008 | Halfeindrondte (1992) |
Spanje | 9de | 5 | 2008 | Kampioen (2008) |
Tsjeggië | 8ste | 5 | 2008 | Kampioen (1976) |
Oekraïne | 1ste | 1 | – | Debuut |
Stadions
[wysig | wysig bron]Die wedstryde is in agt stede en in agt stadions gespeel:
Pole | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Warskou | Gdansk | Wrocław | Poznań | ||||
Nasionale Stadion | PGE Arena | Munisipale Stadion | Munisipale Stadion | ||||
52°14′22″N 21°02′44″O / 52.23944°N 21.04556°O | 54°23′24″N 18°38′25″O / 54.39000°N 18.64028°O | 51°08′28.2″N 16°56′37.6″O / 51.141167°N 16.943778°O | 52°23′51″N 16°51′28″O / 52.39750°N 16.85778°O | ||||
Kapasiteit: 56 070[5] | Kapasiteit: 39 150[6] | Kapasiteit: 40 000[7] | Kapasiteit: 39 550[8] | ||||
| |||||||
Oekraïne | |||||||
Kijif | Donetsk | Charkif | Lwif | ||||
Nasionale Olimpiese Sportkompleks | Donbass Arena | Metalist Stadion | Arena Lwif | ||||
50°26′00.1″N 30°31′18.7″O / 50.433361°N 30.521861°O | 48°1′15″N 37°48′35″O / 48.02083°N 37.80972°O | 49°58′51.09″N 36°15′42.13″O / 49.9808583°N 36.2617028°O | 49°46′31″N 24°1′40″O / 49.77528°N 24.02778°O | ||||
Kapasiteit: 64 640[9] | Kapasiteit: 49 400[10] | Kapasiteit: 37 750[11] | Kapasiteit: 32 990[12] | ||||
Wedstrydbal
[wysig | wysig bron]Die Adidas Tango 12 was die Europese Sokkerkampioenskap 2012 se amptelike wedstrydbal.[13] Dié bal is na die oorspronklike Adidas Tango-balle genoem; die Tango 12 en sy variante het egter ’n heeltemal ander ontwerp. Variante van die bal is al in ander vername toernooie soos die Afrikanasiesbeker 2012 en die Olimpiese Somerspele 2012 ingespan. Dit is ontwerp vir ’n makliker balbeheer as die volgens bewerings onvoorspelbare Adidas Jabulani van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.[14]
Formaat
[wysig | wysig bron]Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 is oor 22 dae tussen 16 verskillende nasies oor 31 wedstryde uitgespeel. Dit het op 8 Junie 2012 op die Nasionale Stadion in Warskou met ’n wedstryd tussen die medegasheer Pole en Griekeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Nasionale Olimpiese Sportkompleks in Kijif op 1 Julie met die eindstryd tussen Spanje en Italië, waartydens Spanje die Europese Sokkerkampioenskaptrofee ingepalm het.
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Europese Sokkerkampioenskap 2012 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
[wysig | wysig bron]Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting vir die groepfase het op 2 Desember 2011 in die Oekraïnepaleis in Kijif plaasgevind.
