Llwynywermod

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Llwynywermod (Wallies: Llwynywermwd), ook Llwynywormwood, is ’n landgoed in Wallis wat aan prins Charles behoort.

Dit is geleë naby die dorp Myddfai, Llandovery, Carmarthenshire; prins Charles het dit in Maart 2007 gekoop. Die drieslaapkamer-plaashuis, wat deur Craig Hamilton Architects[1] in ’n woning vir prins Charles omskep is, [2] was eers die waenhuis van die nou verwoeste 13-slaapkamer-landhuis van die Griffies-Williams-familie daar naby.

Charles en Camilla, die Hertogin van Cornwallis, het in Junie 2008 in die huis begin bly wanneer hulle Wallis besoek. Huise in die binnehof word as vakansieverblyf gebruik as die prins nie daar woon nie.[3]

Die historikus Mark Baker het ’n boek geskryf oor die geskiedenis en restourasie van die landgoed met die naam A Royal Home in Wales: Llwynywermod.[4] Dit is in Februarie 2008 in ’n spesiale leeromslag aan die Prins van Wallis geskenk.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. Craig Hamilton Architects: Llwynywermod
  2. "The Prince of Wales visits Llwynywermod near Myddfai"
  3. Premier Cottages
  4. Baker, Mark (2008). A Royal Home in Wales: Llwynywermod. Accent Press. ISBN 9781906373603.

Verdere leesstof[wysig]

  • Baker, Mark (2008). A Royal Home in Wales: Llwynywermod. Accent Press. ISBN 9781906373603.

Eksterne skakels[wysig]

Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
 Bewoon  Bagshot ParkBalmoral-kasteelBirkhallBuckingham-paleisClarence HouseGatcombe ParkHighgrove HouseHillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleisLlwynywermodRoyal LodgeSandringham HouseThatched House LodgeWindsor-kasteel
 Histories  Paleis van BeaulieuBeaumont-paleisBrantridge ParkBridewell-paleisCarlton HouseCoombe AbbeyCoppinsCumberland LodgeDunfermline-paleisEdinburg-kasteelEltham-paleisFalkland-paleisFort BelvedereHampton Court-paleisKew-paleisKings LangleyLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van MeyNonsuch-paleisOatlands-paleisOsborne HousePaleis van PlacentiaQueen's HouseRibsden HoltRichmond-paleisRoyal PavilionSavoy-paleisStirling-kasteelSunninghill ParkLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van WhitehallWhite LodgeWoodstock-paleis