FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997
1997 السعودية | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Saoedi-Arabië |
Datums | 12 – 21 Desember |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 1 (in 1 stad) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (1 titel) |
Tweede plek | Australië |
Derde plek | Tsjeggië |
Vierde plek | Uruguay |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 52 (3.25 per wedstryd) |
Bywoning | 333 500 (20 844 per wedstryd) |
Meeste punte | Romário (7 doele) |
Beste speler | Denílson |
← 1995 1999 → |
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 (Arabies: 1997 السعودية; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 12 tot 21 Desember 1997 in Saoedi-Arabië aangebied. Die was die eerste sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die vorige twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
Hoewel Duitsland, wenner van die Europese Sokkerkampioenskap 1996, nie deelgeneem het nie, is elke kontinentale konfederasie deur ’n sokkerspan verteenwoordig. Die wenner van die Sokker-Wêreldbeker, destyds Brasilië, kon vir die eerste keer meeding.
Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Australië met 6–0 in die eindstryd geklop en sodoende die eerste span geword wat die kontinentale beker (1997), die wêreldbeker (1994) en die konfederasiebeker agtereenvolgens ingepalm het. Tsjeggië het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig. Dit was die eerste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die drie daaropvolgende 1999-, 2001- en 2003-toernooie ingespan, maar daarna weer geskrap.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het vir die eerste keer aan die konfederasiebeker deelgeneem maar hulle is reeds in die eerste rondte uitgeskakel.
Stadion
[wysig | wysig bron]Al die wedstryde is gespeel op dieselfde stadion:
Riaad | FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 (Saoedi-Arabië) |
---|---|
Koning Fahd II-stadion | |
24°47′17.54″N 46°50′21.25″O / 24.7882056°N 46.8392361°O | |
Kapasiteit: 67 000 | |
Opening: 1987 | |
Deelnemende spanne
[wysig | wysig bron]Span | Konfederasie | Kwalifisering | Deelname |
---|---|---|---|
Saoedi-Arabië | AFC | Gasheer en wenner van die AFC Asië-beker in 1996 | 3de |
Brasilië | CONMEBOL | Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 en tweede plek in die CONCACAF Goue-beker in 1996 | 1ste |
Uruguay | CONMEBOL | Wenner van die Copa América-beker in 1995 | 1ste |
Suid-Afrika | CAF | Wenner van die Afrikanasiesbeker in 1996 | 1ste |
Australië | OFC | Wenner van die OCF Nasies-beker in 1996 | 1ste |
Tsjeggië | UEFA | Naaswenner van die UEFA Europa-beker in 1996[1] | 1ste |
Meksiko | CONCACAF | Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 1996 | 2de |
Verenigde Arabiese Emirate | AFC | Wenner van die AFC Asië-beker in 1996 | 1ste |
Formaat
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 is oor agt dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 12 Desember 1997 op die Koning Fahd II-stadion in Riaad met ’n wedstryd tussen die gasheer Saoedi-Arabië en Brasilië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 21 Desember 1997 met die eindstryd tussen Brasilië en Australië, waartydens Brasilië die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het.
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
|
|
Groepfase
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
[wysig | wysig bron]Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 3 | 2 | 1 | 0 | 6 | 2 | +4 | 7 |
Australië | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | 2 | +1 | 4 |
Meksiko | 3 | 1 | 0 | 2 | 8 | 6 | +2 | 3 |
Saoedi-Arabië | 3 | 1 | 0 | 2 | 1 | 8 | –7 | 3 |
12 Desember 1997 16:15 AST | ||||
Saoedi-Arabië | 0–3 | Brasilië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 80 000 Skeidsregter: Nikolai Lewnikof (Rusland) | |
Verslag | 65' César Sampaio 73', 80' Romário |
12 Desember 1997 19:00 AST | ||||
Meksiko | 1–3 | Australië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 15 000 Skeidsregter: Pirom Un-Prasert (Thailand) | |
Hernández 80' (straf) | Verslag | 45' Viduka 59' Aloisi 90' Mori |
14 Desember 1997 17:50 AST | ||||
Saoedi-Arabië | 0–5 | Meksiko | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 15 000 Skeidsregter: Ian McLeod (Suid-Afrika) | |
Verslag | 20', 62' Palencia 68', 76' Blanco 75' Luna |
14 Desember 1997 20:00 AST | ||||
Australië | 0–0 | Brasilië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 15 000 Skeidsregter: Lucien Bouchardeau (Niger) | |
Verslag |
16 Desember 1997 17:50 AST | ||||
Saoedi-Arabië | 1–0 | Australië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 55 450 Skeidsregter: Javier Castrilli (Argentinië) | |
Al-Khilaiwi 40' | Verslag |
16 Desember 1997 20:00 AST | ||||
