Sint James-paleis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hoofingang van Sint James-paleis in Londen.

Sint James-paleis is een van Londen se oudste paleise. Dit is aan Pall Mall in Londen geleë, net noord van Sint James-park.

Geskiedenis[wysig]

Koning Henry VIII het die paleis laat bou op die plek waar ’n hospitaal vir melaatses eers gestaan het. Hy het dit opgedra aan die apostel Jakobus. Die hospitaal het tot in 1532 bestaan.[1]

Die nuwe paleis, wat tweede plek ingeneem het ná Henry se Whitehall-paleis, is gebou in die rooisteen-Tudor-styl om vier binnehowe. Dit het in 1698 die hoofwoning van die monarg in Londen geword tydens die bewind van William III en Mary II toe Whitehall-paleis deur ’n brand verwoes is en dit is steeds die administratiewe kern van die monargie. Mary I is daar oorlede en haar hart en ingewande is in die paleis se kapel begrawe. Charles I het daar geslaap die nag voor hy tereggestel is. Oliver Cromwell het dit toe oorgeneem en in ’n kaserne omskep tydens die Engelse Statebond-periode. Charles II (Charles I se seun) het dit laat restoureer.

Die eerste drie Georges het die paleis as hul hoofwoning in Londen gebruik, hoewel dit nie juis deftig was vir die stadspaleis van ’n Europese monarg nie. In 1809 het ’n brand ’n deel van die paleis verwoes, onder andere die monarg se private woongedeelte in die suidoostelike hoek. George III het Buckingham House, nou Buckingham-paleis, in 1762 vir sy vrou gekoop en Sint James het al hoe onbelangriker geword in die eerste helfte van die 19de eeu. Dit is al hoe meer net vir amptelike funksies gebruik soos amptelike onthale, koninklike troues en doopplegtighede. Koningin Victoria het in 1837 finaal na Buckingham-paleis getrek en dit was die einde van Sint James as die monarg se amptelike woning.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. Pevsner, Nikolaus. The Buildings of England: London 6: Westminster (2003), pp 594-601

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Sint James-paleis (kategorie)
Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
 Bewoon  Bagshot ParkBalmoral-kasteelBirkhallBuckingham-paleisClarence HouseGatcombe ParkHighgrove HouseHillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleisLlwynywermodRoyal LodgeSandringham HouseThatched House LodgeWindsor-kasteel
 Histories  Paleis van BeaulieuBeaumont-paleisBrantridge ParkBridewell-paleisCarlton HouseCoombe AbbeyCoppinsCumberland LodgeDunfermline-paleisEdinburg-kasteelEltham-paleisFalkland-paleisFort BelvedereHampton Court-paleisKew-paleisKings LangleyLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van MeyNonsuch-paleisOatlands-paleisOsborne HousePaleis van PlacentiaQueen's HouseRibsden HoltRichmond-paleisRoyal PavilionSavoy-paleisStirling-kasteelSunninghill ParkLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van WhitehallWhite LodgeWoodstock-paleis