Richmond, Noord-Kaap
Richmond | |
---|---|
Loopstraat, Richmond | |
Koördinate: 31°24′48″S 23°56′48″O / 31.41333°S 23.94667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Ubuntu |
Stigting | 1843 |
Oppervlak | |
• Totaal | 83,1 km2 (32,1 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 122 |
• Digtheid | 62/km2 (160/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 62.9% |
• Swart mense | 32.6% |
• Ander | 0.9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 72.2% |
• Xhosa | 21.8% |
• Engels | 2.3% |
• Ander | 3.6% |
Richmond is 'n klein dorp in die suidooste van die Noord-Kaap, Suid-Afrika en is langs die N1 nasionale pad geleë. Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 5 122 gehad, waarvan 255 (2.9%) blank was.[1]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorpie het op 11 Oktober 1843 as 'n NG Kerkgemeente ontstaan. Die plaas Driefontein is later gekoop en in woonerwe onderverdeel. Die eerste paar erwe is op 19 April 1845 verkoop. Die dorp is vernoem na die graaf van Richmond, vader van lady Sarah Maitland, vrou van sir Peregrine Maitland, wat die goewerneur van die Kaapkolonie was op daardie tydstip. Die dorp is twee keer deur die Boere aangeval tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 7 500 km2 groot. Richmond is bekend om sy merinoboerdery en perdetelery. Richmond beskik oor een van slegs twee perdemuseums in die wêreld. Die drie fonteine waarvan die oorspronklike plaas sy naam gekry het, borrel nog steeds rustig. Die water beland in die Wilgersloot, 'n sytak van die Ongersrivier.[2]
Bekende boorlinge
[wysig | wysig bron]- Ds. Daniël Jozua Pienaar, leraar en leier in die NG Kerk en onderwysman na die wie die Hoër Tegniese Skool op Uitenhage genoem is.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Som van die hoofplekke Richmond en Sabelo Sensus 2011.
- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995 ISBN 1-86842-026-4
Merriman | Deelfontein | Hanover | ||
Victoria-Wes | Middelburg | |||
Richmond | ||||
Nelspoort | Murraysburg | Nieu-Bethesda |