26 Desember
Voorkoms
<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
26 Desember is die 360ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (361ste in skrikkeljare). Daar volg nog 5 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 212 – Caracalla vermoor sy broer Gera en word keiser van Rome.
- 795 – Pous Leo III volg Pous Adrianus I op.
- 1527 – Giovanni Angelo Medici (later Pous Pius IV) vestig hom in Rome.
- 1790 – Lodewyk XVI van Frankryk gee sy toestemming aan die Siviele Grondwet van die Geloofstand gedurende die Franse Rewolusie.
- 1898 – Pierre en Marie Curie kondig die ontdekking van 'n nuwe element aan, wat later radium genoem word.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Noord-Kaap (Noorweë) vind plaas en die Scharnhorst word gekelder.
- 1966 – Die eerste Kwanzaa word gevier deur Maulana Karenga, 'n professor by die California State University, Long Beach.
- 1986 – Die eerste lang-lopende Amerikaanse TV-sepie, Search for Tomorrow, se laaste episode vertoon ná 35 jaar op die lug.
- 2004 – 'n Aardbewing van 9.0 langs die weskus van Indonesië ontketen 'n verwoestende tsoenami met meer as 310 000 sterftes in Indonesië, Thailand, Maleisië, Bangladesj, Indië, Sri Lanka, die Maledive en Somalië.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1194 – Keiser Frederik II, Duitse koning en keiser van die Heilige Romeinse Ryk († 1250).
- 1537 – Albrecht van Nassau-Weilburg, graaf van Nassau-Weilburg († 1593).
- 1682 – Calico Jack, Engelse seerower wat in die vroeë 18de eeu in die Bahamas en Kuba werksaam was († 1720)
- 1770 – Pierre Cambronne, Franse generaal onder Napoleon Bonaparte († 1842).
- 1771 – Julie Clary, Franse vrou van Jozef Bonaparte († 1845).
- 1777 – Lodewijk II van Hessen-Darmstadt, Duitse groothertog († 1848).
- 1791 – Charles Babbage, Engelse wiskundige, filosoof, uitvinder en meganiese ingenieur († 1871).
- 1803 – Friedrich Reinhold Kreutzwald, Duits-Baltiese digter († 1882).
- 1826 – Martinus Nijhoff, Nederlandse uitgewer († 1894).
- 1890 - Jozef Cantré, Belgiese beeldhouer († 1957).
- 1893 – Mao Zedong, Kommunistiese Chinese politikus en partyleier († 1976).
- 1897 – Willy Corsari, Nederlandse skryfster van jeuglektuur, romans, speurverhale, kortverhale en toneelstukke († 1998)
- 1903 – Elisha Cook Jr., Amerikaanse akteur († 1995).
- 1934 – Matt Zimmerman, Kanadese akteur († 2022).
- 1939 – Phil Spector, Amerikaanse musiekprodusent († 2021).
- 1940 – Marzanne Leroux-Van der Boon, Afrikaanse skrywer († 2022).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 268 – Pous Dionisius, die 25ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 418 – Pous Zosimus, die 41ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1760 – Hendrik Swellengrebel, die eerste VOC-goewerneur van die Kaapkolonie wat plaaslik gebore is (* 1700).
- 1933 – Mary Ann Bevan, Britse byvertoning akteur en verpleegster (* 1874).
- 1972 – Harry S. Truman, Amerikaanse politikus, staatsman en 33ste President van die Verenigde State (* 1884).
- 2006 – Gerald Ford, 38ste President van die Verenigde State (* 1913).
- 2018 – Don McKay, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 2021 – Desmond Tutu, Suid-Afrikaanse kerkleier en anti-apartheidaktivis (* 1931).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Welwillendheidsdag
- Sint Stefanusdag
- Wren's Day in Ierland.
- Tweede Kerstdag in Nederland.
- Feesdag van Pous Zosimus in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 December. |