San Marino (stad)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Stad van San Marino
Città di San Marino

Collage San Marino.jpg
Kaart Wapen
San Marino-San Marino.png
Città di San Marino.JPG
Vlag
Flag of City of San Marino.png
 Land Vlag van San Marino San Marino
 Administratiewe gewes Città di San Marino
 Stigting 3 September 301
 Oppervlakte:  
 - Totaal 7.09 vk km
 Hoogte bo seevlak 749 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2003) 4,493
 - Bevolkingsdigtheid 633.71/vk km
 Tydsone CET (UTC+1)
 - Somertyd CEST (UTC)
 Burgemeester (party) Alessandro Barulli
 Amptelike webwerf Geen

San Marino stad is die hoofstad van San Marino, maar nie die grootste stad in die land nie. Meeste besigheid word in Borgo Maggiore gedoen. Dit begrens die San Marino munisipaliteite van Acquaviva, Borgo Maggiore, Fiorentino, en Chiesanuova asook die Italiaanse munisipaliteit van San Leo. Hoewel dit slegs omtren 4500 inwoners het ontvang dit meer as 3 miljoen toeriste per jaar. Die historiese stadskern van San Marino en die Monte Titano is in 2008 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Geskiedenis[wysig]

Die stad was gestig deur Sint Marinus en verskeie ander Christen vlugtelinge in die jaar 301 na Christus. Van daar af het die stad 'n heiwen geword vir Christen vlugtelinge uit die Romeinse Ryk. Die gevolg was dat die stad die oudste republiek in Europa geword het aangesien die land aanvanklik slegs uit die enkele stad bestaan het.

Die stad het verskeie geskiedkundige fortifikasies wat dit stad 'n reputasie as 'n onpenetreerbare dorp in die middel eeue gegee het. As gevogl hiervan was daar geen groot aanvalle op die stad gewees nie. Die verskeie torings en mure wat opgerig was om die stad te beskerm is steeds te siene.

Vervoer[wysig]

San Marino is bekend vir sy klein en kronkelende steen strate. Sy ligging in die bergagtige terein van die land sit dit buite bereik van die land se snelweg. Die meerderheid van die stad se oustad is meestal gesluit vir motors wat dit 'n idiale dorp vir voetgangers maak. Daar is 'n bus roete wat daagligks loop tussen Borgo Maggiore en San Marino.

Ekonomie[wysig]

Die stad is hoogs afhanklik van toeriste, die verkoop van posseëls en landbou, hoewel die laasgenoemde aan die kwein is. 85% van toeriste is afkomstig van Italië. Die stad se lae belasting maak dat dit 'n populêre inkopie bestemming met meer as 'n duisend winkels. Die stad se argitektuur van veral die stadsaal (Palazzo Pubblico) en die ikoniese drie torings (wat op verskeie nasionale simbole verskein) asook die uitsigte oor die hele land maak die stad 'n moet sien destinasie vir toeriste in die noorde van Italië.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 43°56′05″N 12°26′50″O