Groepfase
[wysig | wysig bron]16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Tsjeggië | 3 | 2 | 0 | 1 | 4 | 5 | -1 | 6 |
Griekeland | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | 3 | 0 | 4 |
Rusland | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 3 | +2 | 4 |
Pole | 3 | 0 | 2 | 1 | 2 | 3 | -1 | 2 |
8 Junie 2012 18:00 | ||||
Pole | 1–1 | Griekeland | Nasionale Stadion, Warskou Toeskouers: 56 070 Skeidsregter: Carlos Velasco Carballo (Spanje) | |
Lewandowski 17' | Verslag | 51' Salpingidis |
8 Junie 2012 20:45 | ||||
Rusland | 4–1 | Tsjeggië | Munisipale Stadion, Wrocław Toeskouers: 40 803 Skeidsregter: Howard Webb (Engeland) | |
Dzagoef 15', 79' Shirokof 24' Pawlyuchenko 82' |
Verslag | 52' Pilař |
12 Junie 2012 18:00 | ||||
Griekeland | 1–2 | Tsjeggië | Munisipale Stadion, Wrocław Toeskouers: 41 105 Skeidsregter: Stéphane Lannoy (Frankryk) | |
Gekas 53' | Verslag | 3' Jiráček 6' Pilař |
12 Junie 2012 20:45 | ||||
Pole | 1–1 | Rusland | Nasionale Stadion, Warskou Toeskouers: 55 920 Skeidsregter: Wolfgang Stark (Duitsland) | |
Błaszczykowski 57' | Verslag | 37' Dzagoef |
16 Junie 2012 20:45 | ||||
Tsjeggië | 1–0 | Pole | Munisipale Stadion, Wrocław Toeskouers: 41 480 Skeidsregter: Craig Thomson (Skotland) | |
Jiráček 72' | Verslag |
16 Junie 2012 20:45 | ||||
Griekeland | 1–0 | Rusland | Nasionale Stadion, Warskou Toeskouers: 55 614 Skeidsregter: Jonas Eriksson (Swede) | |
Karagounis 45+2' | Verslag |
Groep B
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Duitsland | 3 | 3 | 0 | 0 | 5 | 2 | +3 | 9 |
Portugal | 3 | 2 | 0 | 1 | 5 | 4 | +1 | 6 |
Denemarke | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 5 | -1 | 3 |
Nederland | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 5 | -3 | 0 |
9 Junie 2012 19:00 | ||||
Nederland | 0–1 | Denemarke | Metalist-stadion, Charkif Toeskouers: 35 923 Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië) | |
Verslag | 24' Krohn-Dehli |
9 Junie 2012 21:45 | ||||
Duitsland | 1–0 | Portugal | Arena Lwif, Lwif Toeskouers: 32 990 Skeidsregter: Stéphane Lannoy (Frankryk) | |
Gómez 72' | Verslag |
13 Junie 2012 19:00 | ||||
Denemarke | 2–3 | Portugal | Arena Lwif, Lwif Toeskouers: 31 840 Skeidsregter: Craig Thomson (Skotland) | |
Bendtner 41', 80' | Verslag | 24' Pepe 36' Postiga 87' Varela |
13 Junie 2012 21:45 | ||||
Nederland | 1–2 | Duitsland | Metalist-stadion, Charkif Toeskouers: 37 750 Skeidsregter: Jonas Eriksson (Swede) | |
73' Van Persie | Verslag | 24', 38' Gómez |
17 Junie 2012 21:45 | ||||
Portugal | 2–1 | Nederland | Metalist-stadion, Charkif Toeskouers: 37 445 Skeidsregter: Nicola Rizzoli (Italië) | |
Ronaldo 28', 74' | Verslag | 11' Van der Vaart |
17 Junie 2012 21:45 | ||||
Denemarke | 1–2 | Duitsland | Arena Lwif, Lwif Toeskouers: 32 990 Skeidsregter: Carlos Velasco Carballo (Spanje) | |
Krohn-Dehli 24' | Verslag | 19' Podolski 80' Bender |
Groep C
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Spanje | 3 | 2 | 1 | 0 | 6 | 1 | +5 | 7 |
Italië | 3 | 1 | 2 | 0 | 4 | 2 | +2 | 5 |
Kroasië | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 3 | +1 | 4 |
Ierland | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 9 | -8 | 0 |
10 Junie 2012 18:00 | ||||
Spanje | 1–1 | Italië | PGE Arena, Gdansk Toeskouers: 38 869 Skeidsregter: Viktor Kassai (Hongarye) | |
Fàbregas 64' | Verslag | 61' Di Natale |
10 Junie 2012 20:45 | ||||
Ierland | 1–3 | Kroasië | Munisipale Stadion, Poznań Toeskouers: 39 550 Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland) | |
St Ledger 19' | Verslag | 3', 49' Mandžukić 43' Jelavić |
14 Junie 2012 18:00 | ||||
Italië | 1–1 | Kroasië | Munisipale Stadion, Poznań Toeskouers: 37 096 Skeidsregter: Howard Webb (Engeland) | |
Pirlo 39' | Verslag | 72' Mandžukić |
14 Junie 2012 20:45 | ||||
Spanje | 4–0 | Ierland | PGE Arena, Gdansk Toeskouers: 39 150 Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal) | |
Torres 4', 70' Silva 49' Fàbregas 83' |
Verslag |
