Sarajevo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Sarajevo
Сарајево
Sarajevoatnight.jpg

Kaart Wapen
Bk-map.png
Coat of arms of Sarajevo.svg
Vlag
Flag of Sarajevo.svg
 Land Vlag van Bosnië-Herzegowina Bosnië-Herzegowina
 Stigting 1461
 Oppervlakte:  
 - Totaal 141,5 vk km
 Hoogte bo seevlak 500 m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 Junie 2010) 436 000[1]
 - Metropolitaanse gebied 641 000
 - Bevolkingsdigtheid 2 157,2 /vk km
 Tydsone CET (UTC+1)
 - Somertyd CEST (UTC+2)
 Burgemeester Alija Behmen
 Amptelike Webwerf www.sarajevo.ba

Sarajevo (Cyrillies: Сарајево) is die hoofstad en met 'n bevolking van 436 000 ook die grootste stad van Bosnië-Herzegowina. Die stad is langs die Miljacka-rivier in die Sarajevo-vallei geleë en word deur die Dinariese Alpe omring.

Sarajevo het vroeër veral vir sy godsdienstige diversiteit bekend gestaan. Hier het aanhangers van Islam, die Ortodokse Christendom, Katolisisme en Judaïsme eeue lank vreedsaam saamgeleef.

Alhoewel die eerste menslike nedersettings in die gebied in die prehistoriese tydperk terugstrek, het die moderne Sarajevo uit 'n 15de eeuse Ottomaanse vesting ontstaan. Die stad het verskeie kere in sy geskiedenis internasionale aandag getrek. Die moord op aartshertog Franz Ferdinand van Oostenryk en sy vrou Sophie in 1914 was die vonk wat die Eerste Wêreldoorlog laat ontvlam het. Sewentig jaar later het Sarajewo as die gasheerstad van die Olimpiese Winterspele opgetree. Die beleg van Sarajevo tydens die Bosniese onafhanklikheidsoorlog tussen 1992 en 1996 vorm een van die donkerste periodes uit die geskiedenis van die stad.

Die heropbou duur steeds voort, maar Sarajevo is lankal die beduidendste kulturele en ekonomiese sentrum in Bosnië en Herzegowina.

Verwysings[wysig]