Brasilië | 3–2 | Meksiko | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Ian McLeod (Suid-Afrika) | |
Romário 41' (straf) Denílson 61' Júnior Baiano 66' |
Verslag | 51' Blanco 90' Ramírez |
Groep B
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Uruguay | 3 | 3 | 0 | 0 | 8 | 4 | +4 | 9 |
Tsjeggië | 3 | 1 | 1 | 1 | 9 | 5 | +4 | 4 |
Verenigde Arabiese Emirate | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 8 | –6 | 3 |
Suid-Afrika | 3 | 0 | 1 | 2 | 5 | 7 | –2 | 1 |
13 Desember 1997 17:50 AST | ||||
Verenigde Arabiese Emirate | 0–2 | Uruguay | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 13 000 Skeidsregter: Ramesh Ramdhan (Trinidad en Tobago) | |
Verslag | 45+2' Olivera 90+2' Pacheco |
13 Desember 1997 20:00 AST | ||||
Suid-Afrika | 2–2 | Tsjeggië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 7 500 Skeidsregter: Javier Castrilli (Argentinië) | |
Augustine 39' Mkhalele 86' |
Verslag | 19', 40' Šmicer |
15 Desember 1997 17:50 AST | ||||
Verenigde Arabiese Emirate | 1–0 | Suid-Afrika | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 11 000 Skeidsregter: René Ortube (Bolivië) | |
H. Mubarak 5' | Verslag |
15 Desember 1997 20:00 AST | ||||
Tsjeggië | 1–2 | Uruguay | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 9 000 Skeidsregter: Saad Mane (Koeweit) | |
Siegl 89' | Verslag | 26' Olivera 88' Zalayeta |
17 Desember 1997 17:50 AST | ||||
Verenigde Arabiese Emirate | 1–6 | Tsjeggië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 8 000 Skeidsregter: René Ortube (Bolivië) | |
Al Talyani 78' | Verslag | 11' (e.d.) Obaid 22', 31' Nedvěd 42', 68', 71' Šmicer |
17 Desember 1997 20:00 AST | ||||
Uruguay | 4–3 | Suid-Afrika | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 8 000 Skeidsregter: Ramesh Ramdhan (Trinidad en Tobago) | |
Silva 12', 66' Recoba 42' Callejas 90' |
Verslag | 11' Radebe 69' Mkhalele 77' Ndlanya |
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Halfeindronde | Eindronde | ||||||
19 Desember – Riaad | |||||||
Brasilië | 2 | ||||||
Tsjeggië | 0 | ||||||
21 Desember – Riaad | |||||||
Brasilië | 6 | ||||||
Australië | 0 | ||||||
Derde plek | |||||||
19 Desember – Riaad | 21 Desember – Riaad | ||||||
Uruguay | 0 | Tsjeggië | 1 | ||||
Australië | 1 | Uruguay | 0 |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]19 Desember 1997 15:15 AST | ||||
Brasilië | 2–0 | Tsjeggië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 28 000 Skeidsregter: Lucien Bouchardeau (Niger) | |
Romário 54' Ronaldo 83' |
Verslag |
19 Desember 1997 19:00 AST | ||||
Uruguay | 0–1 (e.t.) | Australië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 22 000 Skeidsregter: Nikolai Lewnikof (Rusland) | |
Verslag | 92' Kewell |
Klein finale (om die derde plek)
[wysig | wysig bron]21 Desember 1997 17:50 AST | ||||
Tsjeggië | 1–0 | Uruguay | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 27 500 Skeidsregter: Lucien Bouchardeau (Niger) | |
Lasota 63' | Verslag |
Eindstryd
[wysig | wysig bron]21 Desember 1997 21:00 AST | ||||
Brasilië | 6–0 | Australië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 65 000 Skeidsregter: Pirom Un-Prasert (Thailand) | |
Ronaldo 15', 27', 59' Romário 38', 53', 75' (straf) |
Verslag |
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 1997 |
---|
Brasilië |
FIFA se terugwerkende ranglys
[wysig | wysig bron]In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[2] Die ranglys vir die 1997-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Brasilië | A | 5 | 4 | 1 | 0 | 14 | 2 | +12 | 13 |
2 | Australië | A | 5 | 2 | 1 | 2 | 4 | 8 | −4 | 7 |
3 | Tsjeggië | B | 5 | 2 | 1 | 2 | 10 | 7 | +3 | 7 |
4 | Uruguay | B | 5 | 3 | 0 | 2 | 8 | 6 | +2 | 9 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
5 | Meksiko | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 8 | 6 | +2 | 3 |
6 | Verenigde Arabiese Emirate | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 8 | −6 | 3 |
7 | Saoedi-Arabië | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 1 | 8 | −7 | 3 |
8 | Suid-Afrika | B | 3 | 0 | 1 | 2 | 5 | 7 | −2 | 1 |
Meeste doele aangeteken
[wysig | wysig bron]Meeste doele aangeteken:
|
|
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Tsjeggië neem Duitsland se plek in as Europa se verteenwoordiger nadat Duitsland die uitnodiging van die hand wys.
- ↑ (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 27 Junie 2022.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997. |
- (en) fifa.com: Saudi Arabia 1997: Brazil burn bright
- (en) fifa.com: FIFA Technical Report – Part 1 Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine
- (en) fifa.com: FIFA Technical Report – Part 2 Geargiveer 5 Maart 2016 op Wayback Machine
- (en) fifa.com: FIFA Technical Report – Part 3 Geargiveer 5 Maart 2016 op Wayback Machine
- (en) rsssf.com: Intercontinental Cup for Nations 1997