Lys van grootste sterre

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Relatiewe groottes van die planete van die Sonnestelsel en verskeie bekende sterre, onder meer van die grootstes bekend: VY Canis Majoris, NML Cygni en UY Scuti.
  1. Mercurius < Mars < Venus < Aarde
  2. Aarde < Neptunus < Uranus < Saturnus < Jupiter
  3. Jupiter < Proxima Centauri < Son < Sirius
  4. Sirius < Pollux < Arcturus < Aldebaran
  5. Aldebaran < Rigel < Antares < Betelgeuse
  6. Betelgeuse < VY Canis Majoris < NML Cygni < UY Scuti

Hierdie lys van grootste sterre is gerangskik volgens hul radius. Die meeteenheid is ’n sonradius (sowat 695 500 kilometer).

Die presiese volgorde van die sterre is nie honderd persent vasgestel nie:

  • Daar is taamlike onsekerhede oor geraamde waardes en groottes;
  • Die afstand na die verskillende sterre is nie oral ewe seker nie en dit beïnvloed die meting van die groottes;
  • Sommige sterre het ’n uitgebreide atmosfeer, is omring deur stof of pulseer, sodat hul radius nie presies bereken kan word nie;
  • Verskeie ander kan ook die meting van die groottes beïnvloed.

Lys[wysig | wysig bron]

