Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/26 Desember
Voorkoms
26 Desember: Welwillendheidsdag in Statebondlande; Sint Stefanusdag; Wren's Day in Ierland; Begin van Kwanzaa (Afro-Amerikaners en Afrika-diaspora).
- 1790 – Lodewyk XVI van Frankryk gee sy toestemming aan die Siviele Grondwet van die Geloofstand gedurende die Franse Rewolusie.
- 1898 – Pierre en Marie Curie kondig die ontdekking van 'n nuwe element aan, wat later radium genoem word.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Noord-Kaap (Noorweë) vind plaas en die Scharnhorst word gekelder.
- 1986 – Die eerste lang-lopende Amerikaanse televisiesepie, Search for Tomorrow, se laaste episode vertoon ná 35 jaar op die lug.
- 2004 – 'n Massiewe aardbewing van 9,0 op die Richterskaal veroorsaak 'n tsoenami wat verwoesting saai in Sri Lanka, Indië, Indonesië, Thailand, Maleisië, die Maledive en baie ander gebiede op die Indiese Oseaan kus. Die dodetal word op meer as 300 000 geskat.