Kasteel van Mey

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Kasteel van Mey.

Die Kasteel van Mey (voorheen Barrogill-kasteel) is in Caithness aan die noordkus van Skotland geleë, sowat 10 km wes van die dorpie John o' Groats. As dit mooiweer is, is daar ’n pragtige uitsig op die Orkney-eilande.

Geskiedenis[wysig]

Die grond van Mey behoort aan die biskoppe van Caithness. Die kasteel is tussen 1566 en 1572 deur George Sinclair, die 4de Graaf van Caithness, laat bou, moontlik op die plek van ’n vroeëre fort.[1] Dit is geërf deur die graaf se jongste seun, William, stigter van die Sinclairs van Mey, hoewel dit later die woning van die grawe geword het.[2]

Die kasteel se naam is na Barrogill verander en dit is verskeie kere in die 17de en 18de eeu vergroot, en weer in 1821. In 1928 is dit deur ’n kaptein gekoop wat die kasteel tydens die Tweede Wêreldoorlog as ’n rusplek vir soldate gebruik het. In 1950 is die grond verkoop.[3]

Koninklike woning[wysig]

Die kasteel was in ’n verwaarloosde toestand toe Elizabeth, die koninginmoeder en weduwee van George VI, in 1952 die kasteel en grond koop. Die koninginmoeder het die kasteel laat restoureer om as ’n vakansiehuis te gebruik en dit weer sy ou naam gegee.[2] Sy het dit gereeld in Augustus en Oktober besoek, van 1955 tot met haar dood in Maart 2002.

In Julie 1996 het sy die eiendom oorgedra aan ’n trust, wat die kasteel ná haar dood gereeld vir die publiek oopstel.[4] Dit is einde Julie, begin Augustus tien dae lank gesluit wanneer prins Charles en sy vrou, Camilla, daar bly.

Verwysings[wysig]

  1. Castle of Mey, NMRS Number: ND27SE 1.00”. Canmore. RCAHMS. URL besoek op 2008-11-25.
  2. 2,0 2,1 Castle of Mey, Listed Building Report”. Historic Scotland. URL besoek op 2008-11-25.
  3. Castle of Mey (Barrogill Castle)”. An Inventory of Gardens and Designed Landscapes in Scotland. Historic Scotland. URL besoek op 2008-11-25.
  4. Castle of Mey”. Gazetteer for Scotland. URL besoek op 2008-11-25.

Eksterne skakels[wysig]


Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
 Bewoon  Bagshot ParkBalmoral-kasteelBirkhallBuckingham-paleisClarence HouseGatcombe ParkHighgrove HouseHillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleisLlwynywermodRoyal LodgeSandringham HouseThatched House LodgeWindsor-kasteel
 Histories  Paleis van BeaulieuBeaumont-paleisBrantridge ParkBridewell-paleisCarlton HouseCoombe AbbeyCoppinsCumberland LodgeDunfermline-paleisEdinburg-kasteelEltham-paleisFalkland-paleisFort BelvedereHampton Court-paleisKew-paleisKings LangleyLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van MeyNonsuch-paleisOatlands-paleisOsborne HousePaleis van PlacentiaQueen's HouseRibsden HoltRichmond-paleisRoyal PavilionSavoy-paleisStirling-kasteelSunninghill ParkLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van WhitehallWhite LodgeWoodstock-paleis