Gaan na inhoud

Emma Thompson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Emma Thompson
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Thompson in 2014.

Geboorte 15 April 1959 (1959-04-15) (65 jaar oud)
Paddington, Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk
Nasionaliteit Brits
Beroep(e) Aktrise
Aktiewe jare 1982-tans

Dame Emma Thompson DBE (gebore op 15 April 1959) is ’n Britse aktrise, komediant en skrywer. Sy is bekend vir haar rolle in periodedramas en letterkunde-aanpassings asook karakters met ’n sin vir ironie. Sy word as een van die hoogs aangeskrewe Britse aktrises beskou.

Loopbaan

[wysig | wysig bron]
In 2013 by die première van The Love Punch tydens die Toronto-rolprentfees.

Nadat sy op universiteit by ’n toneelgeselskap aangesluit het, het sy in verskeie komedieprogramme verskyn. Sy het in 1987 die eerste keer algemeen aandag getrek in twee televisiereekse, Tutti Frutti en Fortunes of War. Sy het vir haar spel in albei die Bafta vir beste aktrise gewen.[1] Haar eerste rolprentrol was in 1989 in die romantiese komedie The Tall Guy, en in die vroeë 1990's het sy dikwels saam met haar destydse man, die akteur en regisseur Kenneth Branagh, saamgewerk. Die paartjie het gewild geraak in die Britse media en het in verskeie prente saamgespeel, soos Dead Again (1991) en Much Ado About Nothing (1993).

In 1992 het Thompson verskeie pryse gewen, onder meer ’n Oscar en Bafta vir die periodedrama Howards End. Die volgende jaar het sy twee Oscar-benoemings gekry, vir haar rolle in The Remains of the Day en In the Name of the Father. Sy het die 1995-prent Sense and Sensibility se draaiboek geskryf en daarin gespeel, en het daarvoor ’n Oscar vir beste aangepaste draaiboek en ’n Bafta vir beste aktrise gewen. Dit word algemeen beskou as die gewildste en egste van talle aanpassings van Jane Austen se romans wat in die 1990's gemaak is.[2][3][4]

Ander noemenswaardige prente en TV-programme sluit in Peter's Friends (1992), die Harry Potter-reeks, Wit (2001), Love Actually (2003), die minireeks Angels in America (2003), Nanny McPhee (2005), Stranger than Fiction (2006), Last Chance Harvey (2008), Men in Black 3 (2012), Brave (2012) en The Love Punch (2013). In 2013 het sy ook groot lof en verskeie benoemings gekry vir haar vertolking van P.L. Travers in Saving Mr. Banks.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Television Actress in 1988" (in Engels). British Academy of Film and Television. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 12 Oktober 2013.
  2. Galperin, William H. (2003). The Historical Austen. University of Pennsylvania Press. p. 109. ISBN 0-8122-3687-4.
  3. Flavin, Louise (1 Januarie 2004). Jane Austen in the Classroom: Viewing the Novel/reading the Film. Peter Lang. p. 42. ISBN 978-0-8204-6811-2.
  4. Jones, Wendy S. (2005). Consensual Fictions: Women, Liberalism, and the English Novel. University of Toronto Press. p. 101. ISBN 978-0-8020-8717-1.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]