18 Junie 2012 20:45 | ||||
Kroasië | 0–1 | Spanje | PGE Arena, Gdansk Toeskouers: 39 076 Skeidsregter: Wolfgang Stark (Duitsland) | |
Verslag | 88' Navas |
18 Junie 2012 20:45 | ||||
Italië | 2–0 | Ierland | Munisipale Stadion, Poznań Toeskouers: 38 794 Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye) | |
Cassano 35' Balotelli 90' |
Verslag |
Groep D
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 3 | +2 | 7 |
Frankryk | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | 3 | 0 | 4 |
Oekraïne | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | -2 | 3 |
Swede | 3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 5 | 0 | 3 |
11 Junie 2012 19:00 | ||||
Frankryk | 1–1 | Engeland | Donbass Arena, Donetsk Toeskouers: 47 400 Skeidsregter: Nicola Rizzoli (Italië) | |
Nasri 39' | Verslag | 30' Lescott |
11 Junie 2012 21:45 | ||||
Oekraïne | 2–1 | Swede | Olimpiese Stadion, Kijif Toeskouers: 64 290 Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye) | |
Shewchenko 55', 62' | Verslag | 52' Ibrahimović |
15 Junie 2012 19:00 | ||||
Oekraïne | 0–2 | Frankryk | Donbass Arena, Donetsk Toeskouers: 48 000 Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland) | |
Verslag | 53' Ménez 56' Cabaye |
15 Junie 2012 22:00 | ||||
Swede | 2–3 | Engeland | Olimpiese Stadion, Kijif Toeskouers: 64 640 Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië) | |
Johnson 49' (e. d.) Mellberg 59' |
Verslag | 23' Carroll 64' Walcott 78' Welbeck |
19 Junie 2012 21:45 | ||||
Engeland | 1–0 | Oekraïne | Donbass Arena, Donetsk Toeskouers: 48 700 Skeidsregter: Viktor Kassai (Hongarye) | |
Rooney 48' | Verslag |
19 Junie 2012 21:45 | ||||
Swede | 2–0 | Frankryk | Olimpiese Stadion, Kijif Toeskouers: 63 010 Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal) | |
Ibrahimović 54' Larsson 90+1' |
Verslag |
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Kwarteindstryd | Halfeindstryd | Eindstryd | ||||||||
21 Junie – Warskou | ||||||||||
Tsjeggië | 0 | |||||||||
27 Junie – Donetsk | ||||||||||
Portugal | 1 | |||||||||
Portugal | 0 (2) | |||||||||
23 Junie – Donetsk | ||||||||||
Spanje | 0 (4) |
|||||||||
Spanje | 2 | |||||||||
1 Julie – Kijif | ||||||||||
Frankryk | 0 | |||||||||
Spanje | 4 | |||||||||
22 Junie – Gdańsk | ||||||||||
Italië | 0 | |||||||||
Duitsland | 4 | |||||||||
28 Junie – Warskou | ||||||||||
Griekeland | 2 | |||||||||
Duitsland | 1 | |||||||||
24 Junie – Kijif | ||||||||||
Italië | 2 | |||||||||
Engeland | 0 (2) | |||||||||
Italië | 0 (4) |
|||||||||
Kwarteindrondte
[wysig | wysig bron]21 Junie 2012 20:45 | ||||
Tsjeggië | 0–1 | Portugal | Nasionale Stadion, Warskou Toeskouers: 55 590 Skeidsregter: Howard Webb (Engeland) | |
Verslag | 79' Ronaldo |
22 Junie 2012 20:45 | ||||
Duitsland | 4–2 | Griekeland | PGE Arena, Gdańsk Toeskouers: 38 751 Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië) | |
Lahm 39' Khedira 61' Klose 68' Reus 74' |
Verslag | 55' Samaras 89' (straf) Salpingidis |
23 Junie 2012 21:45 | ||||
Spanje | 2–0 | Frankryk | Donbass Arena, Donetsk Toeskouers: 47 000 Skeidsregter: Nicola Rizzoli (Italië) | |
Alonso 19', 90+1' (straf) | Verslag |
24 Junie 2012 21:45 | ||||
Engeland | 0–0 (e.t.) | Italië | Olimpiese Stadion, Kijif Toeskouers: 64 340 Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal) | |
Strafskoppe Gerrard Rooney Young Cole |
Verslag Strafskoppe 2–4 |
Strafskoppe Balotelli Montolivo Pirlo Nocerino Diamanti |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]27 Junie 2012 21:45 | ||||
Portugal | 0–0 (e.t.) | Spanje | Donbass Arena, Donetsk Toeskouers: 48 000 Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye) | |
Strafskoppe Moutinho Pepe Nani Alves |
Verslag Strafskoppe 2–4 |
Strafskoppe Alonso Iniesta Piqué Ramos Fàbregas |
28 Junie 2012 20:45 | ||||
Duitsland | 1–2 | Italië | Nasionale Stadion, Warskou Toeskouers: 55 540 Skeidsregter: Stéphane Lannoy (Frankryk) | |
Özil 90+2' (straf) | Verslag | 20', 36' Balotelli |
Eindstryd
