NZASM 13 Tonner 0-4-0T

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
NZASM 13 Tonner 0-4-0T
NZASM 13 Tonner 0-4-0T.jpg
13 Tonner, c. 1889
Tipe en oorsprong
Kragtipe Stoom
Ontwerper Maschinenfabrik Esslingen
Vervaardiger Maschinenfabrik Esslingen
Serienommer 2311
Klas NZASM 13 Tonner
Vervaardig 1889
Aantal gebou 1
Bouspesifikasies
Konfigurasie 0-4-0ST (Vier-gekoppeled)
UIC wielklassifikasie Bn2t
Spoorbreedte 1 067 mm (3 vt 6 dm) (Kaapspoor)
Wielbasis 1 600 mm
Hoogte 3404 mm
Lokomotiefmassa 13 210 kg
Aandrywing
Brandstof Steenkool
Brandstofkapasiteit 250 kg
Waterkapasiteit 1 400 L
Stoomketeldruk 1 100 kPa
Vuurroosteroppervlak 0,66 m2
Verhittingsoppervlak 25,2 m2
– Vuurkas 3,2 m2
– Totaal 28,3 m2
Silinders Twee
Silindergrootte 279 mm boor
400 mm slag
Klepwerk Allan
Klepsoort Murdoch D-Slide
Koppelsisteem Johnston skakel-en-pen
Werkverrigting
Trekkrag 33,9 kN @ 75%
Diensgeskiedenis
Gebruiker NZASM
Aantal in klas 1
Afleweringsdatum 1889
Eerste tog 1889

Die NZASM 13 Tonner 0-4-0ST van 1889 was 'n 13 ton Suid-Afrikaanse saaltenklokomotief van die negentiende eeu en die eerste lokomotief van die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR).

Alle NZASM lokomotiewe is deur hul gewig bekend dus is hierdie lokomotief as die 13 Tonners bekend.[1][2]

Nadat goud in 1886 in die Witwatersrand ontdek is, ontwikkel verskeie bedrywe. Steenkool is in Boksburg gemyn, maar dit lê 26 km vanaf Johannesburg. Op 20 Julie 1888 kry die Nederlandsche-Zuid-Afrikaansche Spoorweg­maatschappij toegewing om 'n spoorlyn tussen die twee stede te bou. Die spoorlyn is op 17 Maart 1890 amptelik geopen. Nadat die toegewing hersien is, is die spoorlyn uitgebrei en vanaf Boksburg tot by Springs in die ooste en van Johannesburg tot by Krugersdorp in die weste verleng.

Anders as ander spoorwegkonstruksieprojekte, moet alle toerusting deur ossewaens oor die land vervoer word. 'n Monteerfabriek is in Elandslaagte (deesdae se Germiston) gebou waar die eerste NZASM lokomotiewe is saamgestel is. Ses lokomotiewe is deur die vervaardigers Maschienenfabriek Esslingen aangelewer. Vyf van hulle is 14 tonners en die sesde is hierdie 13 tonner. Die 13 tonner, wat die laagste fabrieknommer gekry het, is amper dieselfde as die 14 tonners, maar het 'n kleiner steenkoolkas en 'n kleiner watertenk.[1][2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) Holland, D.F. (1971). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 1: 1859–1910 (1st uitg.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 109–110. ISBN 978-0-7153-5382-0.
  2. 2,0 2,1 (en) Espitalier, T.J.; Day, W.A.J. (Oktober 1944). “The Locomotive in South Africa - A Brief History of Railway Development. Chapter IV - The N.Z.A.S.M. (Continued)”. South African Railways and Harbours Magazine: 761 - 764.