Lys van grootste sterre
Sternaam Sonradius
(Son = 1)
Notas Verwysings
UY Scuti 1 708 (-2200) Foutmarge in die groottevasstelling: ± 192 sonradiusse. Op sy kleinste sal hy so groot soos VX Sagittarii wees (sien onder). [1]
WOH G64 1 540 - 1 730 Dis moontlik die grootste ster in die Groot Magellaanse Wolk. [2]
RW Cephei 1 535 ’n Verandelike ster in beide helderheid (teen ’n faktor van minstens 3) en spektraaltipe (waargeneem van G8 tot M), dus waarskynlik ook in deursnee. Omdat sy spektraaltipe en temperatuur by die maksimum ligsterkte nie bekend is nie, is dié grootte net ’n raming. [3][4]
Westerlund 1-26 1 530 Baie onsekere mates vir ’n ongewone ster met sterk radio-emissie. Die spektrum wissel, maar blykbaar nie die ligsterkte nie. [5]
V354 Cephei 1 520 [6]
VY Canis Majoris 1 420 Voorheen is geglo die ster is so groot dat dit sterevolusieteorieë weerspreek; verbeterde metings het gewys hy is kleiner. Moontlike foutmarge: ± 120 sonradiusse. [7][8]
KY Cygni 1 420 Lê in ’n gebied met baie stof en dit is dus moeilik om sy grootte te bepaal. Hy kan groter wees as die aangeduide grootte. [6]
AH Scorpii 1 411 ’n Veranderlike ster teen amper 3 magnitudes in die sigbare omvang. Die variasie in die deursnee is nie bekend nie omdat die temperatuur ook wissel. [1]
VX Sagittarii 1 350 VX Sgr is ’n veranderlike polsster en wissel taamlik in grootte. [9]
HR 5171 A 1 315 ’n Hoogs verwronge ster in ’n dubbelsterstelsel wat massa aan die sekondêre ster afstaan. [10]
SMC 18136 1 310 [11]
PZ Cassiopeiae 1 300 [12]
Mu Cephei 1 260 [13]
BC Cygni 1 230 [6]
IRC-10414 1 200 [14]
NML Cygni 1 183 ’n Veranderlike ster wat deur ’n newel omring word en erg deur stofwolke verberg word. [15]
EV Carinae 1 168 [16]
RT Carinae 1 090 [6]
BI Cygni 1 078 [9][6]
Betelgeuse (Alpha Orionis) 1 077.5 Negende helderste ster in die naglug. [17]
V396 Centauri 1 070 [6]
CK Carinae 1 060 [6]
VV Cephei A 1 050 VV Cep A is ’n hoogs verwronge ster in ’n dubbelsterstelsel watvir minstens ’n deel van sy wentelbaan massa afstaan aan sy Klas B-metgesel, VV Cephei B. Ouer ramings vir die ster was baie groter. [18]
V602 Carinae 1 050 [19]
KW Sagittarii 1 009 [6]
S Persei 1 005 In die Perseus-dubbelswerm. [6]
HV 11423 1 000
NR Vulpeculae 980 [6]
RW Cygni 980 [6]
GCIRS 7 960 [20]
Antares A (Alpha Scorpii A) 883
Theta Muscae 878
V1749 Cygni 830 [6]
IX Carinae 790 [6]
SU Persei 780 In die Perseus-dubbelswerm. [6]
RS Persei 770 In die Perseus-dubbelswerm. [6]
TV Geminorum 770 [6]
T Cephei 742
V382 Carinae 700 Geel superreus, een van die skaarsste stersoorte.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (2013) “The atmospheric structure and fundamental parameters of the red supergiants AH Scorpii, UY Scuti, and KW Sagittarii”. Astronomy & Astrophysics 554: A76. DOI:10.1051/0004-6361/201220920.
  2. Emily M. Levesque, Philip Massey, Bertrand Plez, and Knut A. G. Olsen (Junie 2009). “The Physical Properties of the Red Supergiant WOH G64: The Largest Star Known?”. Astronomical Journal 137 (6). DOI:10.1088/0004-6256/137/6/4744.
  3. (1978) “Studies of luminous stars in nearby galaxies. I. Supergiants and O stars in the Milky Way”. The Astrophysical Journal Supplement Series 38: 309. DOI:10.1086/190559.
  4. (2010) “The potential of red supergiants as extragalactic abundance probes at low spectral resolution”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 407 (2): 1203. DOI:10.1111/j.1365-2966.2010.16965.x.
  5. Fok; Jun-ichi Nakashima; Yung; Chih-Hao Hsia; Shuji Deguchi (2012). "Maser Observations of Westerlund 1 and Comprehensive Considerations on Maser Properties of Red Supergiants Associated with Massive Clusters". arΧiv: 1209.6427v1 [astro-ph.SR]. 
  6. 6,00 6,01 6,02 6,03 6,04 6,05 6,06 6,07 6,08 6,09 6,10 6,11 6,12 6,13 6,14 6,15 Table 4 in Emily M. Levesque, Philip Massey, K. A. G. Olsen, Bertrand Plez, Eric Josselin, Andre Maeder en Georges Meynet (Augustus 2005). “The Effective Temperature Scale of Galactic Red Supergiants: Cool, but Not As Cool As We Thought”. The Astrophysical Journal 628 (2): 973–985. DOI:10.1086/430901.
  7. (2012) “Fundamental properties and atmospheric structure of the red supergiant VY Canis Majoris based on VLTI/AMBER spectro-interferometry”. Astronomy & Astrophysics 540: L12. DOI:10.1051/0004-6361/201219126.
  8. (2008) “Distance to VY CMa with VERA”. Publications of the Astronomical Society of Japan 60 (5). DOI:10.1093/pasj/60.5.1007.
  9. 9,0 9,1 Nicolas Mauron; Eric Josselin (2010). "The mass-loss rates of red supergiants and the de Jager prescription". arΧiv: 1010.5369 [astro-ph.SR]. 
  10. (2014) “The yellow hypergiant HR 5171 A: Resolving a massive interacting binary in the common envelope phase”. Astronomy & Astrophysics 563: A71. DOI:10.1051/0004-6361/201322421.
  11. (2006) “The Effective Temperatures and Physical Properties of Magellanic Cloud Red Supergiants: The Effects of Metallicity”. The Astrophysical Journal 645 (2): 1102. DOI:10.1086/504417.
  12. (2013) “Distance and Proper Motion Measurement of the Red Supergiant, Pz Cas, in Very Long Baseline Interferometry H2O Maser Astrometry”. The Astrophysical Journal 774 (2): 107. DOI:10.1088/0004-637X/774/2/107.
  13. (2007) “Atmospheric dynamics and the mass loss process in red supergiant stars”. Astronomy and Astrophysics 469 (2): 671–680. DOI:10.1051/0004-6361:20066353.
  14. (2014) “IRC -10414: A bow-shock-producing red supergiant star”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 437: 843. DOI:10.1093/mnras/stt1943.
  15. (2012) “The distance and size of the red hypergiant NML Cygni from VLBA and VLA astrometry”. Astronomy & Astrophysics 544: A42. DOI:10.1051/0004-6361/201219587.
  16. (2005) “An empirical formula for the mass-loss rates of dust-enshrouded red supergiants and oxygen-rich Asymptotic Giant Branch stars”. Astronomy and Astrophysics 438: 273. DOI:10.1051/0004-6361:20042555.
  17. (2012) “3D simulations of Betelgeuse's bow shock”. Astronomy & Astrophysics 541: A1. DOI:10.1051/0004-6361/201118002.
  18. (2008) “Spatial Extension in the Ultraviolet Spectrum of Vv Cephei”. The Astronomical Journal 136 (3): 1312. DOI:10.1088/0004-6256/136/3/1312.
  19. (2015) “What causes the large extensions of red supergiant atmospheres?. Comparisons of interferometric observations with 1D hydrostatic, 3D convection, and 1D pulsating model atmospheres”. Astronomy & Astrophysics 575: A50. DOI:10.1051/0004-6361/201425212.
  20. (2014) “GCIRS 7, a pulsating M1 supergiant at the Galactic centre. Physical properties and age”. Astronomy & Astrophysics 568 (85): A85. DOI:10.1051/0004-6361/201423991.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Soorte sterre en sterregroepe
HD 820.jpg
 Sterre   SterDwergsterWitdwergSwartdwergRooidwergGeeldwergBruindwergSubdwergReusesterHelder reusSuperreusHiperreusSubreusRooireusBloureusNeutronsterPulsarBloudwaalsterCepheïedVeranderlike sterOpvlamsterRR Lyrae-sterWolf-RayetsterT Tauri-sterHerbig Ae/Be-sterPoolster
 Sterregroepe   DubbelsterX-straaldubbelsterVeelvoudige sterSterreswermSterrestroomSterrestelselMelkwegSterrestelselswermSuperswerm
 Verwante voorwerpe   NovaSupernovaSupernova-oorblyfselNewelPlanetêre newelProtoplanetêre skyfMessier-voorwerpHeelalMultiversumSterrebeeldAsterismeSterreklassifikasieSwartkolkSupermassiewe swartkolkKwasarSuperholteInterstellêre mediumMolekulêre wolk
 Lyste   Lys van sterrekundige katalogusseLys van naaste sterreLys van grootste sterreLys van gewone name van sterre