Carlton House

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die vooraansig van Carlton House.
Die hooftrap, uit Pyne's Royal Residences (1819).

Carlton House was ’n woning in Londen en veral bekend as die tuiste van die prinsregent George, Prins van Wallis, vir verskeie dekades van 1783 af. Dit het ’n uitsig op die suidekant van Pall Mall gehad en sy tuine het aan Sint James-park gegrens. Twee blokke luukse huise, Carlton House Terrace, is nou op die terrein geleë.

George het die bestaande huis tussen 1783 en 1796 laat herbou. Toe hy in 1820 koning George IV word, het hy dit as sy tuiste beskou omdat Sint James-paleis en Buckingham House nie aan sy behoeftes voldoen het nie. Hy het dit oorweeg om die huis verder te laat vergroot, maar eindelik is Buckingham House eerder herbou as Buckingham-paleis. Carlton House is in 1825 gesloop. Die meeste van die meubels en skilderye is na Buckingham-paleis geneem.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
 Bewoon  Bagshot ParkBalmoral-kasteelBirkhallBuckingham-paleisClarence HouseGatcombe ParkHighgrove HouseHillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleisLlwynywermodRoyal LodgeSandringham HouseThatched House LodgeWindsor-kasteel
 Histories  Paleis van BeaulieuBeaumont-paleisBrantridge ParkBridewell-paleisCarlton HouseCoombe AbbeyCoppinsCumberland LodgeDunfermline-paleisEdinburg-kasteelEltham-paleisFalkland-paleisFort BelvedereHampton Court-paleisKew-paleisLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van MeyOsborne HousePaleis van PlacentiaQueen's HouseRoyal PavilionSavoy-paleisStirling-kasteelLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van Whitehall