[wysig | wysig bron]1 Julie 2012 21:45 | ||||
Spanje | 4–0 | Italië | Nasionale Olimpiese Sportkompleks, Kijif Toeskouers: 63 170 Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal) | |
Silva 14' Alba 41' Torres 84' Mata 88' |
Verslag |
Europese Sokkerkampioen 2012 |
---|
Spanje |
Ranglys
[wysig | wysig bron]Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Spanje | C | 6 | 4 | 2 | 0 | 12 | 1 | +11 | 14 |
2 | Italië | C | 6 | 2 | 3 | 1 | 6 | 7 | −1 | 9 |
3 | Duitsland | B | 5 | 4 | 0 | 1 | 10 | 6 | +4 | 12 |
4 | Portugal | B | 5 | 3 | 1 | 1 | 6 | 4 | +2 | 10 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Engeland | D | 4 | 2 | 2 | 0 | 5 | 3 | +2 | 8 |
6 | Tsjeggië | A | 4 | 2 | 0 | 2 | 4 | 6 | –2 | 6 |
7 | Frankryk | D | 4 | 1 | 1 | 2 | 3 | 5 | −2 | 4 |
8 | Griekeland | A | 4 | 1 | 1 | 2 | 5 | 7 | −2 | 4 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
9 | Rusland | A | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 3 | +2 | 4 |
10 | Kroasië | C | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 3 | +1 | 4 |
11 | Swede | D | 3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 5 | ±0 | 3 |
12 | Denemarke | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 5 | −1 | 3 |
13 | Oekraïne | D | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | −2 | 3 |
14 | Pole | A | 3 | 0 | 2 | 1 | 2 | 3 | –1 | 2 |
15 | Nederland | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 5 | −3 | 0 |
16 | Ierland | C | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 9 | −8 | 0 |
Meeste doele aangeteken
[wysig | wysig bron]Meeste doele aangeteken:
Rang | Speler | Doele |
---|---|---|
1 | Fernando Torres | 3 |
Mario Gómez | 3 | |
Alan Dzagoef | 3 | |
Mario Mandžukić | 3 | |
Mario Balotelli | 3 | |
Cristiano Ronaldo | 3 | |
7 | David Silva | 2 |
Nicklas Bendtner | 2 | |
Michael Krohn-Dehli | 2 | |
Dimitrios Salpingidis | 2 | |
Cesc Fàbregas | 2 | |
Andriy Shewchenko | 2 | |
Zlatan Ibrahimović | 2 | |
Petr Jiráček | 2 | |
Václav Pilař | 2 | |
Xabi Alonso | 2 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Qualifiers – FIFA Confederations Cup Brazil 2013". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2011. Besoek op 18 Februarie 2012.
- ↑ (en) "Bidding for the Final Tournament 2012" (PDF). UEFA. 7 November 2005. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019. Besoek op 11 Februarie 2017.
- ↑ (en) "Uefa reveals Euro 2012 shortlist". BBC. 8 November 2005. Besoek op 11 Februarie 2017.
- ↑ (en) "Poland and Ukraine host Euro 2012". BBC. 18 April 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2008. Besoek op 11 Februarie 2017.
- ↑ (en) "National Stadium Warsaw". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2013. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ (en) "Arena Gdansk". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2013. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ (en) "Municipal Stadium Wroclaw". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ (en) "Municipal Stadium Poznan". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ (en) "Olympic Stadium, Kyiv". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ (en) "Donbass Arena". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ (en) "Metalist Stadium". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ (en) "Arena Lviv". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
- ↑ (en) Kevin Ashby; Sam Adams (2 Desember 2011). "adidas Tango 12 unveiled as official ball". UEFA. Besoek op 6 Desember 2011.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ (en) Jonathan Liew (2 Desember 2011). "Adidas's new Tango 12 ball moves on from the World Cup Jabulani". The Daily Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2012. Besoek op 3 April 2012.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Europese Sokkerkampioenskap 2012. |
- (en) Amptelike Webwerf by die Wayback Machine
- (en) UEFA Euro 2012 by UEFA.com
- (en) uefa.com: Official Technical Report