5 Julie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
<< Julie 2013 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30 31
Al die dae

5 Julie is die 186ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (187ste in skrikkeljare). Daar volg nog 179 dae in die res van die jaar.

Gebeure[wysig]

  • 633Pous Vitalianus ontmoet keiser Konstans II by die sesde mylpaal op pad na Rome.
  • 1548 – Giacomo Boncompagni, buite-egtelike seun van Pous Gregorius XIII word gelegitimeer deur die biskop van Feltre.
  • 1574Pous Gregorius XIII stel sy nefie Filippo Guastavillani aan as kardinaal.
  • 1830Pous Pius VIII stel Louis-François-Auguste de Rohan Chabot, aartsbiskop van Besançon aan as kardinaal.
  • 1859 – Kaptein N. C. Brooks ontdek die Midway-eilande en neem dit in besit namens die VSA.
  • 1865 – Die Amerikaanse Geheime Diens begin in die Tesourie om geldvervalsing te bestry.
  • 1950 – Die wet van Terugkeer word in Israel aanvaar.
  • 1971 – Die 26ste wysiging van die Amerikaanse grondwet gee stemreg aan alle burgers 18 jaar en ouer.
  • 1975Kaap Verde word van Portugal onafhanklik.
  • 1975 – Arthur Ashe verslaan Jimmy Conners in die 89ste Wimbledon tenniskampioenskap.

Geboortes[wysig]

Sterftes[wysig]

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
5 Julie (kategorie)