Victoria-Wes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Victoria-Wes
Victoria West
NG kerk Victoria-Wes
NG kerk Victoria-Wes
Wapen van Victoria-Wes
Wapen
Ligging van Victoria-Wes op 'n kaart (Noord-Kaap)
Victoria-Wes
Victoria-Wes
 Victoria-Wes se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 31°24′11″S 23°07′14″O / 31.40306°S 23.12056°O / -31.40306; 23.12056Koördinate: 31°24′11″S 23°07′14″O / 31.40306°S 23.12056°O / -31.40306; 23.12056
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distrik Pixley ka Seme
Munisipaliteit Ubuntu
Stigting 1844[1]
Oppervlak[2]
 - Dorp 78,95 km²  (30,5 vk m)
Bevolking (2011)[2]
 - Dorp 8 254
 - Digtheid 105/km² (271,9/myl2)
Rasverdeling (2011)[2]
 • Blank 5.6%
 • Indiër/Asiër 0.4%
 • Kleurling 69.3%
 • Swart 23.7%
 • Ander 0.9%
Taal (2011)[2]
 • Afrikaans 82.1%
 • Xhosa 13.8%
 • Engels 1.1%
 • Ander 3.0%
Poskode (strate) 7070
Poskode (posbusse) 7070
Skakelkode(s) 053

Victoria-Wes is 'n Karoodorp 13 km noordwes van Hutchinson en 88 km wes van Richmond in die provinsie Noord-Kaap. Die dorp is aan die nasionale pad (N12) tussen Beaufort-Wes en Kimberley geleë en die sentrum van 'n vername wolboerderydistrik. Die dorp floreer ondanks 'n verwoestende vloed en uiterste droogte vroeër jare.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Toe diamante in 1867 by Hopetown ontdek is, is 'n hoofpad teen 'n reghoek bo-oor die hoofstraat van Victoria-Wes gemaak. Hotelle, winkels en selfs 'n koerant is opgerig. Die spoorweg het 12 km van die dorp af verbygeloop en Victoria-Wes moes tevrede wees met 'n spoorweghalte met die koddige naam Victoria-Wes-Weg en 'n swak grondpad dorp toe.

NG gemeente[wysig | wysig bron]

Die dorp het sy ontstaan te danke aan die voorstelling in April 1844 van die eerste kerkraadslede, wat dadelik oorgegaan het om grond aan te koop vir die aanlê van 'n dorp. Vir 23 000 riksdaalders (£1725) is die plaas Kapoksfontein en 'n deel van die plaas Zeekoegat aangekoop en op 28 Augustus 1844 besluit die kerkraad dat die "parochie . . . naar onze geliefde koningin 'Victoria' zoude genoem worde". Die getal belydende lidmate was in 1979 726, in 1990 566 en in 2007 465.

Besienswaardighede[wysig | wysig bron]

St John-kerk, Victoria-Wes (1869)

Die Apollo-teater is die enigste oorblywende voorbeeld van 'n Art Deco-teater uit die dekade na 1950. Gereelde rolprentfeeste word hier aangebied. Die Handelspos en Mannetjies Roux-museum bied aandenkings van die legendariese Springbok-rugbyspeler te koop aan. Die Anglikaanse kerk, gebou in 1869, het twee pragtige gebrandskilderde ruite.

Daar is 'n wildreservaat buite die dorp met springbokke, elande, swartwildebeeste, blesbokke, gemsbokke en ander wild. Op 'n nabygeleë plaas is daar 'n aansienlike versameling ou motorkarre, onder meer stoomaangedrewe modelle en een van Adolf Hitler se koeëlvaste voertuie.

Bevolking[wysig | wysig bron]

Volgens die World Gazetteer het Victoria-Wes se bevolking van 8 409 in 1996 tot 8 164 in 2007 afgeneem, maar weer tot 11 202 in 2008 toegeneem.[3]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]