Paleontologie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Paleontologie is die 'biologie' van die geologie. Dit handel oor die versteende oorblyfsels van lewensvorme of fossiele - hul ouderdom, oorsprong en klassifikasie en 'n paleontoloog is 'n wetenskaplike wat fossiele ondersoek.

Afdelinge[wysig | wysig bron]

Bekende vorsing is om dinosourusse of homoniede op te soek. In die laaste geval word geprobeer uit te vind wie ons voorouers is. Maar daar is talle van afdelinge wat minder onder die publiek bekens is, soos die ondersoek na mariene oorblyfsels of na insekte. Tog is die mariene paleontologie van groot belang byvoorbeeld vir die olieontginning. Paleontoloë soek daarom omtrent orals om fossiele te vind.

Homimiede in Suid-Afrika[wysig | wysig bron]

Hier is 'n paar van die bekendste gebiede in Suid-Afrika waar paleontoloë homoniede gevind het:

By Sterkfontein is die Australopithecus africanus, Homo erectus en Kleinvoet gevind. By Swartkrans is die Paranthropus robustus en ook die Homo erectus gevind en by Kromdraai en die Coopers-grotte die Paranthropus robustus.

Fossiele[wysig | wysig bron]

Bene en ander dele van diere wat vir miljoene jare onder die grond begrawe was, kan hard word (verhard) om 'n tipe klip te vorm. Hierdie versteende vorm word 'n fossiel genoem. Plante kan ook in fossiele verander. Die proses waardeur die oorblyfsels na fossiele verander staan bekend as fossilering.

Kyk ook[wysig | wysig bron]