FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001
대한민국/일본 2001년 (ko) 2001 韓国/日本 (ja) | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerlande | Suid-Korea Japan |
Datums | 30 Mei – 10 Junie |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 6 (in 6 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Frankryk (1 titel) |
Tweede plek | Japan |
Derde plek | Australië |
Vierde plek | Brasilië |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 31 (1.94 per wedstryd) |
Bywoning | 557 191 (34 824 per wedstryd) |
Meeste punte | Shaun Murphy Éric Carrière Robert Pirès Patrick Vieira Sylvain Wiltord Hwang Sun-hong Takayuki Suzuki (2 doele elk) |
Beste speler | Robert Pirès |
← 1999 2003 → |
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 (Koreaans: 대한민국/일본 2001년; Japannees: 2001 韓国/日本; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 30 Mei tot 10 Junie 2001 in Suid-Korea en Japan aangebied en het vir die twee gashere as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gedien. Dit was die derde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
Frankryk het die toernooi gewen nadat hulle die medegasheer Japan in die eindstryd geklop en sodoende die tweede span ná Brasilië in 1997 geword wat die kontinentale beker (2000), die wêreldbeker (1998) en die konfederasiebeker agtereenvolgens ingepalm het. Australië het in die derde en Brasilië in die vierde plek geëindig. Die ander medegasheer Suid-Korea is in die groepfase uitgeskakel. Dit was die derde toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die twee vorige 1997- en 1999- asook die daaropvolgende 2003-toernooi ingespan, maar daarna weer geskrap.
Stadions
[wysig | wysig bron]Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Suid-Korea | ||||
---|---|---|---|---|
Ulsan | Suwon | Daegu | ||
Ulsan Munsu-sokkerstadion | Suwon-wêreldbekerstadion | Daegu-wêreldbekerstadion | ||
35°32′7.1″N 129°15′34.4″O / 35.535306°N 129.259556°O | 37°17′11.1″N 127°2′13″O / 37.286417°N 127.03694°O | 35°49′47″N 128°41′24″O / 35.82972°N 128.69000°O | ||
Kapasiteit: 44 466 | Kapasiteit: 43 959 | Kapasiteit: 66 422 | ||
Japan | ||||
Jokohama | Ibaraki | Niigata | ||
Internasionale Stadion Jokohama | Kashima-sokkerstadion | Niigata-stadion | ||
35°30′36″N 139°36′23″O / 35.51000°N 139.60639°O | 35°59′31″N 140°38′25″O / 35.99194°N 140.64028°O | 37°52′57″N 139°3′33″O / 37.88250°N 139.05917°O | ||
Kapasiteit: 72 327 | Kapasiteit: 40 728 | Kapasiteit: 42 300 | ||
Deelnemende spanne
[wysig | wysig bron]Span | Konfederasie | Kwalifisering | Deelname |
---|---|---|---|
Suid-Korea | AFC | Gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 | 1ste |
Japan | AFC | Gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 en wenner van die AFC Asië-beker in 2000 | 2de |
Frankryk | UEFA | Wenner van FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 en die UEFA Europa-beker in 2000 | 1ste |
Brasilië | CONMEBOL | Wenner van die Copa América-beker in 1999 | 3de |
Meksiko | CONCACAF | Wenner van die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 | 4de |
Kameroen | CAF | Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2000 | 1ste |
Kanada | CONCACAF | Naaswenner van die CONCACAF Goue-beker in 2000 | 1ste |
Australië | OFC | Wenner van die OFC Nasiebeker in 2000 | 2de |
Formaat
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 is oor twaalf dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 30 Mei 2001 op die Daegu-wêreldbekerstadion met ’n wedstryd tussen Frankryk en die medegasheer Suid-Korea afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Internasionale Stadion Jokohama in Jokohama op 10 Junie 2001 met die eindstryd tussen Japan en Frankryk, waartydens Frankryk die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997 en 1999 ingespan.
