R62 (Suid-Afrika)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
R62-padteken
Die R62 word in rooi aangedui

Die R62 is 'n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Ashton met Humansdorp verbind. Die R62 loop deur die Klein Karoo en die Langkloof, en ook deur Montagu, Ladismith, Calitzdorp, Oudtshoorn, en Joubertina.

Die R62 is medebeskryf vir 33 kilometer met die N12 vanaf Oudtshoorn na die kruising met die N9 op die bopunt van die Outeniquapas, en dan vir 71 kilometer met die N9 na Potjiesbergpas naby Uniondale.