FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
FIFA Sokker-Konfederasiebeker
Toernooi-inligting
Datums N.v.t.
Spanne (van 0 konfederasies)
Stadions (in 0 stede)
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 0
Meeste punte N.v.t.
Beste speler N.v.t.
2017

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 sou oorspronklik in Katar aangebied word, nadat op 2 Desember 2010 die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aan dié land toegeken is. Daar is egter kommer uitgespreek oor die hoë temperature in Katar gedurende die somer (wat ook daartoe gelei het dat die Sokker-Wêreldbekertoernooi van sy tradisionele Junie / Julie-skedule na November / Desember verskuif moet word).[1]

Vervolgens het FIFA op 25 Februarie 2015 amptelik aangekondig dat die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 na 'n ander land van die Asiatiese Sokkerkonfederasie verskuif sal word, sodat dit gedurende die tradisionele venster van Junie / Julie 2021 gehou kan word, sonder om binnelandse ligas te onderbreek. As vergoeding is die aanbieding van 'n ander FIFA-toernooi, dalk die FIFA-Klubwêreldbeker 2021, in November / Desember 2021 in Katar oorweeg as 'n toetsbyeenkoms vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022.[2][3]

In Oktober 2017 het FIFA planne afgekondig om die Sokker-Konfederasiebeker teen 2021 af te skaf en dit met 'n vierjaarlikse 24-span FIFA-Klubwêreldbeker te vervang en laasgenoemde van Desember na Junie te skuif.[4] Op 15 Maart 2019 het FIFA aangekondig dat die Sokker-Konfederasiebeker afgeskaf en deur die FIFA-Klubwêreldbeker vervang sal word.[5]

Deelnemende spanne[wysig | wysig bron]

Totdat die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 in Maart 2019 deur FIFA amptelik afgelas en deur die FIFA-Klubwêreldbeker vervang is, het die volgende spanne vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 gekwalifiseer.

Span Konfederasie Kwalifiseer deur Kwalifiseer op Deelnames
N.v.t. AFC Gasheer N.v.t. N.v.t.
Vlag van Frankryk Frankryk UEFA Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 15 Julie 2018 3de (2001, 2003)
Vlag van Katar Katar AFC Wenner van die Asië Nasies-beker in 2019 1 Februarie 2019 0 (Debuut)
Vlag van Meksiko Meksiko CONCACAF Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2019 7 Julie 2019 N.v.t.
Vlag van Brasilië Brasilië CONMEBOL Wenner van die Copa América in 2019 7 Julie 2019 N.v.t.
N.v.t. OFC Wenner van die Oseanië Nasies-beker in 2020 Junie 2020 N.v.t.
N.v.t. UEFA Wenner van die Europese Sokkerkampioenskap 2020 12 Julie 2020 N.v.t.
Vlag van Algerië Algerië CAF Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2019 19 Julie 2019 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "FIFA Executive Committee confirms November/December event period for Qatar 2022". FIFA. 19 Maart 2015. Besoek op 18 Maart 2019. 
  2. (en) "FIFA strips Qatar of Confederations Cup". CBC Sports. 26 Februarie 2015. Besoek op 18 Maart 2019. 
  3. (en) "Late-November/late-December proposed for the 2022 FIFA World Cup". FIFA.com. 24 Februarie 2015. Besoek op 18 Maart 2019. 
  4. (en) "Expanded Club World Cup could replace Confederations Cup – Infantino". ESPN. 28 Oktober 2017. Besoek op 18 Maart 2019. 
  5. (en) "FIFA Council votes for the introduction of a revamped FIFA Club World Cup". FIFA.com. 15 Maart 2019. Besoek op 18 Maart 2019. 


FIFA Sokker-Konfederasiebeker FIFA Logo (2010).svg

Saoedi-Arabië 1992Saoedi-Arabië 1995Saoedi-Arabië 1997Meksiko 1999Suid-Korea/Japan 2001Frankryk 2003Duitsland 2005Suid-Afrika 2009Brasilië 2013Rusland 20172021