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
[wysig | wysig bron]Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Frankryk | 3 | 2 | 0 | 1 | 9 | 1 | +8 | 6 |
Australië | 3 | 2 | 0 | 1 | 3 | 1 | +2 | 6 |
Suid-Korea | 3 | 2 | 0 | 1 | 3 | 6 | –3 | 6 |
Meksiko | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 8 | –7 | 0 |
30 Mei 2001 17:00 KST | ||||
Frankryk | 5–0 | Suid-Korea | Daegu-wêreldbekerstadion, Daegu Toeskouers: 61 500 Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte) | |
Marlet 9' Vieira 19' Anelka 34' Djorkaeff 80' Wiltord 90' |
Verslag |
30 Mei 2001 19:30 KST | ||||
Meksiko | 0–2 | Australië | Suwon-wêreldbekerstadion, Suwon Toeskouers: 6 232 Skeidsregter: Felix Tangawarima (Zimbabwe) | |
Verslag | 20' Murphy 54' Skoko |
1 Junie 2001 17:00 KST | ||||
Australië | 1–0 | Frankryk | Daegu-wêreldbekerstadion, Daegu Toeskouers: 44 400 Skeidsregter: Carlos Batres (Guatemala) | |
Zane 60' | Verslag |
1 Junie 2001 19:30 KST | ||||
Suid-Korea | 2–1 | Meksiko | Ulsan Munsu-sokkerstadion, Ulsan Toeskouers: 41 550 Skeidsregter: Hugh Dallas (Skotland) | |
Hwang Sun-hong 56' Yoo Sang-chul 90' |
Verslag | 81' Víctor Ruiz |
3 Junie 2001 19:30 KST | ||||
Frankryk | 4–0 | Meksiko | Ulsan Munsu-sokkerstadion, Ulsan Toeskouers: 28 864 Skeidsregter: Ali Bujsaim (VAE) | |
Wiltord 9' Carrière 63', 84' Pirès 71' |
Verslag |
3 Junie 2001 19:30 KST | ||||
Suid-Korea | 1–0 | Australië | Suwon-wêreldbekerstadion, Suwon Toeskouers: 42 754 Skeidsregter: Oscar Ruiz (Colombia) | |
Hwang Sun-hong 24' | Verslag |
Groep B
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Japan | 3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 0 | +5 | 7 |
Brasilië | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | 0 | +2 | 5 |
Kameroen | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | –2 | 3 |
Kanada | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 5 | –5 | 1 |
31 Mei 2001 17:00 JST | ||||
Brasilië | 2–0 | Kameroen | Kashima Sokker-stadion, Ibaraki Toeskouers: 10 519 Skeidsregter: Hellmut Krug (Duitsland) | |
Washington 53' Carlos Miguel 57' |
Verslag |
31 Mei 2001 19:30 JST | ||||
Japan | 3–0 | Kanada | Niigata-stadion, Niigata Toeskouers: 39 006 Skeidsregter: Simon Micallef (Australië) | |
Ono 57' Nishizawa 60' Morishima 88' |
Verslag |
2 Junie 2001 17:00 JST | ||||
Kanada | 0–0 | Brasilië | Kashima Sokker-stadion, Ibaraki Toeskouers: 12 095 Skeidsregter: Jun Lu (Sjina) | |
Verslag |
2 Junie 2001 19:30 JST | ||||
Kameroen | 0–2 | Japan | Niigata-stadion, Niigata Toeskouers: 39 430 Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko) | |
Verslag | 8', 65' Suzuki |
4 Junie 2001 19:30 JST | ||||
Brasilië | 0–0 | Japan | Kashima Sokker-stadion, Ibaraki Toeskouers: 37 740 Skeidsregter: Kim Milton Nielsen (Denemarke) | |
Verslag |
4 Junie 2001 19:30 JST | ||||
Kameroen | 2–0 | Kanada | Niigata-stadion, Niigata Toeskouers: 15 822 Skeidsregter: Byron Moreno (Ecuador) | |
Tchoutang 48' M'Boma 83' |
Verslag |
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Halfeindrondte | Eindrondte | ||||||
7 Junie – Jokohama | |||||||
Japan | 1 | ||||||
Australië | 0 | ||||||
10 Junie – Jokohama | |||||||
Japan | 0 | ||||||
Frankryk | 1 | ||||||
Derde plek | |||||||
7 Junie – Suwon | 9 Junie – Ulsan | ||||||
Frankryk | 2 | Australië | 1 | ||||
Brasilië | 1 | Brasilië | 0 |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]7 Junie 2001 17:00 JST | ||||
Japan | 1–0 | Australië | Internasionale Stadion Jokohama, Jokohama Toeskouers: 48 699 Skeidsregter: Benito Archundia (Meksiko) | |
Nakata 43' | Verslag |
7 Junie 2001 20:00 KST | ||||
Frankryk | 2–1 | Brasilië | Suwon-wêreldbekerstadion, Suwon Toeskouers: 34 527 Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte) | |
Pirès 7' Desailly 54' |
Verslag | 30' Ramon |
Klein finale (om die derde plek)
[wysig | wysig bron]9 Junie 2001 19:00 KST | ||||
Australië | 1–0 | Brasilië | Ulsan Munsu-sokkerstadion, Ulsan Toeskouers: 28 520 Skeidsregter: Hellmut Krug (Duitsland) | |
Murphy 84' | Verslag |
Eindstryd
[wysig | wysig bron]10 Junie 2001 19:00 JST | ||||
Japan | 0–1 | Frankryk | Internasionale Stadion Jokohama, Jokohama Toeskouers: 65 533 Skeidsregter: Ali Bujsaim (VAE) | |
Verslag | 30' Vieira |
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2001 |
---|
Frankryk |
FIFA se terugwerkende ranglys
[wysig | wysig bron]In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[1] Die ranglys vir die 2001-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Frankryk | A | 5 | 4 | 0 | 1 | 12 | 2 | +10 | 12 |
2 | Japan | B | 5 | 3 | 1 | 1 | 6 | 1 | +5 | 10 |
3 | Australië | A | 5 | 3 | 0 | 2 | 4 | 2 | +2 | 9 |
4 | Brasilië | B | 5 | 1 | 2 | 2 | 3 | 3 | ±0 | 5 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
5 | Suid-Korea | A | 3 | 2 | 0 | 1 | 3 | 6 | −3 | 6 |
6 | Kameroen | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | −2 | 3 |
7 | Kanada | B | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 5 | −5 | 1 |
8 | Meksiko | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 8 | −7 | 0 |
Meeste doele aangeteken
[wysig | wysig bron]Meeste doele aangeteken:
|
|
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 27 Junie 2022.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001. |
- (en) fifa.com: Korea/Japan 2001: French masterclass in the East
- (en) fifa.com: FIFA Technical Report Geargiveer 5 Maart 2016 op Wayback Machine
- (en) rsssf.com: Intercontinental Cup for Nations 2001