Penélope Cruz

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Penélope Cruz
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Cruz in 2012 by die Toronto-rolprentfees.

Geboortenaam Penélope Cruz Sánchez
Geboorte 28 April 1974 (1974-04-28) (45 jaar oud)
Aktiewe jare 1989-tans

Penélope Cruz Sánchez (gebore op 28 April 1974)[1] is ’n Spaanse aktrise en model. Sy was die eerste Spaanse aktrise wat ’n Oscar of ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry het.[2][3]

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Sy het in 1991 op 15 jaar ’n agent gekry en op 16 haar akteursdebuut op televisie gemaak. Die volgende jaar het sy haar rolprentdebuut gemaak in Jamón, jamón, wat groot lof gekry het. Nog rolle in die 1990's en 2000's was in onder meer Open Your Eyes (1997), The Girl of Your Dreams (2000) en Woman on Top (2000). Sy het veral lof gekry vir haar hoofrolle in die 2001-prente Vanilla Sky, All the Pretty Horses, Captain Corelli's Mandolin en Blow.

Sy het sedertdien in prente van verskeie genres opgetree, onder meer die komedie Waking Up in Reno (2002), die riller Gothika (2003), die Kersprent Noel (2004) en die aksie-avontuur Sahara (2005). Sy word hoog aangeskryf vir haar rolle in Volver (2006) en Nine (2009); sy het vir elkeen ’n Golden Globe- en Oscar-benoeming gekry. Sy het in 2008 die Oscar vir beste vroulike byspeler gewen vir die rol van María Elena in Vicky Cristina Barcelona.

Cruz het vir Mango, Ralph Lauren en L'Oréal modelwerk gedoen. Sy en haar jonger suster Mónica Cruz het ook klere vir Mango ontwerp.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Penélope Cruz Biography". Biography.com. Besoek op 15 Julie 2014.
  2. "Penelope Cruz receives Hollywood Walk of Fame star". BBC. 3 April 2011. Besoek op 3 April 2011.
  3. Zeidler, Sue (22 Februarie 2009). "Penelope Cruz wins first Oscar for Spanish actress". Reuters. Besoek op 3 April 2011.